Hierdie week begin ons leer oor die dissipels wat Jesus geroep het om Hom te volg. Ons teksvers kan gelees word in Lukas 5:1-11. Sommige van die belangrikste punte wat ons na sal kyk is:

  • Inleiding tot Petrus (Simon Petrus) en Andreas.
  • Ons moet Jesus vertrou, selfs wanneer ons dink ons weet beter– het Petrus Jesus vertrou.
  • Jesus wil hê ons moet Hom moet volg.
  • Jesus roep ons om ander van Hom te vertel.

Lesgids:

Vra jou kind of hulle weet wat ‘n Dissipel/Apostel is. Verduidelik dat Jesus twaalf mans gekies het om te leer en Sy boodskap aan ander te verkondigl. Praat van Petrus, ook Simon Petrus genoem en Andreas en verduidelik dat hulle vissermanne was. Verduidelik dat hulle ‘n bestaan gemaak het deur op bote uit te gaan en nette in die water te gooi en vis te vang. As jy wil, kan jy ‘n aanlyn video kies om jou kind te wys wat vissermanne doen.

Vra jou kind of hulle al ooit probeer het om iets te doen. Praat oor hoe die vissermanne die hele nag probeer het om ‘n paar visse te vang. Dink aan hoe moeg en mismoedig hulle moes gewees het. Dink oor, of kies ‘n taak wat op jou kind se vlak is wat hulle nog nie geleer het om te doen nie. Vra hulle om dit te doen. Soos hulle probeer, wys daarop dat hulle moeg en moedeloos word, net soos die vissermanne moeg en moedeloos moes gewees het. Wys dat hulle mag stop nadat hulle misluk het. Praat oor ‘n tyd wat jy frustreerd was en wou opgee. Vra hulle of hulle weer sal wil probeer as ‘n vreemdeling vir hulle sê om weer te probeer.

Wys daarop dat alhoewel Petrus moeg was en gedink het hy het beter geweet,  het hy gekies om Jesus te vertrou. Praat van hoe ons altyd Jesus moet vertrou, maak nie saak hoe ons mag voel nie.

Verduidelik wat volg beteken. Om na iemand te gaan en te doen wat hulle doen. Speel ‘n speletjie om die leier te volg (“follow the leader”). As jy die les wil versterk ten opsigte van om iemand te volg wanneer ‘n mens nie verstaan nie, kan jy die volgende doen. Voordat die speletjie begin, kies ‘n taak (“chore”) vir jou kind om te doen wat hulle nie noodwendig geniet nie. Steek ‘n klein speelding of verrassing weg in die kas waar jou kind hulle klere wegpak byvoorbeeld.  Laat jou kind jou dan volg (“follw the leader”) om die taak te voltooi, terwyl jy hulle nader aan die verrassing lei. Wys daarop dat hulle nie die verrassing sou kry as hulle nie die leier gevolg het en die taak gedoen het waarvan hulle nie noodwendig hou nie. Verduidelik dat jy beter geweet het en hulle jou vertrou het, jou voorbeeld gevolg het en die taak voltooi het. Op dieselfde wyse moet ons Jesus vertrou, Hom volg en doen wat Hy vir ons sê om te doen.

Praat met jou kind oor goeie nuus. Jy mag die verrassing wat hulle pas ontvang het as ‘n voorbeeld gebruik of iets anders kies waaroor jou kind opgewonde is. Dink oor hoe mense altyd goeie nuus met ander wil deel. Julle kan selfs dink aan die verkeie maniere waarop mense goeie nuus soos hulle troue aankondigings of foto’s van hulle nuwe babas met ander deel. Vra jou kind of hulle iets opwindend ‘n geheim sal wil hou, en of dit vir hulle moeilik of maklik sou wees om dit te doen?

Jy kan dit versterk deur ‘n verrassing te skep vir iemand wat jou kind liefhet, soos om hul ouer se gunsteling-koek of Ouma of Oupa se gunsteling-poeding te maak. Praat oor hoe opgewonde hulle geliefde sal wees deur die verrassing. Indien moontlik maak dan die koek, poeding, of ander verrassing.

Vra jou kind of dit beter is om die persoon oor die verrassing te vertel sodat hulle dit kan geniet en of hulle dit eerder moet wegsteek, sodat die persoon nooit daarvan uitvind nie.

Wys daarop dat ons in besit is van baie goeie nuus. Ons weet dat Jesus in die wêreld gekom het om sondaars te red. Herinner jou kind dat ons almal hierdie opwindende nuus moet vertel aan die mense.

Bid en dank Jesus dat ons Hom kan vertrou. Vra Hom om jou te help om Hom altyd te volg.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This