Inleiding:

Hierdie week sal ons lees van moontlik een van die beroemdste preke wat al ooit verkondig was.  In Mattheus 5-7 vertel Jesus vir ons hoe om te leef om God tevrede te stel.

Ons sleutels punte is:

  1. Jesus se Saligsprekinge (Matteus 5:1-12)
  2. Sout en lig (Matteus 5:13-16)
  3. Jesus leer ons hoe om goed en reg te lewe (Matteus 6-7)
  4. Die goue reël: Behandel ander op dieselfde manier waarop jy behandel wil word. (Matteus 7:12)

Lesgids:

Lees die Saligsprekinge saam (Matteus 5:1-12). Verduidelik dat hierdie die woorde van Jesus is. Vra jou kind om baie versigtig te luister na watter woorde dikwels herhaal word. Help jou kind om te dink oor die woord “geseën”. Deel hoe God ons seën en altyd na ons kyk, want  Hy is so lief vir ons, ongeag ons omstandighede.

Jy kan ook oor spesifieke voorbeelde praat van maniere waarop hulle die Saligsprekinge kan vervul soos maniere waarop ons barmhartigheid aan ander kan betoon of vredemakers kan wees.

Praat oor sout en lig. Verduidelik dat Christene sout en lig moet wees. Berei ‘n paar kosse voor wat sout nodig het, soos aartappels of ‘n ander groente. Of jou kind kan jou help kook, en jy kan hulle toelaat om die kos te proe sonder sout, en dan met sout. Wys daarop dat die sout die kos beter laat proe. Sout help ook dat kos nie vrot word nie (preserveermiddel).

Verduidelik dat Christene ook ‘n vergelyking met lig is. In ‘n donker kamer, wys daarop dat ons lig nodig het om te sien. Neem ‘n flitslig en verduidelik dat dit jou sal help om beter te kan sien. Versteek die flitslig onder van die bank kussings. Vra jou kind of hulle nou beter kan sien. Wanneer hulle nee sê, sê dat jy die lig sal beweeg. Plaas dan die flitslig onder ‘n bak. Vra of dit die kamer verlig. Hou aan die lig beweeg (of laat jou kind toe) en verduidelik dan dat die lig die beste werk wanneer dit uit is vir almal om te sien. Verduidelik dat net soos die lig gesien moet word, moet Christene lewe sodat almal die lig van Christus deur en in hulle kan sien.

Praat van maniere waarop ons Christus se lig aan ander kan wys. Praat ook van dinge wat ons kan doen wat nie Christus se lig aan ander wys nie.

Verduidelik dat Jesus ons baie dinge vertel het wat ons moet en kan doen om vir Hom te lewe. Ons moet bid, aan die behoeftiges gee, vas,ens.

Wat Jesus beveel het, kan opgesom word in twee reëls – Om God lief te hê, en ander lief te hê. Praat oor maniere waarop ons God kan liefhê. Praat oor maniere waarop ons ander kan liefhê.

Herinner jou kind dat die gedeelte ook vir ons sê om ons vyande lief te hê en om die ander wang te draai. Praat oor maniere waarop ons ons vyande kan liefhê. Herinner jou kind dat ons moet bid vir ons vyande en diegene wat verkeerde dinge aan ons doen.

Praat oor hoe Jesus vir ons gesê het om ander te behandel soos wat ons behandel wil word. Vra jou kind of hulle al ooit op ‘n manier behandel was waarvan hulle nie gehou het nie. Vra hulle of hulle al ooit iemand anders behandel het op ‘n manier waarop hulle nie behandel sou wou word nie. Verduidelik dat ons onsself altyd moet afvra, wil ek graag so behandel word?

Volg ‘n  leesplan om die hele week artikels van die bergpreek te lees. As jy in ‘n groepsinstelling gebruik, stuur die plan huistoe saam met die kinders. Onthou dit is belangrik om uit die Bybel te lees saam met ons kinders.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This