Toe die dissipels gedink het klein kindertjies was nie belangrik genoeg vir Jesus nie, het Jesus geantwoord, “Laat die klein kindertjies na My toe kom.” Ons teksvers kan gelees word in Matteus 19:13-15, Markus 10:13-16, en Lukas 18:15-17.

Belangrikste punte:

  • Jesus verwelkom kinders.
  • Ons moet nie mense oordeel deur hoe “belangrik” hulle lyk nie.
  • Jesus verwelkom ons nie as gevolg van wie ons is nie, maar as gevolg van wie Hy is.

Lesgids – Die Klein Kindertjies

Lesson guide video in English

Wie is belangrik? Kies ‘n paar van jou kind se speelgoed. Dit moet hul gunsteling en minder gunsteling speelgoed insluit. Vra jou kind om hulle in orde van belangrikheid te plaas (dit kan die beste uitgebeeld word op ‘n boekrak of trappe om te wys hoe die belangrikste items hoër is as die minder belangrike items). Wanneer hulle klaar is, praat oor die volgorde waarin jou kind hulle geplaas het.

Vra jou kind watter mense hulle dink belangrik is. Ouers, Staatsamptenare, Koninklikes, ens. Neem al die speelgoed en sit hulle op dieselfde vlak. Verduidelik dat God nie ‘n aannemer van persone is nie, maar dat Hy almal as gelyk sien. Ons is almal sondaars en het Jesus in ons harte nodig.

Jesus het gekom om mense te red van elke stam, taal, volk, en nasie. Kyk na ‘n wêreldkaart en laat jou kind toe om ‘n plek te kies. Begin dan om vir die mense van daardie nasie te bid.  Daarna kan jy meer navorsing oor die land doen. Kyk na foto’s, luister na ‘n voorbeeld van die taal, ens.

Hoe het die dissipels gereageer teenoor die kinders wat gekom het om Jesus te ontmoet? Hulle het die kindertjies as minder belangrik geag. Hulle het probeer om die kindertjies weg te hou van Jesus af. Ons moet nooit die klein dingetjies onderskat nie.

Wys vir jou kind ‘n balon wat nie opgeblaas is nie. Praat oor hoe dit baie klein is. Blaas dit dan op. Vra of dit nogsteeds klein is? Deel dat God nie omgee of mense ryk of arm is of oud of jonk is nie. Dit is wat binne in hulle harte is wat vir God saak maak. Hy gee om of Jesus in hulle harte lewe.

Speel ‘n speletjie deur dinge te lys wat vir God saak maak en dinge wat nie vir God saak maak nie. Voorbeelde: Gee God om of ons ‘n miljoen rand het? Gee God om of ons Sy woord gehoorsaam?

Baie mense dink dat hulle iets aan God kan bied. Praat en dink aan maniere waarop mense hulself as belangrik beskou. Rykdom, roem, titels, ens. Maak hierdie dinge vir God saak? Nee. Dit is slegs deur Jesus dat mense gered kan word.

Maak ‘n klein koek uit modder uit. Vra jou kind of dit goed sal wees om dit te eet. Begin om versierings op die modderkoek te plaas. Vra elke keer jou kind of hulle dink dit vir hulle goed sal wees om die modderkoek te eet. Paat oor hoe dit nie saak maak hoeveel dinge ons  op die modderkoek sit nie, dit nogsteeds modder is wat hy/sy sal eet.  As Jesus nie ons harte rein maak nie, maak niks anders saak nie omdat ons harte nog vuil is.  Haal nou ‘n eenvoudige koek of stukkie brood uit. Vra of dit beter sou wees om te eet, eerder as die spoggerige modderkoek. Verduidelik dat ons nie mooi versierings nodig het, soos roem of geld nie. Ons moet net vir Jesus ons harte gee wat net Hy rein kan maak. Lees Efesiërs 2:8-9. Bid, en dank God dat Hy kindertjies verwelkom. Vra Hom om jou te seën deur Hom beter te leer ken.

Storie

Speletjies en Aktiwiteite

Span Hindernis Baan

Skep ‘n hindernis baan. Laat jou kind jou help om ‘n manier deur die hindernis baan te vind.  Jy kan jou kind dra, hulle oor struikelblokke lig, of jou kind kan onder deur kruip, terwyl jy oor klim.

Deel met jou kind hoe mense en dinge soms sal probeer om hulle van Jesus af weg te hou, maar jy is altyd daar om hulle te help. Herinner hulle dat Jesus hulle altyd sal verwelkom.

Magneet “maze”

Gebruik ‘n magneet en ‘n klein stukkie metaal (‘n muntstuk of paper clip is ideaal). Plaas die magneet onder die papier en die metaal voorwerp bo-op. Laat jou kind die metaal voorwerp deur die “maze” lei na Jesus toe.

Bid saam met jou kinders

Herinner jou kind dat Jesus ons nooi om enige tyd na Hom toe te kom. Vra jou kind gedurede die dag of dit nou ‘n goeie tyd sal wees om te bid, en of hulle dink Jesus te besig is vir hom/haar. Spandeer tyd saam  met jou kind om te bid en God te dank dat Hy ons deur Jesus verwelkom.

Werkblad

Kleur bladsye – Die Klein Kindertjies

Kunswerk – Laat die klein kindertjies na My toe kom.

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsye,
  • Inkleurpotlode,
  • Skêr
  • Opsioneel: Gom

Wat om te doen:

  1. Kleur die templaat bladsye in
  2. Sny die kinders met handvatsel uit en sny op die stippellyn.
  3. Vou die dele. Voeg handvatsel binne in, met die kinders deur die gaping.

Pin It on Pinterest

Share This