Welkom by week drie van ons Kersles reeks. Hierdie week kyk ons na die reis na Betlehem en Jesus se geboorte in ‘n stal, omdat daar geen slaap plek in die Herberg was nie. Sommige van die belangrikste punte wat ons na sal kyk is:

  • Ons moet plek maak in ons lewens vir Jesus.
  • Jesus het die profesieë in die Ou Testament met Sy geboorte vervul.
  • Jesus het vir ‘n spesifieke doel gekom.
  • God is in beheer.

Lesgids: Jesus is Gebore

Lesson guide video in English

Verduidelik aan jou kind dat die tyd vir Jesus se geboorte gekom het. Praat oor hoe Maria en Josef nie in Betlehem gewoon het nie, en dat dit juis was waar die profesie gesê het Jesus gebore sou word. Verduidelik dat die leier van die land ‘n sensus aangekondig het, en as gevolg van die sensus wat die leier ingestel het, het Maria en Josef na Betlehem gegaan, net soos die profesieë gesê het hulle sou.

Verduidelik dat tydens ‘n sensus mense getel word sodat die regering weet hoeveel mense in hul land woon. Vertel aan jou kind dat jy ‘n sensus van hul speelgoed sal doen. Vra jou kind om die speelgoed te groeppeer saam met hul soorte/maatjies (of gebruik stene en verdeel in kleur en grootte). Nadat jou kind die speelgoed geskei het, kan jy kan saam tel om te bepaal hoeveel poppe of speelgoed motors hulle het. Doen dieselfde met ‘n paar ander kategorieë speelgoed ook. Wys daarop dat die koning sou wou weet hoeveel mense daar was en watter werk hulle gedoen het. Jy kan ook ‘n sensus van jou huishouding doen, soos om jou kind te vra hoeveel mamma’s of pappa’s, of kinders in julle huis woon. Vir ouer kinders kan jy kies om iets meer spesifiek te kry, soos die aantal mense met ‘n spesifieke oog of haarkleur, ens.

Verduidelik dat net soos jy die speelgoed geskei het, sodat hulle makliker getel kan word, wou die heerser hê al die mense moes na hulle huise gaan waar hulle families in woon om getel te word. Selfs al wou die leier wat die sensus bewerkstellig het God nie volg nie, het God die sensus gebruik om seker te maak dat Jesus gebore sou word waar Hy veronderstel was om gebore te word. Jy kan praat oor waar jou familie oorspronklik gewoon het toe jou kind gebore was, en of jy soos Maria en Josef sou reis.

Praat van verskillende werksgeleenthede in die wêreld. Jy kan bladsye inkleur, prentjies uit tydskrifte sny, of net hulle noem. Vra jou kind om te verduidelik wat elke persoon se werk is. ‘n Kelner bedien kos en drankies. ‘n Brandweerman maak vure dood. ‘n Polisieman beskerm mense, ens. Jy kan die kind vra watter loopbaan hy wil hê, en watter werk jy doen. Verduidelik dat Jesus aarde toe gekom het om ‘n spesifieke werk te doen.

Hy het gekom om die weg te voorsien vir mense om gered te word van hulle sondes.

Herinner jou kind van die ander profesieë wat ons gedurende die eerste week van die Kerslesse in die Ou Testament gelees het. Wys daarop dat Jesus al die profesieë vervul het. [NOTA: Dit is waar jy die koevert wat jy geskep het in die eerste week van die Kerslesse sal oopmaak. Lees dit saam en wys die dinge uit wat gebeur het (Dra jou kind ‘n groen hemp? Het jy wortels vir aandete?) en die ander dinge wat nie gedoen is nie]. Praat oor hoe ons net kan raai, maar God se profesieë is seker. Alles wat God gesê het by Jesus se geboorte sal gebeur, het gebeur.

Praat oor hoe die Berberg te klein was vir Maria en Josef. Jy kan kies om ‘n “hotel” te skep deur handdoeke op die vloer uit te lê. Sit een speelding in elke “kamer.” Waanneer hulle vol is, bring Maria en Josef en verduidelik dat daar geen kamers oor is vir hulle om in te slaap nie. Praat van hoe die bestuurder van die Herberg ingestem het om hulle in sy stal te laat bly. Wys op Jesus se nederigheid deur die feit dat Hy in ‘n plek soos ‘n stal gebore was. Jy kan praat oor waar jou kind gebore was, ‘n hospitaal, huis, ens. Dalk kan jy hulle later vat na die hospitaal toe waar hulle gebore was.  

Dink aan verskeie maniere hoe mense kan sê dat hulle nie genoeg ruimte vir Jesus het nie. Praat oor hoe mense vandag selfs tydens Kersfees nie Jesus deel van hulle vieringe wil maak nie. Sommige mense hou van Kersbome en geskenke, maar vergeet dat Jesus die ware rede is waarom ons Kersfees vier. Herinner jou kind dat Jesus in ons harte wil leef. Ons moet seker maak dat Jesus plek in ons lewens het. Om seker te maak dat Hy plek in jou Kersfees het, maak ‘n punt om ‘n vers te lees en iets met jou kind oor Jesus te deel in die dae wat lei tot Kersfees.

Vir die derde week van die nativiteit bou projek, voeg baba Jesus by die stel. Wys daarop dat die lang wag vir Sy aankoms verby is.

Bid en dank God dat Hy in die wêreld gekom het. Vra God om jou te help om jou hart ‘n tuiste vir Hom te maak.

Storie

Speletjies en Aktiwiteite

Vind ‘n plek om te bly

Lê ‘n aantal kaarte met hulle bokant na bo gedraai op die tafel.  Hoe meer kaarte jy gebruik, hoe moeiliker word die speletjie. Skryf “Nee” op al die kaarte behalwe een. Skryf “ja” op een kaart. Vir jongerkinders,  kan jy kleure gebruik. Rooi vir nee, groen vir ja. Neem beurte om een kaart op te tel. Die idee is om iewers te vind om te bly (Die kaart met ja). Die eerste persoon om die “ja” kaart op te tel, wen. Herrangskik die kaarte op die tafel en speel weer.

Besoek ‘n lewendige nativity

As jy ‘n lewendige nativiteit toneel het waar naby jy woon, beplan ‘n besoek saam met jou gesin. Baie kerke hou ‘n lewendige nativiteit.

Nog ‘n alternatief sou wees om ‘n plaas of stal te besoek. Terwyl jy daar is, vra jou kind om hul sintuie te gebruik. Hoe ruik dit? Wat kan hulle sien? Hoe voel die hooi ens. Vra hulle of hulle dink dit sou ‘n lekker plek wees om gebore te word.

Hou ‘n verjaarsdag partytjie

Met al die versierings en gebeure wat Kersfees omring, is dit maklik vir kinders om te vergeet dat ons Jesus se verjaarsdag vier. Hou ‘n verjaarsdag partytjie om hulle te help onthou.

Blaas balonne op, dra partytjie hoedjies, speel hul gunsteling partytjie speletjies, en eet verjaarsdag koek.

Dit help as jy normale verjaarsdag versierings gebruik eerder as Kersfees versierings. Vier Jesus se geboorte saam met Hom.

Werkbladen

Stal toneel kunswerk

Jy sal nodig hê:

  • Templaat bladsy gedruk op dik kaart
  • 7 roomys stokkies
  • Inkleur potlode
  • Gom
  • Skêr
  • Opsioneel: Lint / sterre

Wat om te doen

  1. Kleur jou naviteit toneel in
  2. Sny rondom die buite lyne
  3. Plak die roomys stokkies op of kleur dit in.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This