In hierdie week se les, fokus ons op die tweede boek van Koning Salomo se wysheid, die Boek van Prediker. Prediker word dikwels oorgeslaan wanneer kinders uit die Bybel onderrig word, maar dit bevat soveel wysheid vir ons op enige ouderdom. Sommige van die belangrikste dinge wat ons sal leer, is:

  • Die belangrikheid daarvan om God te onthou.
  • Jaag die korrekte dinge na.
  • Die orde wat God in Sy skepping plaas.

Prediker – Lesgids

Om te begin herinner jou kind aan wat ons tot dusver van Koning Salomo geleer het. Herinner hulle hoe Hy God vir wysheid gevra het, en hoe Hy sy wysheid met ander gedeel het.

Verduidelik aan jou kind dat Koning Salomo nie net wys was nie, maar hy was ook baie ryk en beroemd. Hy kon enigiets hê wat hy in die wêreld wou hê. Vertel hulle hoe Koning Salomo op ‘n soektog gegaan het om te vind wat hom regtig gelukkig maak en hy het oor sy ontdekkings in hierdie boek geskryf.

Vra jou kind watter dinge hulle dink hulle gelukkig sou maak? Jy kan saam met hulle ‘n lys maak.

Gebruik ‘n bietjie borrelmengsel, en blaas ‘n paar borrels (“bubbles”) in die kamer en laat jou kind dit probeer vang met hul hande. Praat oor hoe die borrels bars, die meeste borrels bars dadelik en sommiges na ‘n rukkie. Sê hoe Koning Salomo ontdek het dat dinge soos borrels is. Hy het allerhande dinge nagejaag, maar gevind dat hulle almal gebars het en hom nie lank gelukkig gehou het nie. Gee ‘n voorbeeld van iets wat jy wou hê, omdat jy gedink het dat dit jou gelukkig sou maak, maar later uitgevind het dat dit jou nie gelukkig gemaak het nie.

Praat met jou kind oor die siklusse in die natuur. Jy kan Prediker 1 as ‘n verwysing gebruik. Praat oor hoe die son opkom en weer gaan sak, praat oor die watersiklus en so aan. Dit is wonderlike onderwerpe om God se orde in die skepping te erken, asook om hulle opvoedkundige ontwikkeling te help.

Lees Prediker 3 deel dat een van die ontdekkings wat Koning Salomo gemaak het, was dat daar verskillende tye vir verskillende dinge is. Skep jou eie lys van tyd vir… en laat jou kind die teenoorgestelde invul. Byvoorbeeld: ‘n Tyd om te speel; ‘n Tyd om op te ruim; ‘n Tyd om te lawaai; ‘n Tyd om stil te wees, en so aan.

In Prediker 4:9 sê Salomo dat twee beter as een is. Dink aan sommige aktiwiteite wat jy saam kan doen of verdeel jou kinders in klein groepies. Verduidelik hoe dit makliker en meer pret is om saam te werk om dinge te doen. Sê dankie vir jou kind vir die tye wat hulle jou help.

Prediker 12 som die belangrikste lesse op wat Salomo ontdek het. Vers 1 vertel ons hoe belangrik dit is om God te onthou terwyl ons nog jonk is. Praat van maniere waarop jou kind God in hulle daaglikse lewe kan onthou. Bid voor ‘n maaltyd, gehoorsaam Hom, ensovoort.

Bid saam en vra God om jou te help om Hom te onthou in alles wat jy doen.

Prediker –  storie

Speletjies en aktiwiteite

Neem ‘n seisoenale staptog

Gaan stap buite en praat oor die veranderinge wat jy in die natuur sien. Verander die blare van kleur? Is daar neute op die bome? Bessies?

Miskien is daar nuwe blomme? Hoe voel die temperatuur. Jy kan ‘n kamera saam neem om jou bevindinge te fotografeer of items in te samel om ‘n seisoen collage met blare ens. te maak.

Versprei en versamel klippe

Dit is ‘n prettige speletjie om energie af te brand.

Laat een persoon klippe versprei rondom ‘n  sekere ruimte (Jy kan items gebruik om voor te gee om klippe te wees, of gebruik die geverfde klippe van die Dawid en Goliat les). Laat dan ‘n ander persoon die klippe so gou as moontlik in samel.

Water Siklus Bottel

Deur behulp van ‘n ou plastiek bodem bottel, teken ‘n paar wolke, die son en ‘n paar golwe met ‘n permanente merker.

Vul die bodem tot ongeveer 1/3 water of  water gemeng met blou voedselkleursel.

Maak die bottel toe en los in die son.

Neem waar hoe die son die water verhit, dit tref die bokant en val dan terug.

Verduidelik aan jou kind hoe iets soortgelyks in ons watersiklus gebeur.

Werkkaarte

Prediker – Inkleurbladsy

Klok BybelversKunswerk

Daar is ‘n tyd vir alles

Wat jy nodig sal hê:

  • Templaat op witkaart/papier
  • Inkleur potlode of kryte
  • Skêr
  • Bevestiging pen
  • Kleefband

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This