This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

In hierdie les leer ons oor die Toring van Babel in Genesis 11:1-9. NaNoag en die vloed, het die aantal mense op aarde gegroei. Eendag het hulle besluit om ‘n toring te bou. Hierdie gedeelte waarsku ons om nie buite God se wil en plan te beweeg nie.

Sleutelpunte:

  • Ons moet God se planne volg en nie ons eie nie.
  • Daar is ‘n verskil tussen goeie trots en sondige trots.
  • Die oorsprong van tale.

Lesgids – Die Toring van Babel

Voordat julle hierdie week se les begin, laat jou kind toe om met ‘n paar boustene te speel. Julle kan selfs ‘n kompetisie hou om te sien wie die grootste toring kan bou voordat dit om val. Julle kan selfs ‘n ronte of twee “Jenga” te speel.

Wanneer julle klaar gespeel het, stel hierdie week se les bekend. “Vandag gaan ons lees oor ‘n tyd toe sommige mense besluit het om die hoogste toring te bou wat nog ooit gebou was.”

Vra jou kind wat hulle van Noag se ark kan onthou. Dit sal die agtergrond vir hierdie week se les stel terwyl ons versterk wat ons reeds geleer het.

Lees Genesis 11:1–9 uit jou kind se Bybel uit.

Vra jou kind of hulle weet wat die woord “trots”  beteken? Verduidelik aan hulle die verskil tussen goeie trots en slegte trots.

Goeie trots is wanneer jy goed voel oor jouself, want jy het ‘n uitstekende werk  gedoen, iets goeds gemaak, iemand gehelp ens. God hou daarvan wanneer ons hierdie soort trots voel. Dit is soortgelyk aan hoe Hy gesê het,  “Dit is goed”nadat  hy die wêreld geskep het.

Slegte trots is wanneer jy te veel van jouself dink. Jy mag dink jy is beter as wat jy werklik is en dan neer kyk op ander mense en dink jy is beter as hulle. God wil nie hê ons moet hierdie soort trots hê nie.

Vra jou kind wat God gedoen het as gevolg van hulle trots.

Jy kan dan jou kind vra of hulle van enige ander tale weet. Miskien praat jy meer as een taal by die huis, of dalk het julle vriende wat ‘n ander taal praat?

Dink aan die frustrasie wat jou kind voel wanneer hulle nie verstaan word nie. Besin oor hoe die mense moes gevoel het toe hulle nie met mekaar kon praat nie.

Verduidelik weer hoe slegte trots skadelik is. Leer Spreuke 16:18, “Hoogmoed lei tot ondergang. Hooghartigheid kom net voor die val.”

Storie – Die Toring van Babel

Speletjies en aktiwiteite

Koppie stapel

Koppies kan opgestapel word in piramides van alle groottes en vorms of gestapel word in mure of torings.

Jy is net beperk deur die aantal koppies wat jy het. Gelukkig is besteebare koppies goedkoop (en dikwels herwinbaar).

Plus, kinders kan hulle wiskunde oefen soos wat hulle hul stapels tel of patrone met verskillende gekleurde koppies skep.

Pannekoek torings

Bak ‘n paar klein plaatkoekies (of koop plaatkoekies wat reeds gemaak is)

Sny snye vrugte (piesang, aarbeie, ens.)

Stapel opmekaar (toebroodjie styl) om te sien wie die hoogste toring kan maak.

Blokkies bou

Dit is nie nodig om enige iets voor te berei nie, en dit vermaak altyd kinders vir ure.

Laat jou kind toe om met hul gunsteling blokkies te speel en te bou wat ook al hul verbeelding hulle toelaat.

Werkkaarte

Kleur bladsye – Die Toring van Babel

Baksteen stempel toring

Jy sal nodig hê:

  • ‘n Groot stuk papier (A3)
  • Gekleurde verf
  • ‘n Reghoek uitveer
  • Templaat bladsy
  • Skêr Gom

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This