Die Bybel gebruik dikwels fisiese dinge om ons te leer oor geestelike dinge. ‘n Voorbeeld hiervan is hoe Paulus ons leer oor die Wapenrusting van God. Die gedeelte kan gelees word in Efesiërs 6:10-20.

Sleutelpunte:

  • Ons moet die wapenrusting van God aanleer
  • Ons kan sterk wees in die Here.
  • Ons moet altyd bid.

Lesgids – Die Wapenrusting van God

Lesson Walk through in English

Gesels met jou kind oor wapenrusting. Verduidelik dat soldate dit dra om hul liggame te beskerm wanneer hulle in die oorlog veg. Kyk na foto’s van verskillende soorte wapenrusting. Praat oor watter dele van ‘n persoon se liggaam die belangrikste is om te beskerm en watter materiaal die meeste gebruik word in hierdie toerusting. As jou kind ouer is, kan jy hulle vra om sommige van die voor- en nadele van die verskillende wapenrusting uit te wys (soos metaal sal swaar wees om rond te dra of leer sal nie so sterk wees nie).

Maak ‘n baksel gegeurde jellie. Laat dit styf word in óf klein houers of ‘n groot bak, wat ook al die beste sal werk om ‘n paar dik stukke jellie te hê op die einde. Sit elke stukkie op ‘n bord en sit hulle op die tafel saam met verskeie “wapens” soos tandestokkies, ‘n bottermes, of houtlepel, ens. Laat jou kind een van die jellie vorms “aanval”. Wys daarop hoe maklik die jellie deur die wapens vernietig kan word. Skep dan wapenrusting uit foelie, karton of papier. Kyk hoe goed die wapenrusting hou teen die wapens. Neem nou ‘n metaalkoppie of bak. Plaas dit bo-oor die jellie. Laat die kind toe om die jellie aan te val. Wys daarop dat die harde metaalbak ‘n ondeurdringbare wapen geskep het wat die Jellie beskerm.

Wys daarop dat ons slegs sterk kan wees in die Here en in Sy magtige krag. Vra jou kind om ‘n swaar voorwerp op te tel. Hulle kan dit nie op hulle eie doen nie. Help hulle dan om dit op te tel, en wys daarop dat met jou krag en hulle krag saam, kan hulle dinge bereik wat hulle nie op hulle eie sou kon bereik nie.

Om te leer wat die verskillende stukke van die Wapenrusting verteenwoordig, kan jy verskeie dinge doen:

  • Sit die stukke op ‘n herhaal weermag liedjie. Mars op “march” saam met jou kind, terwyl hy /sy herhaal wat jy sê, bv. Jy: “Ek sal die” ,Kind: “Ek sal die“. Jy: “volle wapenrusting van God” Kind “volle Wapenrusting van God” …
  • Gebruik koerant of ander groot stukke papier en maak papier wapenrusting vir jou kind. Versier, teken en skryf wat elke deel verteenwoordig.
  • Jy kan ‘n eenvoudige plastiek wapenrusting koop (soos ‘n kostuum) en skryf wat elke deel verteenwoordig.
  • Jy kan ‘n eenvoudige roetine uitding van hoe om jou wapernrusting aan te trek, bv: wanneer jy jou helm aansit sê; “Ek sit my helm van verlossing op my kop om kop en my gedagtes te beskerm” Vir die swaard van die Gees, kan hy/sy die Bybel optel.

Wys daarop dat God wil hê ons altyd greed moet wees om Hom te dien.

Dieselfde gedeelte sê vir ons om op alle geleenthede in die Gees te bid en smeekend voor God te kom. Verduidelik dat gebed ‘n manier is om God te vra vir hulp en om met Hom te praat.

Vra jou kind vir wie hulle vir hulp sou vra in verkillende situasies. Gee aan hulle ook ‘n verkeerde keuse, byvoorbeeld, “sou jy ‘n motorwerktuigkundige bel om jou te help om ‘n koek te bak?” Herinner hulle dat God almagtig is en kan help met enige situasie of probleem wat ons mag hê.

Lees Hebreeus 4:16. Vier en verduidelik dit aan jou kind dat God ons altyd toelaat om Hom in gebed te nader.

Die Wapenrusting van God – Storie

Speletjies en Aktiwiteite

Skep jou eie pak wapenrusting

Gebruik ou kartonbokse om ‘n pak wapenrusting vir jou kind om te omtwerp.

As jy nie tyd het om alles te maak nie, fokus net op een of twee items. Dink aan hoe ons die wapenrusting van God kan aantrek elke dag en wat elke deel verteenwoordig.

Ballon swaarde

Gebruik ‘n paar lang ballonne om swaarde te skep.

Laat kinders toe om met die swaarde te speel. Wys hoe hulle beide kan verdedig en aanval met ‘n swaard.

Praat oor hoe ‘n soldaat altyd hul swaard gereed moet hou. Deel hoe dit vir ons belangrik is om die Bybel te ken om gereed te wees vir enigiets.

Dodgeball (met skilde)

In hierdie weergawe van dodgeball voeg ons skilde by wat kinders kan gebruik om hulself te beskerm. As die bal die skild tref, is hulle nie uit nie.

As die tyd dit toelaat, speel ‘n weergawe met en sonder ‘n skild. Wys hoe dit makliker is om jouself te beskerm met die skild. Dink bietjie na oor die skild van geloof.

Werkblad

Kleur bladsye – Die Wapenrusting van God

Kunswerk – Skild van geloof

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsy (op karton vir die beste resultate)
  • Inkleur potlode/kryte,
  • Skêr
  • Gom.
  • Opsioneel (plakkers)

Wat om te doen:

  1. Kleur en versier die skild.
  2. Sny die skild en bande versigtig uit.
  3. Plak die bande aan die skild skild. Maak seker jy plak dit wyd genoeg om om jou kind se arm te pas.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This