Paulus was oppad na Rome om verhoor te word toe die skip waarop hy geseil het gebreuk het. God was barmhartig en het die lewens van diegene aan boord gespaar. Ons kan die storie in Handelinge 27 lees.

Sleutelpunte:

  • God is barmhartig.
  • God is in beheer.
  • God sal vir ons moed gee.

Lesgids – Paulus se Skipwrak

Lesson Walk through in English

Speel ‘n speletjie waar jy advies aan jou kinders gee. As hulle na die advies sou luister, moet hulle staan. Hulle moet gaan sit as hulle dink dit is slegte advies. Wees so spelerig soos jy wil. Byvoorbeeld, “Dit is warm buite. Jy beter jou hoed en serp dra

Het jy al ooit nie na iemand anders se advies geluister nie en toe het iets daarna verkeer geloop? Gesles oor n tyd waar dit nie wys was om nie na iemand anders se advies te luister nie.

Paulus het vir die manne aanboord gesê dat hulle nie moes begin vaar nie, of die skip sou wrak, en baie mense sou sterf. Die Romeinse offisier het nie na Paulus geluister nie. Hulle was op die boot toe ‘n massiewe storm begin het. Praat van groot storms wat jy ervaar het.  Stel jouself voor dat jy in ‘n skip op die see was toe die storm uitgebreuk het.

Selfs al het die Romeinse offisier Paulus se raad oorgesien, was God barmhartig en het Hy elke lewe op die skip gespaar. Dit was ‘n groot wonderwerk.

Kry ‘n paar tandesstokkies of klein takkies. Jy kan saam met jou kind ‘n matrose (“sailor”) skep. Kies ook ‘n boot, hetsy ‘n speelding, koppie of papierboot. Sit die tandestokkie matrose in die boot. Jy kan ‘n bad water, ‘n vloer of ‘n groot tafel gebruik om die speletjie te speel. Stoot die matrose in die boot oor die oppervlak. Roep uit, “Skipwrak!” en gooi dan die matrose op die oppervlak. Stel ‘n stophorlosie vir ‘n gekose hoeveelheid tyd, afhangende van die kind se ouderdom. Laat hulle toe om te skarrel om soveel matrose op te tel as wat hulle kan voor die tyd uit loop. Maak nie saak of jou kind slaag of nie, wys daarop dat hulle tandestokkies in hul huis optel, en die matrose was in die middel van ‘n stormagtige see.

Barmhartigheid gee nie iemand die straf wat hulle verdien nie. Praat van ‘n tyd wat jy iets gedoen het wat ‘n straf verdien het, maar iemand het dit nie vir jou gee nie. Hulle het barmhartigheid betoon.

Paulus het die moed gehad en God vertrou, selfs in die middel van die storm. Paulus het geweet dat niks buite God se beheer was nie.

Speel ‘n speletjie met die naam beheer. Plaas verskeie voorwerpe in verskeie bakke op die toonbank-water, ‘n eier, ‘n beskuitjie, ‘n wortel, suiker, ens. Vra nou jou kind om die voorwerpe een vir een op te tel en hulle in hul vuis te hou sonder om enige van die voorwerpe te laat val. Soos wat hulle elke voorwerp vashou, praat oor watter voorwerpe is maklik om te hou, watter een is moeiliker, en watter een is onmoontlik. Net soos ons nie alles in een vuis kan hou nie, kan ons nie alles in ons lewens beheer nie. Herinner hulle dat God alles kan beheer. Niks is buite Sy vermoë om vas te hou nie.

Praat oor ‘n tyd wat jy beplan het om iets te doen, maar dinge het in die pad gekom. Dit kan ‘n reis wees wanneer jou motor gebreek het. Of ‘n museum besoek het toe jy toe siek geword het en by die huis moes bly. Deel hoe ‘n storm, skipwrak en ‘n gifslang nie God se planne vir Paulus kon keer nie. Selfs al mag ons slegte dinge in die lewe ervaar, is God altyd in beheer.

Paulus se Skipwrak – Storie

Speletjies en Aktiwiteite

Boot wedrenne

Gebruik ‘n paar herwinde items om ‘n boot te maak. Jy kan ook papierbote vou.

Vul ‘n groot bak of bad met water. Voer die bote en hou ‘n wedloop deur die bote na die ander kant te blaas.

Probeer om seker te maak dat die boot nie omval nie. Die eerste boot aan die anderkant wen.

Wieg jou kind in ‘n kombers

Vind ‘n kombers wat sterk genoeg is om jou kind se gewig te hou. Met ‘n volwassene aan weerskante, laat jou kind in die middel van die kombers lê.

Tel albei kante op, sodat jou kind kan swaai in die kombers. Wieg dit stadig heen en weer. Laat jou kind dink hulle is op die see

Vra jou kind om te dink hoe dit moes gewees het vir Paulus en die ander in ‘n stormagtige see.

Haai-aanval

Plaas ‘n paar sirkels op die vloer wat eilande word. Kies een persoon om ‘n haai te wees. Die ander spelers is swemmers.

Wanneer die musiek speel, swem die kinders almal om die kamer. Wanneer die musiek stop, moet kinders veilig na ‘n eiland gaan sonder om deur ‘n haai gemerk te word. As hulle gemerk is, is hulle uit. Elke keer as die musiek stop, word een eiland verwyder.

Werkblad

Kleur bladsye

Kunswerk – Skip op see – Paulus se Skipwrak

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsy,
  • Inkleur potlode of verf,
  • Skêr
  • Halwe papierbord (sny in golfvorm),
  • Sosatie stokkie (verwyder punt),
  • Kleef band.

Wat om te doen:

  1. Kleur die templaatbladsy en ‘n papierbord in.
  2. Sny skip dele uit. Plak op ‘n houtstokkie.
  3. Maak ‘n klein gat in die papierbord en plaas ‘n stokkie in.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This