Hierdie week kyk ons na die eerste wonderwerk wat  Jesus gedoen het. Terwyl Hy die bruilof in Kana bygewoon het, het Hy water in wyn verander. Hierdie teksvers kan gelees word in Johannes 2:1-11. Sommige van die belangrikste punte wat ons na sal kyk is:

  • Wat is ‘n wonderwerk?
  • Maria vertrou Jesus om die probleem op te los (Johannes 2:3)
  • Ons moet doen wat Jesus vir ons sê (Johannes 2:5)
  • Jesus doen altyd die beste ding (Johannes 2:10)

Lesgids:

Vra jou kind wat ‘n wonderwerk is. Verduidelik dat ‘n wonderwerk iets is wat nie realisties verduidelik kan word nie, maar wat net God kan laat gebeur. Praat van hoe Jesus water in wyn verander het. Vra of dit ‘n wonderwerk was of nie? Jy kan’n paar dinge noem en jou kind vra of hulle dink dit ‘n wonderwerk was of nie.

Kry ‘n groot deerskynende beker (“jug”)en vul dit met water. Vra jou kind of hulle dink dat jy die water sap kan maak. Jy kan pret hê met hierdie en jou kind vra of hulle dink die water in sap sal verande as jy met die water praat of vir die water sing.  Trek daarna ‘n sap-mengsel (aanmaak koeldrank) uit, voeg dit by die water en roer dit. Praat oor hoe jy sap maak deur ‘n sap-mengsel te gebruik. Vra jou kind of hulle dink dit ‘n wonderwerk is. Verduidelik dat dit nie is nie. Vra dan of Jesus wat die water in wyn verander het n wonderwerk was.  Wys daarop dat Jesus nie ‘n sap-mengsel of enigiets anders gebruik het nie, maar dat Hy steeds wyn kon maak.

Praat met jou kind oor vertroue. Verduidelik dat wanneer ons iemand vertrou, ons op hulle staat maak. Praat oor tye wanneer jou kind op jou moet vertrou, soos om hulle veilig te hou terwyl julle oor die pad loop. Wys daarop dat Maria, Jesus se Ma, Jesus vertrou het om die probleem op te los by die troue in Kana. Herinner jou kind dat ons ook Jesus kan vertrou om ons probleme op te los.  Wys daarop dat as sondaars, ons ‘n Verlosser nodig het en dat Jesus ons Verlosser is. Herinner jou kind dat God hulle liefhet en vir hulle omgee. Verduidelik hoe ons al ons bekommernisse en sorge na Jesus toe kan bring en Hom vertrou om ons te help.

Speel ‘n speletjie deur ‘n blinddoek op jou kind se oë te plaas. Maak seker dat julle in ‘n oop ruimte sonder breek of gevaarlike voorwerpe speel. Sit klein items op die grond soos lekkergoed of klein speelgoed. Vertel jou kind dat hy/sy jou moet vertrou om hulle te lei na die voorwerpe toe. Verander plekke, en laat jou kind jou die keer lei. Wys uit dat selfs al kon nie een van julle iets sien nie, julle mekaar vertrou.

Praat oor hoe ons nie nodig het om blind te wees om die regte ding te doen nie, aangesien Jesus vir ons gesê het wat reg is. Vra jou kind waar Jesus vir ons sê wat reg of verkeerd is. Wys daarop dat Jesus ons altyd sal vertel om die regte ding te doen. Jy kan kies om vrae te vra met die tema van “sou Jesus sê….?” Die vrae moet iets wees soos “sou Jesus sê slaan jou sussie?” of “sou Jesus sê wees gaaf?”

Wys daarop dat ons Jesus altyd kan vertrou om die beste ding te doen.  Hy het nie net wyn gemaak nie, Hy het die beste wyn gemaak. Sit ‘n paar items of fotos uit en vra jou kind om uit te kies wat goed, beter en die beste sal wees. Byvoorbeeld, ‘n paar kos soorte, speelgoed of aktiwiteite. Bied drie opsies en vra jou kinders om hulle in orde te plaas.

Bid en dank Jesus vir Sy koms om sondaars te red. Vra Hom om jou te help om Hom te vertrou.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This