In Markus 5:21-34 lees ons van ‘n vrou wat vir 12 jaar gebloei het. Niks het gewerk om haar te genees totdat sy uitgereik het om Jesus in geloof aan te raak nie.

Sleutelpunte:

  • Wat onmoontlik is vir mense is moontlik vir God.
  • Slegs Jesus kan ons heel maak,
  • Jesus gee om oor ons behoeftes.

Lesgids – Die Vrou wat aan Jesus geraak het

Lesson walk through video in English

Voordat jy begin, skep ‘n sak waaraan jou kind kan raak (‘aanraak-sak’). Vul die sak of kussingsloop met verskillende voorwerpe (probeer om dinge in te sluit van verskillende groottes en teksture). Herinner jou kinders dat God ons geseën het met verskillende sintuie. Vandag gaan ons leer oor ‘n vrou wat uitgereik het om aan Jesus te raak.

Gee jou kind die aanraak-sak en laat hulle ‘n geruime tyd raai wat al die voorwerpe daarin is. As jy meer as een kind gebruik, ruil die sak tussen hulle na elke raai skoot.

Vra jou kind of hulle ‘n tyd kan onthou toe hulle siek was of hulself seergemaak het. Hoe het dit hulle laat voel? Deel met hulle ‘n tyd waar jy in die bed moes bly vir ‘n paar dae, omdat jy ongesond was en hoe dit soos ‘n lang tyd gevoel het.

Verduidelik dat die dame siek was en vir twaalf jaar aanhou bloei het.  Probeer om te dink aan iemand wat twaalf jaar oud is wat jou kind dalk ken.  Onthou dat ‘n twaalfjarige oud voel vir kleuters.

Gee jou kind ‘n paar eenvoudige probleemoplossing take. Jy kan saamwerk om uit te werk hoe om iets te doen. Dit kan iets so eenvoudig wees soos om by ‘n hoë voorwerp by te kom, om ‘n vuil oppervlak skoon te maak, ens. Wat moet jy doen om daardie probleem op te los?

Dink aan verskillende dinge wat mense doen om beter te word. Byvoorbeeld, om gips op ‘n gebreekte been te plaas, medisyne te drink vir koors, in die bed te rus ens. Verduidelik hoe die vrou alles probeer het om beter te word en al haar geld op medisyne en die beste dokters spandeer het, maar niks het gewerk nie.

Lees Lukas 18:27 en herhaal verskeie kere met jou kind. “Wat onmoontlik is vir die mens is moontlik vir God.” Deel hoe niks die vrou genees het nie, maar toe sy Jesus aangeraak het, was sy onmiddellik genees. Wat vir mense onmoontlik was, was moontlik vir Jesus omdat Hy God is.

Jesus was die enigste een wat die vrou kon genees. Deel hoe Jesus ook die enigste een is wat ons kan genees en ons van ons sondes kan red. Selfs al probeer mense baie dinge om goed genoeg te wees om in die hemel te kom, is dit slegs deur ons geloof in Jesus dat ons gered word.

Herinner jou kind dat Jesus in ‘n skare was toe die vrou aan Hom geraak het. Daar was baie mense, maar Jesus het haar individuele aanraking gevoel. Herinner jou kind dat Jesus nooit te besig is om te hoor en te reageer op hulle behoefte nie.

Bid saam en dank God dat Hy vir jou omgee.

Storie – ‘n Vrou raak aan Jesus se kleed

Speletjies en Aktiwiteite

Wie het my aangeraak?

Laat jou kind of volwassene met hul rug gedraai na die ander in die kamer sit. ‘n Ander speler moet dan die speler met hul rug na die ander gedraai op die rug tik/aanraak. Die speler moet raai wie dit was wat hulle aangeraak het.

Stop die vloei – STEM

Vul ‘n plastiekbottel met water en verwyder die deksel. Laat jou kind toe om die water in ‘n beker te gooi. Verduidelik dat jy die water vloei uit die bottel moet probeer stop. Vind ‘n seleksie van instrumente wat jy kan gebruik om dit te probeer stop. ‘n Lepel, papier, lap, ‘n speelding ens. Wat help dat die water stadiger uit vloei, en wat stop die water en wat help gladnie om die water in te hou nie?

Praat oor hoe die vrou nie die vloei van bloed kon stop nie.

Aanraak (‘Tag’)

Dit is ‘n klassieke speelgrond speletjie. Een word gekies as ‘it’. Hulle moet probeer om ‘n ander speler aan te raak. Wanneer hulle dit doen word die ander speler ‘it’. Spel duur so lank aan soos wat daar belangstelling is. Praat van hoe die vrou Jesus gaan aanraak het om genees te word.

Werkblad

Kleur bladsye – Die Vrou wat aan Jesus geraak het

Kunswerk – Die vrou wat Jesus aangeraak het

Craft – The woman who touched Jesus

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsy
  • Inkleur potlode
  • Skêr
  • Verdeel-pen

Wat om te doen:

  1. Kleur die templaat bladsy in.
  2. Sny langs streeplyn en arm
  3. Speld arm aan die liggaam met behulp van gesplete pen. Plaas kleefband op die agterkant van die pen.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This