Hierdie week sal ons leer oor Koning Josia. Ons lees van sy lewe in 2 Konings 22 en 2 Kronieke 34. Sommige van die belangrikste punte wat ons na sal kyk is:

  • Jy is nie te jonk vir God om te gebruik nie.
  • Die waarde vir God se Woord. Josia bewaar God se Woord.
  • Die Skrif rolle was die hele tyd in die tempel. Ons moet ons Bybel lees, nie net een besit nie.
  • God het genade aan Josia getoon.
  • Josia was opgewonde om die Skrif met ander te deel.
This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Lesgids: Koning Josia

Begin deur jou kind te vra of hulle die name van enige konings in die Bybel kan onthou. Verduidelik dat na Koning Saul, Dawid en Salomo, daar ander konings van Israel was. Deel hoe na Salomo, die volk Israel in twee koninkryke verdeel het – Israel en Judea. Jy kan dit demonstreer deur Israel op ‘n stuk papier te skryf en dit dan in die helfte te skeur en Judea aan die nuwe kant te skryf.

Deel hoe sommige van die konings goeie konings was, en sommige slegte konings was.

Stel Josia voor. Verduidelik hoe sy pa en oupa slegte konings was, maar hy wou ‘n goeie koning wees. Vra jou kind op watter ouderdom hulle dink iemand koning moet wees. Deel dat Josia slegs 8 jaar oud was toe hy koning geword het. Probeer dink aan iemand wat jou kind ken wat 8 jaar oud is. (Let wel: terwyl 8 vir ons jonk lyk, vir jou kleuter, lyk dit dalk soos ‘n groot kind. Versterk dat Josia nog nie ‘n grootmens was nie, maar steeds ‘n kind was).

Verduidelik hoe selfs al was hy jonk, wou hy die regte ding doen en ‘n voorbeeld vir ander gestel het, daarom het hy “die God van sy vader Dawid begin soek” (2 Kronieke. 34:3) en het begin om die Tempel te herbou as ‘n plek om God te aanbid.

As jy ‘n boks of kas het wat lanklaas uitgesorteer was, nooi jou kind uit om jou te help om dit uit te sorteer. Jy kan ook ‘n voorbeeld gee van hoe ons soms vergeet van dinge / speelgoed ens. Deel hoe hulle die Skrif rolle gevind het wat vergeet en verlore was toe hulle die Tempel herbou het.

Versterk dat God se Woord die hele tyd daar was, maar  die mense het dit geïgnoreer, later daarvan vergeet en toe het dit verlore gegaan. Verduidelik hoe belangrik dit vir ons is om ons Bybels te lees en dit nie net op ons boekrak te los nie. Jy kan ‘n lekker happie op die tafel langs jou Bybel plaas. Deel hoe ons dit nie kan geniet totdat ons dit nie geproe het nie. Verduidelik hoe God sê Sy woorde is soet.

Herinner jou kind dat die Bybel God se Woord is, en wanneer ons dit lees, praat Hy met ons.

Laat jou kind in die spieël kyk en beskryf wat hulle sien. Verduidelik hoe, toe Josia die Skrif gelees het, het hy ‘n ware beeld van homself en sy nasie gesien. Deel hoe Hy mense gestuur het om die profetes, Gulda te raadpleeg.

Lees 2 Konings 22:13-20. Deel hoe God gesien het dat Josia regtig jammer was en het berou getoon het, en so belowe God om hom van Oordeel te spaar / vir hom genade te wys. Verduidelik hoe God vir ons genade deur Jesus wys wanneer ons ons bekeer. Herhaal 1 Johannes 1:9 saam met jou kind. (Hulle kan dit onthou van die Naäman Bybel kunswerk).

Deel hoe Koning Josia die Skrif liefgehad het en dit met al die mense gedeel het. Herinner jou kind hoe ons die Bybel moet liefhê, maar ook hoe ons dit met ander moet deel sodat hulle die waarheid kan ken.

Verduidelik hoe Josia gereageer het op wat hy in die Skrif gelees het en daarop ingestel het om dit te gehoorsaam en foute reg te stel. Dink aan sommige maniere waarop ons die Bybel kan gehoorsaam en sommige aksies wat ons moet neem om ons foute reg te stel. Byvoorbeeld, om jammer te sê wanneer ons iemand seermaak, netjies maak nadat ons ‘n deurmekaar gemaak het, ens.

Bid saam en dank God dat Hy met ons deur die Bybel praat en genade aan ons bewys.

Koning Josia – Storie

Speletjie en Aktiwiteite

Lees hardop

Navorsing toon dat daar ‘n afname is in die hoeveelheid ouers wat nog hardop vir hulle kinders lees, en dat kinders tog mal is daaroor. Nie net help dit jou kind se opvoedkundige ontwikkeling nie, dit is ‘n belangrike tyd vir beide ouer en kind.

Spandeer tyd om hardop saam met jou kind uit hulle Bybel te lees. Herinner hulle hoe Josia God se woord vir die mense gelees het. As jou kind begin lees, skryf ‘n paar eenvoudige geheueverse op papier vir hulle en vra hulle om dit regdeur die week op verskillende punte of plekke uit te lees.

Vind die Skrif Rol (kaart speletjie)

Herinner jou kinders hoe die skrif boekrol verlore gegaan het in die tempel met hierdie maklik om te speel speletjie. Druk ‘n prentjie van ‘n skrif boekrol uit en steek dit iewers in die kamer weg. As jou kind sukkel om dit te vind, kan jy vir hulle leidrade gee soos, warm of koud.

Boul speletjie

Jy kan koppies of ou plastiekbottels gebruik om ‘n tienpin-boul speletjie te skep. Alternatiewelik kan jy jou kind na ‘n plaaslike boulsentrum neem. Die idee is om soveel as moontlik penne met die bal om te gooi.

Herinner hulle hoe Koning Josia al die valse afgode uit die land gegooi het.

Werkkaarte

Inkleurbladsy

Kunswerk- Skrif rol geheuevers

Wat jy nodig het:

  • Stukke karton
  • 3 stukke Witpapier
  • ‘n Tee sakkie of koffie.
  • Gom
  • Lint ‘n Pen

Koning Josia

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This