In Johannes 4:1-42, getuig Jesus van ‘n Samaritaanse vrou by ‘n water put. In hierdie les, leer ons hoe Jesus alleen ons diepste nood kan bevredig.

Belangrikste punte:

  • Jesus is die lewende water.
  • Jesus het mens geword, net soos ons.
  • Jesus sien nie mense soos almal anders nie.

Lesgids – Die vrou by die water put

Lesson guide video in English

Vra jou kinders of hulle al ooit dors was? Dink oor die verskillende tye wat jy iets om te drink wou gehad het soos ‘n koeldrank. Wanneer jy koud kry verkies jy eerder warm sjokolade of lemonade? Wanneer jy baie warm kry, verkies jy eerder water of melk om te drink? Gooi ‘n glas vars water in en verwys na dit as jy die storie saam met jou kind lees.

Herinner jou kinders dat Jesus mens geword het net soos ons. Hy het dieselfde probleme as ons ervaar. Lees Johannes 4:6. Vra hulle hoe Jesus gevoel het. Wys die menslikheid van Jesus uit en herinner jou kinders dat Jesus ons werklik verstaan.

Sonder drinkwater, kan ons nie lewe nie. Sny ‘n blom en laat dit vir ‘n rukkie sonder water. Plaas die blom dan in ‘n bietjie water en kyk later hoe die blom lyk. Die water het die blom weer gesond gemaak.

Jesus het water as ‘n voorbeeld gebruik vir die Samaritaanse vrou om vir haar te verduidelik hoe belangrik dit was om Jesus in haar lewe te hê. Sonder Jesus, is ons siele dood. Hy is die lewende water wat ons siele gesond en sterk maak, net soos fisiese water ons liggame, troeteldiere, en plante gesond en sterk maak.

Verduidelik hoe die vrou op die warmste tyd van die dag water gaan haal het sodat sy niemand sou sien nie en niemand haar sou sien nie. Verduidelik dat sy ‘n paar slegte dinge in haar lewe gedoen het en skaam gevoel het daaroor. Vra jou kind wat hy/sy doen wanneer hulle skaam voel.

Gesels oor hoe die vrou geskok was dat Jesus met haar gepraat het. Herinner jou kind dat die Jode en Samaritane vyande was. Sy was skaam oor die dinge wat sy gedoen het, en Jesus was ‘n belangrike leermeester. Deel hoe Jesus alles van haar alreeds geweet het, maar Hy het nogsteeds uit Sy pad uit gegaan om met haar te praat.

Vra wat die Samaritaanse vrou by die water put gedoen het toe Jesus vir haar die goeie nuus vertel het? Sy het gehardloop en vir almal vertel wat sy geweet het. As ons Jesus ken, moet ons opgewonde wees om ander te vertel.

Toe die vrou vir haar familie en vriende oor Jesus vertel het, het hulle Hom self ontmoet. Hulle het ook in Hom begin glo. Ons moet almal in Jesus glo en Hom persoonlik ken. Ons kan Jesus nie ken deur iemand anders nie.

Neem ‘n foto en bedek dit met ‘n paar velle wax papier. Praat oor hoe jy nie die beeld duidelik kan sien onder die papier nie. As jy die velle wax papier begin verwyder, dink oor hoe nader ons aan Jesus kom, hoe beter sal ons Hom leer ken. Jy kan dit ook ondersteun deur jou kind se gunsteling lekker te neem en te begin eet. Praat oor hoe heerlik dit is en hoe dit smaak. Vra jou kind of hulle tevrede is om net oor die lekker te praat en dit nie te eet nie.  Verduidelik dan aan hulle dat net soos ons die lekker self wil proe, moet ons Jesus vir onsself ook leer ken.

Ons het almal ‘n persoonlike verhouding met Jesus nodig.

Dank God dat ons Hom kan ken. Vra vir Jesus om jou te help om Hom beter te leer ken en die evangelie en woord met ander te deel.

Storie

Speletjies en aktiwiteite

Moenie gevang word nie

Plaas ‘n paar koppies in ‘n ring (“hula-hoop”) op die vloer (indien hulle buite speel vul die koppies met water). Een persoon moet naby die ring staan en hul rug op die ring draai, die ander spelers kan almal na die ring draai.

Begin ‘n billike afstand weg, die spelers wat vir die ring kyk moet probeer om soveel water as moontlik te versamel vir die ring (water put) sonder dat die persoon wat weg van die ring af kyk hulle sien beweeg. Die persoon wat weg van die ring af gedraai is kan enige tyd besluit om om te draai. As daardie omdraai en ‘n ander speler sien beweeg, moet daardie persoon wat beweeg het weer by die begin lyn begin.

Wateraflos

Vul ‘n groot emmer of swembad met water. Aan die ander kant van die area waar jy speel, trek ‘n beginlyn en verdeel mense in spanne. Gee vir elke groep ‘n kleiner houer of emmer en ‘n koppie. Spelers moet hardloop om hul emmers op te vul. As jy in spanne speel, kan net een persoon op ‘n slag gaan. As jou kinders nie omgee om nat te word nie, kan hulle die beker vol water bo hul koppe hou terwyl hulle heen en weer loop.

Kleur veranderende water

Vir hierdie aktiwiteit, het jy ‘n paar duidelike plastiek koppies nodig asook verf, verfkwasse, en water. Gooi skoon water in ‘n koppie en vra jou kind om ‘n nuwe kleur te maak. Hulle moet ‘n bietjie verf opneem en inroer. Begin met ‘n primêre kleur soos rooi, geel, of blou en dan beweeg na die meng van kleure(Geel + rooi = oranje, geel + blou = groen, rooi + blou = pers).

Werkkaarte

Kleur bladsye – Die vrou by die water put

Kunswerk- goed met Bybel teks vers

Wat jy nodig het

  • Templaat bladsye, (op papier of karton)
  • Gekleurde potlode,
  • Skêr,
  • Gom
  • Twee roomys stokkies.

Bonus

Vul die water put met ‘n versnapering of bederf.

Wat om te doen:

  1. Kleur die templaat bladsy in.
  2. Knip die templaat uit en plak die fondasie saam.
  3. Gom die stokkies aan die fondasie vas en heg die dak aan.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This