Jesus het baie mense deur Sy bediening genees. In Lukas 17:11-19 het Jesus tien melaatses genees, maar net een was dankbaar.

Belangrikste punte:

  • Ons moet God vir genade vra.
  • Jesus hoor ons versoeke.
  • Ons moet God dank wanneer Hy ons antwoord.

Lesgids – Die Tien Melaatses

Wanneer julle Bybel studie hou, gee vir jou kinders ‘n klein bederf soos hul gunsteling vrugte. Maak seker om hulle te prys wanneer hulle “Dankie” sê.

Verduidelik hoe melaatsheid ‘n baie slegte vel siekte was. Mense wat dit gehad het, kon nie naby ander mense wees nie. Hulle het in spesiale plekke gebly weg van ander mense af. Dit is waarskynlik dat jou kind onlangs deur isolasie was as gevolg van COVID-19. Deel hoe mense met melaatsheid ook hulself van die gemeenskap moes kwarantyn, soms vir die res van hul lewens.

Praat met jou kind oor hoe dit voel om weg te wees van mense af wat jy liefhet.

Lees Lukas 17:11-19 uit jou kind se Bybel.

Vra jou kind om hul hande op te hou en hulle vingers te tel.  Elke vinger verteenwoordig een van die melaatses wie vir Jesus gevra het om hulle te genees.

Gesels oor hoe hulle vir Jesus gevra het vir Sy genade en Hy al tien van hulle genees het. Jesus het barmhartigheid aan hierdie manne betoon, maar net een het teruggekom na Jesus toe om “Dankie” te sê.

Laat jou kind weer altwee hande ophou, maar net met een vinger oop. Praat oor hoe die ander nege nooit teruggekeer het na Jesus toe om vir Hom dankie te sê nie.

Het Jesus geweet dat die meeste van hulle nie dankie sou sê nie? Ja, Hy het, maar Hy het hulle steeds gesond gemaak. Het jy al ooit iets lekker of goed vir iemand anders gedoen, en hulle dan nie daarvoor dankie gesê het of dit waardeer het nie? Praat van ‘n tyd wanneer dit gebeur het.

Wat is die verskillende maniere waarop ons aan ander dankbaarheid kan wys? Praat oor verskillende maniere, dit kan dinge wees soos “dankie” of “Ek is dankbaar vir …” Praat dan ook oor maniere hoe ons dankbaarheid kan wys. Dit kan dinge wees soos vuil borde na ete kombuis toe te neem of jou speelgoed op te ruim.

Lees Johannes 1:17 saam. Praat van hoe alles van God af kom. Begin ‘n dankbaarheid tydskrif. Almal kan ‘n beurt kry om elke aand een ding te noem waarvoor hulle dankbaar is. Moedig kinders aan om kreatief te dink aan hierdie dinge. Skryf hulle neer en dank God vir elkeen.

Bid en vra God om dankbaarheid in jou te help ontwikkel. Dank God vir alles.

Storie – Die Dankbare Melaatse

Speletjies en aktiwiteite

Dankbaarheid tydskrif

Dit is belangrik dat ons ons kinders help om te begin identifiseer en dinge te soek rondom hulle om dankbaar voor te wees.  Dit sal dan ‘n gewoonte word wat hopelik sal voortgaan regdeur hulle lewens. ‘n Goeie manier om te begin is om ‘n dankbaarheid tydskrif te maak.

Versier ‘n notaboek of enige ander boek en neem dan elke dag beurte om daarin te skryf, te teken of  foto’s in te plak oor een ding waarvoor jy dankbaar is. Neem tyd om te bid vir God en om Hom te dank.

Moenie raak nie (“Do not touch”)

Plaas ‘n tou of wol op die vloer om ‘n sirkel te maak. Laat jou kinders in die sirkel rondloop, maar verduidelik dat hulle nie aan mekaar mag raak nie, of hulle is uit. Soos wat die speletjie aangaan, maak die sirkel kleiner en kleiner.

Herinner jou kind hoe mense met melaatsheid nie toegelaat was om aan ander te raak of naby aan ander te kom nie.

Klok geheue speletjie

Plaas klokke of ander musikale voorwerpe op die tafel (Jy kan flesse met verskillende hoeveelhede water en ‘n houtlepel ook gebruik).

Lui ‘n klok en laat jou kind jou herhaal. Elke keer as jou kind die klok korrek herhaal,voeg dan nog ‘n klank by.

Werkkaarte

Kleur bladsye – Die Tien Melaatses

Kunswerk-dankie blom

Wat jy nodig sal hê:

  • Templaat bladsy,
  • Karton buis,
  • Verf, (of ander inkleur gereedskap)
  • Skêr
  • Gom.

Wat om te doen.

  1. Verf die karton buis. Laat toe om te droog.
  2. Versier die blom en blare.
  3. Knip die blom, blare en vers uit en plak hulle op die karton buis.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This