Hierdie week leer ons van Dawid se verhoudings met Saul en Jonatan. Die gedeelte kan gelees word in I Samuel 18-26. Deur hierdie verhoudings leer ons die volgende:

  • Die sonde van jaloesie.
  • Vriendskap.
  • Om God te vertrou selfs wanneer ons omstandighede nie sin maak nie.
  • Wag op God in plaas daarvan om wraak te neem
This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

LesgidsDawid wag om Koning te wees

Vra jou kind of hulle al ooit jaloers was. Verduidelik aan hulle dat jaloesie betken om kwaad of ontsteld te wees oor iemand anders se besittings of prestasies. Praat van hoe Saul jaloers was op Dawid omdat mense van hom gehou het.

Dink aan ‘n tyd toe julle albei jaloesie ervaar het (maak seker dat jy iets kies binne ‘n kind se vermoë om te verstaan). Dink aan ander sondes waartoe jaloesie kan lei. Praat van hoe Saul eers jaloers was, en later het sy afguns daartoe gelei om ander mense baie sleg seer te maak.

Haal ‘n deurskynende bak uit en vul dit met water. Verduidelik aan die kind hoe die water deurskynend is. Neem dan ‘n botteltjie voedsel kleursel.  Plaas drie druppels op ‘n bord. Praat oor hoe klein dit lyk in vergelyking met die bak water. Voeg ‘n druppel voedsel kleursel by die water. Wys vir die kind hoe een klein, skynbaar onbelangrike sonde die hele bak water verkleur het. Voeg ‘n paar eetlepels bleikmiddel en ‘n halwe teelepel koeksoda by, en roer. Wys vir die kind hoe die water nou weer deurskynend is. Verduidelik dat Jesus se bloed die enigste ding is wat die sonde van ons siele kan reinig.

Praat van hoe Saul die kans gehad het om God te vra om hom te help om sy sonde te vergewe, maar hy het gekies om sy sonde te laat groei.

Kontrasteer Saul se gedrag met Jonatan se gedrag. Praat van hoe Jonatan Dawid se vriend was en dat hy hom gehelp en liefgehad het. Dink aan vriende wat jou of jou kind al gehelp het. Skryf “Dankie dat jy my vriend is” of  iets soortgelyke op ‘n notakaart neer, en laat die kind toe om dit te versier om vir hulle vriende dankie te sê.

Praat van hoe Dawid God vertrou het, selfs toe dinge sleg gelyk het. Hy het geweet dat God sy belofte sou hou en dat hy eendag koning sou word. Verduidelik dat God altyd die beste weet. Kies ‘n bord met ‘n mooi ontwerp. Hou dit bo die kind se kop sodat hulle net die bodem kan sien. Vra die kind of dit mooi lyk. Vertel hulle hoe mooi jy dink dit is. Verlaag dan die bord sodat die kind die mooi ontwerp kan sien op die bord. Praat van hoe God altyd die groot prentjie kan sien, selfs al kan ons nie.

Verduidelik dat mense verkeerde dinge aan ons sal doen. Praat oor hoe ons die keuse het om wraak te neem of om ander te vergewe. Dink aan hoe Jesus verkeerd behandel was. Verduidelik hoe hy aan die kruis gehang was, maar het God steeds gevra om diegene te vergewe wat verkeerde dinge aan hom gedoen het. Dink aan iemand wat jou kind verkeerd gedoen het. Bid saam met hulle om God te vra om hulle te help  om daardie persoon te vergewe.

Prys God saam vir vriendskap, vergifnis en dat Hy so groot en kragtig is.

Dawid wag om Koning te wees – Storie

Werkkaarte

Inkleurbladsy

Harp Kunswerk

Dawid wag om Koning te word Storie Wiel

Dawid kruip weg in ‘n grot

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This