Paulus se bediening het versprei,  hy het ander opgelei om die Evangelie te deel. Een van hierdie boodskappers was ‘n jong man genaamd Timoteus. Paulus het vir hom twee briewe geskryf, 1 en 2 Timoteus. Timoteus het ook met briewe gehelp wat Paulus aan ander gestuur het.

Sleutelpunte:

  • Ouers moet hulle kinders oor God leer
  • Kinders moet by hul ouers leer.
  • Christene is familie.

Lesgids – Timoteus

Lesson Walk through in English

Praat met jou kind oor dinge wat hulle geleer het. Vra wat was die moeilikste, maklikste, en waarop hulle die trotste op was wat hulle al geleer het. Deel jou ervarings van iets nuut leer.

Om iets nuut te leer kan soms moeilik wees, maar wanneer ons iemand het wat ons hierdie nuwe dinge kan leer, is dit beter en makliker.

Kies iets uit wat jy as ouer kan leer doen, soos origami. Voor die les, volg aanwysings op die internet om ‘n stuk origami te skep. Handig hierdie skepping aan jou kind met ‘n stuk papier en vra hulle om dit te herskep. Hulle sal dit waarskynlik nie kan doen nie. Kry nou ‘n nuwe vel papier. Demonstreer aan jou kind elke vou wat hulle moet maak en laat hulle toe om jou aksies te kopieer. Nadat jy klaar is met die kunswerk, praat oor hoe jy vanaf die internet geleer het, en nou kan jy dit self doen.  Verduidelik dat hulle ook nodig het om vooraf te leer voordat hulle kan slaag en voordat hulle iemand anders kan leer. Jy kan ook ‘n ander kunswerk gebruik of speel ‘n eenvoudige liedjie op ‘n instrument om die konsep aan jou kind te verduidelik.  

Paulus het geskryf dat hy bly is dat die “geloof” wat Timoteus van sy ouma, Lois, en sy ma, Eunice, geleer het, hom gehelp het om God te eer en ander te dien. Timoteus se moeder en ouma was versigtig om hom te help om persoonlike kennis van die Skrif te hê. Paulus het Timoteus ook in die geloof gehelp. Dink aan die mense wat God gestuur het om jou te help groei in jou geloof. Bid en dank God vir hulle.

Net so belangrik soos ‘n ouer of grootouer se werk is om ‘n kind te moet leer, moet ‘n kind ook bereid wees om te leer. Timoteus is deur sy moeder en ouma geleer om God lief te hê en te eer. Timoteus se naam beteken om “God te eer”.  Praat oor hoe Timoteus gewillig moes wees om te leer om God te eer.

Gee jou kind ‘n paar oor proppe of oorfone en vertel dat hulle hard moet praat oor wat hulle wil hê. Wanneer hulle praat, gee dan rustig aan hulle instruksies oor hoe om ‘n verrassing wat weggesteek is in die huis, te vind. Verwyder nou die oorfone en vra hulle om die verrassing te gaan soek. Wanneer hulle sê dat hulle nie gehoor het wat jy gesê het nie, wys daarop dat ons net kan leer wanneer ons luister. Ons kan nie praat en luister op dieselfde tyd nie. Gee hulle weer die instruksies. Sodra hulle die verrassing vind, praat oor hoe belangrik dit is om te luister na instruksies.

Vra jou kind hoe oud iemand moet wees om God te dien en te eer. Lees 1 Timoteus 4:12. Paulus het vir Timoteus gesê dat alhoewel hy jonk was, moet hy ‘n voorbeeld vir ander wees. Ons ouderdom beperk God nie. Ons moet nie wag totdat ons oud genoeg is om Hom te dien nie. Herinner jou kind dat hulle nooit te jonk is om groot dinge vir God te doen nie.

Neem tyd om 2 Timoteus 3:15 te leer en te herhaal.

Storie – Timoteus

Speletjies en Aktiwiteite

Stel ‘n voorbeeld (Copycats)

Kies een persoon om die leier te wees. Almal anders moet dit kopieer. Begin met eenvoudige aktiwiteite soos klap hande, dans, raak jou kop. Praat oor hoe dit belangrik  is om aandag te skenk wanneer jy iemand kopieer.

Deel hoe Timoteus se moeder, ouma en Paulus ‘n goeie voorbeeld vir Timoteus gestel het. Deel hoe Timoteus ‘n voorbeeld vir ander kon stel.

Gesin Foto Album

Neem tyd om deur gesinsfoto’s te kyk. Dink terug aan die goeie en spesiale tye wat jy saam met jou kind gehad het. Jy kan ook spesiale oomblikke van jou kinder jare uitwys.

Herinner jou kind dat daar baie spesiale dinge is wat gesinne saam kan doen doen, maar die belangrikste is om saam in geloof te groei.

Balonne

Blaas ‘n paar balonne op saam met jou kind.  Voordat jy begin,  vra hulle wat tans binne-in die leë ballon is. Blaas die ballon met jou mond op. Vra dan weer jou kind wat binne-in die ballon is. Jou asem. Lees  2 Timoteus 3:16 “Die hele Skrif is deur God geinspireer” vir jou kind. Spandeer tyd om met die  ballonne te speel.

Werkblad

Kleur bladsye – Timoteus

Kunswerk – Familie Boom

Wat jy nodig het:

  • Papier en/of gekleurde papier (Bruin, en blaar skakering papier)
  • Skêr
  • Gom
  • Potlode

 

Wat om te doen:

  1. Gebruik ‘n potlood, trek ‘n lyn om die hand en arm van jou kind. Kleur dit bruin in om ‘n boom stam te maak of trek die arm af op bruin papier, sny die vorm uit en plak dit vas.
  2. Gebruik kleur papier om hartvormige blare uit te sny. Skryf name van mense in jou gesin daarop of teken/plak foto’s.
  3. Plak die blare om die boom se stam, om ‘n familie boom te maak.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This