In hierdie les, kyk ons na Deel 1 van Jesus se gelykenisse van verlore dinge. Ons fokus op die verlore skape en die verlore  muntstuk. In deel 2, sal ons die gelykenis van die verlore seun verken. Al drie hierdie gelykenisse kan gelees word in Lukas 15.

Sommige van die belangrikste punts is:

  • Jy is vir God kosbaar.
  • God soek almal wat verlore is.
  • Daar is groot blydskap  wanneer die verlorenes gevind word.
  • God gee nooit op nie.

Lesgids

Begin die les deur te kyk na ‘n aanlyn soektog om ‘n boek te vind saam met jou kind. Daar is ook baie gratis bladsye om aanlyn te druk.

Vra jou kind of hulle onthou wat ‘n gelykenis is? Herinner hulle dat ‘n gelykenis ‘n alledaagse storie is met ‘n geestelike betekenis. Lees Lukas 15: 1-10 uit jou kind se Bybel.

Vra jou kind wat hulle sou doen wanneer hulle verskillende voorwerpe verloor. Byvoorbeeld, ‘n lekker, ‘n stukkie papier, ‘n selfoon of hulle gunsteling speelding. Praat oor wanneer ons iets van min waarde verloor dit ons nie regtig so baie pla nie. Maar wanneer ons iets kosbaar verloor, raak ons soms baie ontsteld en soek ons dit met al ons krag.

Praat van ‘n tyd waar jy iets kosbaar verloor het. Deel hoe dit jou laat voel het.  Deel watter stappe jy geneem het om dit te probeer vind.

Wys uit dat Jesus dit duidelik gemaak het dat die skape en die munt baie kosbaar vir hulle eienaars was. Dit het nie saak gemaak of  hulle nog baie oorgehad het nie, daardie een was baie kosbaar vir hulle. Herinner jou kind dat hulle baie kosbaar is nie net vir jou nie, maar ook vir God.

Lees Jesaja 53:6  –  “Almal van ons het weggedwaal soos ‘n kloms skape. Ons het ons eie pad gevolg.”  Deel hoe God wil hê dat ons naby aan Hom moet bly, waar ons veilig en geliefd is. Maar dikwels word ons afgelei deur aardse dinge. Noem ‘n voorbeeld van ‘n keer waar jy jou kind gevra het om naby aan jou te bly terwyl jy inkopies doen, maar soms  word hulle aandag afgetrek deur speeloed, lekkers of iets wat gebeur. Net soos jy uitkyk vir jou kind, omdat hulle vir jou kosbaar is, waak God oor hulle, omdat hulle vir Hom kosbaar is.

Vra jou kind om hul vingers uit te hou. Laat hulle tot die nommer 10 tel. Deel hoe die dame een muntstuk verloor het. Wys vir hulle op hulle hande hoeveel muntstukke sy nog oor gehad het 9, maar dat die een muntstuk wat verlore was vir haar kosbaar was. Jy kan een muntstuk in die kamer wegsteek en jou kind vra om dit te soek. Probeer om nie aan hulle enige leidrade te gee nie. Op ‘n sekere punt sal hulle frustreerd word en wil opgee. Herinner hulle dan dat hierdie muntstuk baie  kosbaar was vir die vrou. Sy het  aanhou soek na die muntstuk totdat sy dit gevind het, en sy toe groot vreugde ervaar het.

Herinner jou kind dat mense kosbaar is vir God. Lees Lukas 19:10,  ““Ek, die Seun van die Mens, het immers gekom, om wat verlore is, te soek en te red. “

Help jou kind om te verstaan dat  God nie net lief vir mense oor die algemeen is nie, maar dat Hy elke persoon individueel en uniek lief het.  Hy gee om vir elkeen en juig wanneer hulle gevind en gered word.

Dank God dat jy vir Hom kosbaar is. Vra Hom om jou te help om ten alle tye naby aan Hom te bly.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This