In Lukas 19:1-10 verander Jesus die lewe van ‘n tollenaar (belasting versamelaar) genaamd Saggeus. Hierdie gedeelte herinner ons dat maak nie saak wat ons gedoen het nie, Jesus gee om vir ons en kan ons verander.

Belangrikste punte:

  • Jesus ken jou naam en sorg vir jou.
  • God kan iemand red.
  • Bekering beteken om te verander.

Lesgids – Saggeus

Lesson walk-through in English

In Jesus se tyd het baie mense nie van belasting versamelaars (tollenaars) soos Saggeus gehou nie, omdat hulle  dikwels oneerlik was. Gee aan jou kind tien klein stukkies lekkergoed of vrugte soos druiwe helftes. Verduidelik aan jou kind dat die Wet vereis dat hulle belasting moet betaal op een uit elke tien stukkies.  Neem dan vyf stukkies by hulle. Vra hulle of hulle kwaad is omdat jy meer stukkies gevat het by hulle as wat jy moes neem. Baie mense was kwaad vir Saggeus omdat hy meer belasting geld geneem het by hulle as wat hy moes.  Hy was nie ‘n eerlike man nie.

Gesels met jou kind oor ‘n tyd wat hulle probeer het om iets te sien, maar nie kon nie omdat hulle te kort was, of daar te veel mense was. Miskien het hulle jou gevra om hulle op te tel en of hulle op jou skouers kon sit. Deel met jou kind hoe Saggeus te kort was om Jesus te sien omdat daar te veel mense was. Praat van hoe sommige dinge ons soms kan verhinder om Jesus duidelik te sien (bv. sekere TV-programme, speletjies of selfs mense).

Praat oor iemand wat jy graag wil uitnooi vir ete by jou huis. Dit kan iemand beroemd wees, of iemand wat jy ken. Bespreek hoekom jy daardie persoon sou wou uitnooi. Fokus op die dinge waarvan jy van hulle hou en dink hulle in goed is.   

Jesus het geweet dat Saggeus ‘n sondaar was. Hy het geweet dat hy oneerlik was, maar Jesus het nogsteeds na Saggeus se huis gegaan. Jesus het gekom om al die mense wat verlore was te soek en te red.  Gebruik speelgoed, kaarte of getalle en plaas ‘n paar op die tafel voor jou kind. Hierdie voorwerpe moet ‘n groep vorm sodat jou kind sal agterkom dat iets kort (“missing”). Vra dan jou kind om al die voorwerpe te vind. Verduidelik aan jou kind hoe hoe die mense wat op die tafel is nie gevind moet word nie. Die mense wat gevind moet word is die mense wat verlore is.

Verduidelik dat bekering beteken om te verander van wat verkeerd is na dit wat reg is.  Wat het Saggeus met al die geld wat hy gesteel het gedoen? Hy het dit terug gee met nog meer geld.  Neem die stukkies lekkers of vrugte van die begin van die les en gee dit vir jou kind saam met ekstra lekkers or vrugte. As Jesus ons harte verander, moet ons hierdie verandering aan ander wys deur reg te lewe en die regte dinge te doen.

Bekering beteken om die teenoorgestelde te doen van wat ons voorheen gedoen het. Speel ‘n speletjie van teenoorgesteldes deur ‘n woord te sê en jou kind dan te vra om die teenoorgestelde te sê. Byvoorbeeld, nag en dag of gelukkig en hartseer. Jy kan dit ook doen deur eenvoudige prente te teken en jou kind toe te laat om die teenoorgestelde te teken. Soos ‘n gesig wat glimlag of ‘n gesig wat frons.

Praat oor hoe ons bekering kan uitbeeld. As ons altyd ongehoorsaam is aan ons ouers, he sou bekering lyk? Sal ons verander deur steeds ongehoorsaam te wees of sal ons gehoorsaam wees aan ons ouers? As ‘n kind gesukkel het om die waarheid te vertel, sou bekering ‘n leuen of eerlikheid behels? Jy kan voortgaan om voorbeelde te gee en sluit ‘n paar van die dinge in waarmee jou kind kan of huidiglik sukkel.

Bid en dank God dat jy gered kan word deur Jesus. Vra vir Jesus om ons te help om tot bekering te kom en Hom te dien.

Storie

Speletjies en aktiwiteite

Bou ‘n hindernis baan

Bou ‘n binne-of buitelug hindernis baan met voorwerpe wat jy by die huis het. Kinders is nie net lief vir die uitdaging nie, maar hierdie help ook met hulle groot motoriese vaardighede. Wissel die aktiwiteite soos stap, spring, balansering, en klim. Pas aan by die vermoë van jou kind, sodat die hindernis baan uitdagend maar tog doenbaar is.  Praat van al die struikelblokke wat mens kry wanneer jy op Jesus se pad loop.

Sorteer volgens grootte

Kry verskeie speelgoed of voorwerpe van verskillenede groottes. Jou  kind moet probeer om die speelgoed te sorteer van die kleinste tot die grootste.

As jy in groepie speel, laat die kinders hulself volgens grootte rangskik. By die huis kan julle ‘n familie foto neem gerangskik van die kleinste na die grootste familie lid.

Boom voorsetsels

Help jou kind om voorsetsels te leer met die hulp van ‘n boom. Neem foto’s om jou kind in die volgende plekke te dokumenteer. Voor, onder, aan, in, langs en agter.

Druk die foto’s en noem hulle korrek.

Werkkaarte

Kleur bladsye – Saggeus

Kunswerk –  Saggeus se boom

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsy (op karton vir beste resultate),
  • Gekleurde potlode,
  • Skêr
  • Kleefband
  • Wol.

Wat om te doen:

  1. Kleur die templaat bladsy in.
  2. Sny rondom die boom, Saggeus en die “tag”.
  3. Maak ‘n gatjie waar aangedui is. Ryg die wol deur die gatjie. Plak die wol op Saggeus en bind dit dan vas op die “tag”.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This