Hierdie week sal ons die boek Rigters verder bestudeer. Een van die rigters se name was Gideon. Ons kyk hierdie week na die eerste deel van sy storie en volgende week na die res van sy storie.  Ons kan die storie van sy roeping  lees in Rigters 6:11-40. Die belangrikste punte wat ons hieruit sal leer is:

  • God sien ons anders as wat ons onsself sien.
  • God verlaat nooit Sy mense nie.
  • God roep ons om die take wat Hy vir ons stel, te bereik.
  • Met God aan ons kant, hoef ons nie bang te wees nie.
This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Lesgids

Vra die kind of hulle die naam van die rigter onthou wat Barak gehelp het. Verduidelik dat die tyd aangebreek het vir ‘n nuwe rigter, en God het ‘n man  met die naam Gideon geroep. Herinner die kind aan wat ‘n rigter doen.

Praat van Gideon se vrees om die taak te doen wat God vir hom gegee het. Dink aan ‘n paar keer wat jy en jou kind vrees beleef het. Verduidelik hoe God vir ons die nodige krag sal gee om die taak te verrig wat Hy ons vra om te doen. Om te illustreer, gooi ‘n hoop sand op die vloer in jou huis uit. Vra die kind om die sand hoop skoon te maak deur net hulle vingers te gebruik. Wanneer die kind misluk of gefrustreerd raak, trek die stofsuier nader en suig dan saam die sand op. Verduidelik dat jou kind nie deur hul eie krag die taak kon verrig nie, net soos wat Gideon nie sou kon doen wat God hom gevra het om te doen, sonder God se hulp nie. Praat van hoe God ons sal toerus om die take te doen wat ons moet doen, net soos jy jou kind met die stofsuier (of besem en stofpan) voorsien het.  Memoriseer Rigters 6:12: “En die Engel van die HERE het aan Gideon verskyn en gesê: Die Here is met jou, dapper held!'” Herinner die kind om die vers aan te haal wanneer hulle bang is (jy kan die vers verkort na net die tweede helfte van die vers).

Praat van hoe God ons anders sien as wat ons onsself sien. Lees I Samuel 16:7. Verduidelik dat God ons harte sien. Wanneer jou kind nie kyk nie, ruil die binne pakke van twee graanboks pappe. Dit sal die beste werk as een van die graan soorte ‘n meer volwasse geur is en die ander ‘n kindergeur is. U kan ook ander voedsel produkte gebruik wat in bokse is soos koekies en beskuitjies. Wys daarop dat ons van buite af dink die boks is vol muesli, maar aan die binnekant is daar bv. Rice Krispies. Selfs al is ons dalk verbaas om die verkeerde soort graan in die boks te vind, weet God altyd wat binne-in bokse en mense se harte aangaan.

Bespreek hoe God nooit Sy mense verlaat nie. Verduidelik dat om iemand te verlaat beteken om weg te gaan van iets of iemand af, maar God los ons nooit alleen nie. Verduidelik dat alhoewel ons God nie kan sien nie, Hy altyd daar is. Gaan in ‘n kamer  in sonder ‘n venster. Hou jou kind se hand vas en sit die lig af. Verduidelik dat alhoewel hulle jou nie in die donker kan sien nie, weet hulle steeds dat jy daar is. Herinner hulle dat Jesus belowe het, “Ek is altyd by julle” (Matteus 28:20). Vier dat as ons Jesus in ons harte het, en dat ons nooit alleen sal wees nie.

Bid en vra Jesus om jou te help om altyd die take te doen wat Hy jou vra om te doen en om nie bang te wees nie.

Gideon Storie

Werkkaarte

Inkleurbladsy

Speelgoed Felt Kombers

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This