In Handelinge 12:1-18, terwyl  Petrus in die tronk was, het gelowiges vir sy onmoontlike situasie gebid, God het toe ‘n engel gestuur om Petrus uit die tronk te red.

Hoofpunte:

  • God is met ons waar ons ook al is,
  • God hoor en beantwoord gebede,
  • Ons moet vir ander bid.

Lesgids – Petrus word gered

Lesson Walk through in English

Vra jou kinders of hulle enige onmoontlike ding kan onthou wat God in die Bybel gedoen het. Herinner hulle dat wanneer God iets onmoontlik doen,  dit ‘n wonderwerk genoem word.

Verduidelik dat baie mense na die Apostels se boodskap geluister het en hulle vertroue in Jesus geplaas het. Sommige mense het egter die evangelie gehaat en het probeer om die Apostels te stop. Koning Herodus wou die godsdienstige leiers en die Romeine tevrede stel, daarom het hy Petrus in ‘n streng bewaarde tronk geplaas.

Stel ‘n speel tronk op. Jy kan boustene gebruik en alles wat jy het. Alternatiewelik, help jou kind ‘n foto aflaai van ‘n plek waar dit onmoontlik sou wees om te ontsnap. Beklemtoon dat Petrus in ‘n onmoontlike en vreesagtige situasie was.

Praat oor wat ons doen wanneer ons bang is. Hardloop ons weg? Kruip ons weg? Vra ons om hulp? Lees Handelinge 12:5 en deel hoe die Kerk bymekaar gekom en gebid het. Herinner jou kind dat ons altyd kan bid en God om hulp vra. Dink aan ‘n paar vreesbevange situasies wat ons in die gesig staar. Hoe kan ons in daardie tye bid?

Terwyl die gelowiges op een plek gebid het, het iets verstommends in die tronk gebeur. Petrus het tussen twee soldate geslaap aan wie hy vasgeketting was. ‘n Engel het in die sel verskyn en aan Petrus gesê, “Staan gou op!” Petrus se kettings het van sy polse afgeval toe die Engel hom die volgende bevel het: “Maak vas jou belt en trek jou sandale aan… Trek jou bo-kleed aan, en kom agter my aan” en Petrus volg die engel verby die wagte en uit die tronk uit. God het Petrus wonderbaarlik gered en die gebede van die gelowiges verhoor.

Speel ‘n speletjie ‘hier of daar’. Byvoorbeeld, vra, “is jou speelgoedkarretjie hier of  in ‘n ander kamer?” Antwoord deur te antwoord, “Ja, dit is daar in ‘n  ander kamer.” Of “Is daar enige bome  hier?” Nee, hulle is  daar in die park.”

Deel hoe ons vir ander kan bid, selfs al is ons nie by hulle nie. Afstand is geen hindernis vir God nie. Neem tyd om te bid vir jou kind se grootouers of vriende in ‘n ander huishouding of sendelinge in ‘n ander deel van die wêreld.

Petrus gaan reguit na die huis waar die mense gebid het. ‘n Diensmeisie sien hom by die hek, maar glo nie haar oë nie. Sy vertel vir die mense wat bid dat Petrus by die hek is. Tog glo hulle haar nie en hou aan om vir Hom te bid om bevry te word (Jou kind sal heel waarskynlik baie minder probleme hê om in geloof te bid as ‘n volwassene). Deel hoe ons geloof moet hê wanneer ons bid en glo dat niks vir God onmoontlik is nie.

Deel ‘n paar gebedsantwoorde met jou kinders. Moedig hulle aan om te dink aan iets waarvoor hulle gebid het, en waarop God hulle beantwoord het. Verduidelik dat God nie altyd ons gebede beantwoord soos ons dink Hy sal nie, maar Hy antwoord hulle altyd op die beste manier. Gee ‘n voorbeeld van wanneer jy “nee” vir jou kind sê omdat jy vir hulle omgee.

Dank God dat Hy na ons gebede luister en ons gebede verhoor. Dank Hom dat Hy ook ander mense gegee het om vir jou te bid.

Petrus word gered – Storie

Jogos e atividades

Wie is daar?

Almal in die kamer moet hulle oë toemaak. Iemand verlaat die kamer en staan agter die kamer se deur.

Almal se oë moet toe bly. Die kind agter die deur klop dan aan die deur en die ander kinders moet dan vra; “Wie is daar?” Die kind moet dan met ‘n snaakse stem antwoord, terwyl die ander kinders moet raai wie dit is. Praat van hoe die mense wat gebid het, nie geglo het dat Petrus by die hek gewag het nie.

Wie is ek?

Plaas ‘n prentjie op ‘n kind se voorkop of wys dit aan die ander kinders in die kamer. Kies ‘n persoon uit hierdie week se les. Die kind met die prentjie moet vrae vra om te raai wie hulle is. Jy mag slegs ja of nee antwoord. As die tyd dit toelaat, meng met ander prentjies van diere, vervoer, plante, of bekende mense.

Ketting wedren

Sny ‘n paar dun stroke papier (sien kunswerk). Laat twee kinders elk ‘n strook vashou.  Dit sal hulle ketting word. Kinders moet dan ‘n hindernis baan voltooi sonder om die papier te skeur. As die papier skeur, moet hulle weer begin. Herinner jou kinders hoe Petrus aan die wagte vasgeketting was sodat hy nie kon ontsnap nie.

Werkblad

Kleur bladsye – Petrus word gered

Kleur bladsye

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsy
  • Inkleur potlode
  • Skêr
  • Kleefband

Wat om te doen:

  1. Kleur die templaat bladsy in.
  2. Knip die Bybelversstroke uit.
  3. Plak om sirkels te vorm om ‘n ketting te maak

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This