In Lukas 14:15-24 vertel Jesus die storie van die gelykenis van die groot banket en herinner ons dat God ons uitnooi om by Hom aan te sluit vir ‘n spesiale viering.

Belangrikste punte:

  • God nooi ons uit na Sy feesmaal toe.
  • Mense sal hierdie uitnodiging of aanvaar of verwerp.
  • Ons moet nie verskonings maak om nie na God toe te kom nie.

Lesgids:

Indien moontlik, maak ‘n klein partytjie area op met ballonne, ‘n tafeldoek, en ‘n paar lekker eet happies. Vertel jou kind dat die storie wat julle vandag gaan lees, die storie is wat Jesus vertel het van ‘n man en ‘n spesiale partytjie. Lees Lukas 14:15-24.

Het jy al ooit ‘n partytjie van jou eie gehou? Wat sou jy eet, drink, watter speletjies sou jy speel, of watter versierings sou jy gebruik? Beplan ‘n partytjie vir jou kind se speelgoed. Hy/Sy kan hulle poppe nooi, speelgoed motors, of troeteldiere. Maak ‘n eenvoudige eethappie en ‘n paar versierings. Ontwerp en maak ‘n paar uitnodigings. Soos julle deur die huis loop om die gaste te “nooi”, maak verskonings hoekom die gaste nie die partytjie kan bywoon nie.  Die kat kan nie kom nie, aangesien sy ‘n middagslapie moet neem. Die speelgoed vragmotor wil grawe in die modder. Die pop gaan speel.

Gesels hoe dit jou kind laat voel wanneer almal die uitnodiging na sy/haar partytjie weier. Voel hulle goed of sleg? Hoe sou hulle voel as, in plaas van ‘n eenvoudige partytjie, hierdie die grootste partytjie ooit was?

Verduidelik dat Jesus aan die kruis gesterf het sodat mense hemel toe kan gaan en die ewigheid saam met God kan deurbring. Net soos die mense baie verskonings gemaak het om nie na die groot feesmaal toe te gaan nie, maak mense baie verskonings om nie na God toe te kom nie. Ons mag dalk nie ‘n os, soos in Lukas 14:19 bo Jesus kies nie, maar sal ons iets anders kies? Ons mag dalk nie ‘n veld kies nie, maar sal ons geld kies? Sal ons ander mense in plaas van Jesus kies?

Praat van ‘n tyd wat jou kind ‘n verskoning gemaak het om nie die regte ding te doen nie.

Gebruik die kaarte uiteengesit vir hierdie les of eenvoudige kaarte wat jy self gemaak het, en speel ‘n speletjie genaamd “belangriker.” Die doel van die speletjie is om soveel kaarte as moontlik te kry. Die kaarte moet dinge soos kerk, God, speletjies, troeteldiere, familie, voedsel, ens verteenwoordig. Elke persoon kry ‘n beurt om ‘n  kaart te speel en die belangrikste kaart wen dan al die kaarte. Terwyl julle speel, kan julle ‘n bietjie pret hê deur te debatteer hoekom katte meer belangrik as honde is, of koek meer belangrik as vrugte is, ens. Nog ‘n speltjie is om die kaarte onder mekaar te verdeel en elke persoon toe te laat om hulle kaarte uit te lê van bo na onder van wat die belangrikste in hulle opinie is. Soos julle speel, praat oor hoe God altyd eerste moet kom.

Maak jou Bybel oop en praat oor hoe dit ook ‘n uitnodiging is. God nooi mense om hulle te bekeer, in Jesus te glo en om die ewigheid saam met Hom deur te bring. Sommige mense sal hierdie uitnodiging verwerp, maar ander sal deur God geraak word om dit te aanvaar.

Lees van die uitnodigings wat ons in die Bybel lees. Byvoorbeeld, Matteus 11:28, Markus 1:17, Johannes 7:37.

Dank Jesus dat Hy altyd ‘n  manier vir ons verskaf om God se uitnodiging te aanvaar. Bid en vra Hom om jou te help om nooit verskonings te maak wat jou weghou van Hom nie.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This