Help kinders onder die ouderdom van 5 jaar die Bybel verken

Gratis drukbare Bybel lesse om by die huis of by die kerk te gebruik.

Elke les sluit die volgende in: les uiteensetting, Bybel storie, speletjies, aktiwiteite,

werkkaarte, inkleur bladsye, kunswerk en nog meer.

Huidige les

Ons nuutste Bybel lesse

Die Klein Kindertjies

Die Klein Kindertjies

Toe die dissipels gedink het klein kindertjies was nie belangrik genoeg vir Jesus nie, het Jesus geantwoord, “Laat die klein kindertjies na My toe kom.” Ons teksvers kan gelees word in Matteus 19:13-15, Markus 10:13-16, en Lukas 18:15-17.

Lasarus – Gratis drukbare Bybel lesse

Lasarus – Gratis drukbare Bybel lesse

Toe Jesus op aarde was, het Hy drie vriende gehad wat broer en susters was. Hulle name was Lazarus en sy twee susters Maria en Martha. Jesus was lief vir hierdie vriende. In Johannes 11, leer ons van ‘n groot wonderwerk wat Jesus gedoen het vir hulle.

Maria en Marta

Maria en Marta

Jesus het baie mense ontmoet tydens Sy bediening op aarde. Twee vroue wat Hy ontmoet het was susters gewees, hulle name was Maria en Marta. Toe Jesus hulle besoek het, het hulle twee verskillende reaksies gehad. Ons lees oor hulle in Lukas 10:38-42.

Ons les doelwitte

Bybel gebaseerd

Opvoedkundig

Kreatief

Druk vriendelik

‘n Paar woorde oor Trueway kids

Ons help besige ouers, Ouma’s, Oupa’s en onderwysers om die Bybel saam met hulle voorskoolse kinders te verken en saam God se woord te geniet.

As ouers van ‘n jong voorskoolse seun, verstaan ons hoe moeilik dit is om ons kinders oor die dinge van God te leer.

  • Ons is dikwels of te besig, moeg en voel nie altyd toegerus nie.
  • Omdat hulle so klein is sukkel ons soms om hulle konsentrasie vir meer as ‘n paar minute te hou.

Van vroeg 2019 af het ons elke week ‘n voorskoolse Bybel les voorberei om by die huis te doen saam met ons seun. Dit is ons voorreg om hierdie lesse hier te deel met julle.

Jon, Dani and Timothy

Trueway Kids deel elke week ‘n nuwe Bybel les vir voorskoolse kinders om die Bybel te verken en God te geniet. Ontdek elke week ‘n nuwe Bybel storie en kry ‘n dieper insig en verstaan van God se woord.

Elke les is vol pret, kreatiewe en opvoedkundige Bybel gebaseerde aktiwiteite om by die huis of by die kerk te doen vir voorskoolse kinders onder die ouderdom van 5 jaar.

Kyk na ‘n les!

Bybel storie en les uiteensetting

Inkleur bladsye

Werkkaarte

Kunswerk

Speletjies en aktiwiteite

13 + 11 =

Pin It on Pinterest