Terwyl Hy op aarde was, het Jesus baie mense genees. In Johannes 9:1-42 genees Hy ‘n man wat blind was op ‘n ongewone manier.

Belangrikste punte:

  • Ons het geestelike insig nodig.
  • Ons leef in ‘n gevalle wêreld.
  • God werk op verskillende maniere.

Lesgids – Die Blinde Man

Kyk weer na die vyf sintuie: tas, reuk, smaak, gehoor en sig. Vertel jou kind dat julle vandag gaan leer oor ‘n blinde man. Dit beteken iemand wat nie kan sien nie.

Beskryf sekere voorwerpe wat jy in jou kamer kan sien. Vra jou kind om rond te kyk en te raai watter voorwerp jy beskryf. Deel hoe sig ‘n wonderlike gawe van God is. Praat oor ‘n paar pragtige dinge wat jy kan sien met jou oë.

Deel hoe dit baie moeilik was om blind te wees in Jesus se tyd. Blinde mense moes dikwels bedel vir kos en geld. Praat oor hoe die dissipels die blinde man gesien het, en Jesus gevra het wie se skuld dit was dat hy blind was.

Stel jou kind voor aan oorsaak en gevolge (“cause and effect”). Praat oor hoe aksies gevolge het, beide goed en sleg. Jong kinders sal in staat wees om ‘n basiese begrip van oorsaak en gevolg te hê. Gebruik die woord “omdat” in ‘n sin. Byvoorbeeld,  “Ek het ‘n appel geëet omdat ek honger was.” Laat jou kind toe om ‘n voorwerp te laat val. Wys daarop  dat die voorwerp geval het omdat hulle dit gelos het.

Verduidelik hoe ons soms dinge doen wat slegte dinge laat gebeur, maar dikwels gebeur dinge nie as gevolg van wat ons doen nie, maar omdat ons in ‘n gevalle wêreld leef. Kyk weer na Adam, Eva en die sondeval.

Vra jou kind of hulle enige maniere kan onthou hoe Jesus mense in die Bybel genees het. Hy het gepraat, Hy het gebid, Hy het aan hulle geraak. Lees Johannes 9:6. Verduidelik dat God op verskillende maniere werk, en dikwels werk Hy op maniere wat ons nie altyd verstaan nie.

Praat oor hoe die man Jesus gehoorsaam het deur sy oë te was en hoe die man weer kon sien. Ons moet God altyd gehoorsaam, selfs wanneer die versoek ongewoon lyk.

Deel hoe die man nie bang was om te deel wat Jesus in sy lewe gedoen het nie, selfs al het ander hom verwerp as gevolg daarvan.

Deel ‘n getuienis van iets wat God vir jou en/of jou familie gedoen het. Herinner jou kind dat ons altyd moet deel wat God  in ons lewens gedoen het, selfs al glo ander ons nie of selfs al verwerp ander ons.

Lees Lukas 9:35-41. Deel hoe Jesus aan die godsdienstige leiers vertel het dat net soos wat die blinde man fisiese oë nodig het om te sien, het mense geestelike oë nodig.

Bid saam en vra God om die oë van jou hart oop te maak en jou te help om Hom te aanbid.

Storie – Die Blinde Man

Speletjies en Aktiwiteite

Modder Kombuis

Oor die afgelope jaar het modder kombuise in gewildheid toegeneem. ‘n Vinnige aanlyn soektog sal jou help om al die voordele daarvan te verstaan.

Kinders is lief vir morsige en sensoriese spel en sal vir ure in modder en in water speel.

Help hulle om resepte te skep en betrokke te raak in denkbeeldige spel. Praat van hoe Jesus modder gemaak het en dit op die blinde man se oë gesit het. Wys daarop dat die modder niks spesiaal was nie, maar dat Jesus die man genees het.

Wat is in die kussingsloop

Vind ‘n seleksie van veilige voorwerpe waarmee jy jou kind kan vertrou. Wanneer hulle nie kyk nie, plaas een in ‘n kussingsloop.

Laat jou kind toe om te voel en te probeer raai wat die voorwerp is sonder om dit te sien.

Herinner jou kind dat die blinde man nie kon sien nie. Praat hoe dit baie dinge vir hom moeiliker gemaak het.

Wat is daardie klank?

Vind ‘n seleksie van musiek instrumente, speelgoed of voorwerpe wat geraas maak rondom jou huis. Laat jou kind eers toe om ‘n klank met die voorwerp te maak.

Nadat hulle al die klanke getoets het, vra hulle om iewers te staan waar hulle jou kan hoor, maar nie sien nie. Maak ‘n geluid met een van die voorwerpe en laat hulle raai watter voorwerp dit is.

Werkkaarte

Kleur bladsye – Die Blinde Man

Kunswerk – Die Blinde Man

Jesus heals the blind man - easy bible craft for kids

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsy
  • Inkleurpotlode,
  • Skêr.
  • (Opsioneel: kunswerk mes)

Wat om te doen:

  1. Kleur die templaat bladsy in.
  2. Knip die templaat uit. Volwasse: sny ‘n gleuf vir die oë.
  3. Sit die oogstrook deur die gleuf.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This