Hierdie week begin ons die Bybellesse vir kinders deur die verhaal van die skepping wat in Genesis 1 gevind word, te bestudeer. Soos wat ons die skepping van die wêreld bestudeer, is sommige van die belangrikste punte wat ons na sal kyk:

  • God het alle lewe geskape.
  • God is in beheer van alle lewe.
  • God is kragtig en het die wêreld gemaak.
  • Ons moet God liefhê en eer.

Lesgids – God het alles gemaak

Lesson guide video in English

Maak jou Bybel oop, en vra dan jou kind waar die beste plek is om ‘n boek te begin lees. Verduidelik dat dit reg in die begin van die Bybel praat van die begin van ons wêreld.

Vra jou kind wat niks is nie. Verduidelik dat in die begin, voor die wêreld bestaan het, die wêreld donker, sonder vorm, en leeg was.  Vra jou kind of hulle al ooit iets gemaak het. Kies ‘n spesifieke projek of kunswerk wat hulle gemaak het. Praat oor hoekom hulle daarvan hou. Vra hulle om jou te vertel hoe hulle dit geskep het. Wys daarop dat hulle materiaal gebruik het om hul kunswerk te skep. Herinner hulle dat mense altyd iets nodig het om ‘n taak te begin. Ons kan nie iets van niks af maak nie. Wys daarop dat jy op die huidige oomblik jou gedagtes en mond gebruik om ‘n les aan hulle oor te dra. Wys vir hulle die Bybel en praat oor hoe dit van papier en ink gemaak is.

Praat dan van hoe God die wêreld van niks geskape het nie. Hy het bloot gepraat en alles het tot vore gekom. Vra jou kind om te probeer praat en iets te skep. Wys daarop dat God baie kragtig is om woorde te kan gebruik om die wêreld te skep.

As jy wil, kan jy die skeppings verhaal uitbeeld soos jy dit lees. Jy moet ‘n paar items insamel. Begin deur in die donker te sit. Wanneer God lig in bestaan spreek, laat jou kind ‘n flitslig aanskakel. Laat hulle ‘n waaier aanskakel wanneer God die lug van die water skei. Hou aan om eenvoudige voorstellings soos opgestopte diere of ster plakkers te gebruik om die wêreld te verteenwoordig. Soos jy voortgaan, wys uit hoeveel keer God sê die wêreld baie goed is. 

Keer terug na die kunswerk wat jy aan die begin van die les gebruik het. Wys daarop dat jou kind gekies het om die kunswerk te maak soos wat hy/sy dit gemaak het. Vra jou kind of dit dom sou wees vir die kunswerk om te kla oor ‘n bepaalde aspek van sy voorkoms of gebruik. Jy kan kies om ‘n stem te gebruik en gebruik die projek dan as ‘n pop om jou punt te maak. Herinner jou kind dat hulle as die kunswerk se maker die reg gehad het om dit te maak soos hulle kies. Wys daarop dat as ons Maker, God, die reg het om altyd in beheer te wees. Deel hoe God alles goed gemaak het!

Wys daarop dat God aan die hele skepping gesê het wat om te doen, aangesien Hy so kragtig was. Herinner jou kind dat God al die plante en diere vertel het om aan te hou om hulle soort te skep. Sê vir jou kind dat selfs na duisende jare, plante, diere, en mense nog steeds gehoorsaam is aan hierdie opdrag.

Indien moontlik, versamel ‘n klein versameling van potte gevul met potgrond en ‘n seleksie van sade. Jy kan ook kies om ‘n klein versameling vrugte of groente te versamel met sigbare sade – aarbeie, swartbessies, tamaties, ens. Praat oor hoe as jy ‘n saadjie van ‘n tamatie neem en dit plant, jy altyd ‘n tamatie sal groei. Dieselfde met die ander plante. Jy kan ook kies om ‘n paar sade te plant saam met jou kind. Vier saam dat God ‘n wonderlike en ordelike wêreld vir ons geskep het. Jy kan ‘n liedjie leer saam met jou kind waaarin julle God vier, soos “My God is so groot.”

Bid en dank God vir die wêreld wat Hy geskep het. Vra Hom om jou te help om Hom meer te verstaan wanneer jy Sy Woord bestudeer.

Storie – Dae van die skepping

Werkkaarte

Kleur bladsye

Kunswerk – Skepping borde

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This