Hierdie week hou ons aan om na Dawid te kyk, en fokus ons op Dawid en Góliat. Ons gedeelte word gevind in 1 Samuel 17. Sommige van die belangrikste punte waarop ons sal fokus is:
      1. Dawid het nie toegelaat dat sy grootte hom keer nie.
      2.  Dawid het onthou dat God groter was as enige reus
      3. Dawid kon nie iemand anders se beskerming of wapens gebruik nie.
      4.  Dawid het God se getrouheid onthou.

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Lesgids – Dawid en Góliat

Begin deur jou kind te herinner aan Samuel wat Dawid salf as die volgende Koning van Israel. Herinner hulle hoe selfs al was Dawid ‘n gesalfde Koning, moes hy lank wag voordat hy Koning sou word. Deel hoe hy teruggegaan het om na sy skape om te sien.

Verduidelik hoe hy te jonk was om oorlog toe te gaan. Hy het daarom by die huis gebly om na die skape om te sien terwyl sy broer gaan veg het.

Lees 1 Samuel saam met jou kind en maak dit so interaktief as moontlik. Gebruik óf ‘n kinderbybel óf verduidelik die storie op ‘n gepaste manier vir jou kind(ers).

Hier is ‘n paar idees:
1) Wanneer jy Dawid noem, moet die kind kniel (omdat Dawid klein was).
2) Wanneer jy Góliat noem, moet jou kind op hul tone staan omdat Hy groot en lank was.
3) Neem ‘n paar voorwerpe (‘n Leer band (slinger), vyf gladde klippe).

Meet Goliat se grootte op die vloer of muur (ongeveer 290 cm of 9 voet, 6 duim). Laat jou kind hulself daarteen meet. Vra hulle of hulle bang sou wees om teen iemand van hierdie grootte te veg? Herinner hulle hoe Dawid onthou het dat God selfs groter was as Góliat. Praat van hoe God groter is as al die probleme wat ons ervaar.

Verduidelik hoe almal gedink het dat Dawid te klein was om teen Góliat te veg. Selfs Góliat het gedink dit was ‘n grap toe Dawid uitgegaan het om teen hom te veg. Herinner jou kind dat hulle nooit te klein of te swak is vir God om te gebruik nie. Net soos Dawid, het God ‘n plan vir hulle en al wat hulle hoef te doen, is om God te vertrou en te gehoorsaam.

Versamel ‘n paar volwasse klere en laat jou kind probeer om dit te dra. Laat hulle probeer om ‘n paar eenvoudige aktiwiteite te voltooi terwyl hulle die klere dra. Byvoorbeeld, eet kos met ‘n trui wat te lank is. Stap oor die vloer van ‘n kamer met ‘n groot broek of groot skoene aan. Jou kind sal dit waarskynlik prettig vind, maar jy kan aan hulle verduidelik hoe die grooter kleding stukke dit moeileker maak om eenvoudige take te voltooi.  Verduidelik hoe Dawid nie kon oorlog voer teen Saul se wapenrusting nie. Herinner jou kind, dat geloof en gawes individueel is. Jy kan nie by iemand anders  (selfs ouers) leen nie, God het iets spesiaals net vir hulle.

Praat van een van die redes waarom Dawid nie bang was nie, was dat hy God se goedheid onthou het en hoe Hy hom in die verlede beskerm het. Maak ‘n lys van ‘n paar dinge waaoor jou kind dankbaar kan wees dat God hulle geseën het. Kos om te eet, gesond te word nadat hulle siek was en so aan. Praat oor hoe ons God se goedheid aan ons moet onthou en dankie sê.

Dawid en Góliat – Storie

Werkkaarte

Inkleurbladsy

Kunswerk -Felt Sakkie

Gebruik hierdie kunswerk om kinders te herinner hoe Dawid 5 klippe versamel het. Jy kan hulle óf voorsien met klippe of neem hulle uit om ‘n paar in te samel en plaas die klippe in ‘n sak.

Wat jy nodig het

  • 1 stuk A4 felt vel
  • Wol
  • Plastiek of veiligheid naald
  • Skêr
  • Knope (opsioneel)

Uitklophou Goliat

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This