Eendag het Jesus na die tempel gegaan om te bid. Toe Hy daar aankom, was Hy kwaad oor wat Hy gesien het. Ons lees hierdie voorbeeld in Matteus 21:12-16; Markus 11:15-18; Lukas 19:45-48 en Johannes 2:13-24.

Sleutelpunte:

  • Ons moet ontslae raak van die dinge wat God nie eer nie,
  • Jesus wil hê ons lewens moet deur Hom vervul word,
  • Ons moet nie afgelei word van dit wat die belangrikste is nie.

Lesgids – Huis van Gebed

Lesson Walk through in English

Wys vir jou kind ‘n snit van ‘n besige mark. Alternatiewelik, kan jy en jou kind ‘n mark besoek gedurende die week. Probeer om te praat oor die sintuie. Is die mark stil of raas dit? Hoe ruik dit? Is daar baie om jou te sien en jou aandag af te lei? Vra jou kind of hulle dink dit sou maklik wees om te bid, die Bybel te lees en te leer oor Jesus in ‘n besige mark.

Deel met jou kind hoe Jesus God in die tempel aanbid het op dieselfde manier wat ons God vandag in die Kerk aanbid. Praat van hoe wonderlik dit is dat ons God in die kerk kan aanbid en van Hom kan leer. Deel hoe jy daarna uitsien om tyd saam met God en Sy mense deur te bring.

Verduidelik dat toe Jesus na die tempel gegaan het, Hy baie dinge gesien het waarvan Hy nie gehou het nie. Daar was mans wat diere verkoop het en geld reg binne die tempel verruil het. Mense het probeer om geld te maak van mense se behoefte om God te aanbid.

Vra jou kind hoe hulle voel wanneer verskillende dinge gebeur. Byvoorbeeld, 1) Wanneer jy aan hulle ‘n geskenk gee; 2) Wanneer iemand hulle ‘n slegte naam noem; 3) Wanneer iemand hulle speelding breuk;  4) Wanneer jy hulle ‘n drukkie gee, ens.

Deel hoe hierdie hoofstukke van die Bybel ‘n kant van Jesus wys wat ons nie dikwels sien nie. Jesus is kwaad wanneer Hy sien hoe mense  goed verkoop en geld maak in die tempel en daarom het Jesus hulle vinnig ontruim. Deel hoe Jesus ‘n regverdige woede gehad het. Hy was nie kwaad oor hoe mense Hom behandel het nie, maar hoe hulle God die Vader en ander behandel het.

Vra jou kind om ‘n uitdagende aktiwiteit te voltooi. Dit kan tel, skryf of die voltooi van ‘n legkaart wees. Laat hulle dit eers doen in vrede en maak dan die volgende keer baie geraas en probeer om hulle aandag af te trek. Verduidelik hoe die mense wat handel gedryf het binne in die tempel mense afgelei het van die aanbidding van God. Dink aan dinge wat ons aandag aflei van die aanbiding van  God af.

Gebruik ‘n groot stuk papier (bakpapier werk goed, alternatiewelik gebruik kryt of band), skep ‘n lewensgrootte buitelyn van jou kind se lyf. Skryf ‘n paar goeie aksies en slegte aksies op kaarte. Vra jou kind om te besluit of die aksie gesond is of nie. Hulle moet die goeie dinge binne die lyn plak en die slegte dinge buite die buitelyn plak.

Lees 1 Korintiërs 3:16. Verduidelik dat die Bybel vir ons sê dat ons die tempel van God is en dat die Gees van God in ons woon.

Herinner jou kinders dat hulle liggame tempels verteenwoordig wat hulle rein moet hou soos Jesus Sy Vader se tempel rein gehou het. Soms moet ons ongesonde dinge uit ons lewens verwyder.

Bid saam en dank God dat Hy in jou woon. Vra Hom om jou te help om dinge uit jou lewe te verwyder wat Hom nie eer nie.

Storie – Jesus maak die Tempel Skoon

Speletjies en Aktiwiteite

Uitsorteer

Nooi jou kind uit om jou te help om hul speelgoed boks, papier hoop, klere of ‘n kombuislaai uit te sorteer. Rangskik die hope in dinge om te hou, dinge om weg te gee, dinge om te herwin en dinge om weg te gooi.

Dink aan hoe dinge duidelik begin het, maar later deurmekaar raak. Deel hoe ons dinge moet verwyder van ons lewe wat ons van God af weg lei.

Stel ‘n markstalletjie op

Stel ‘n klein markstalletjie op en laat jou kind toe om voorgee speletjies te speel. Help hulle om items te vind om te verkoop in hulle stalletjie en pryse op te maak vir die voorwerpe.

Speel saam met hulle en koop items uit hul winkel uit. Help hulle om die muntstukke vir die korrekte bedrag te tel.

Kreatiewe gebed

Herinner jou kind hoe wonderlik dit is dat ons kan bid en met God praat. Praat oor hoe ons versigtig moet wees om God nie elke dag te vergeet nie, soos die mense Hom in die tempel vergeet het nie.

Stel ‘n paar kreatiewe gebed idees op wat jy saam met jou kind kan doen deur die week. Gebruik hierdie week se kunswerk.

Werk Kaarte

Kleur bladsye – Huis van Gebed

Kunswerk – Huis van Gebed (Gebed boks)

Help jou kind om ‘n paar gebede neer te skryf en plaas dit in die gebed boks.

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsy
  • ‘n Graan- of kartonboks
  • Inkleur potlode
  • Gom
  • Skêr
  • Kunsmessie

Wat om te doen:

  1. Pas die templaat bladsy om op ‘n graanboks te pas of sny die vensters en deure uit. Kleur die dele in.
  2. Plak die templaat bladsy dele en papier op die boks om ‘n huis te maak. Hou ‘n spasie om ‘n gleuf te sny.
  3. Volwasse – Sny die pos gleuf uit.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This