Verlede week het ons die les van Daniël en sy vriende bestudeer wat vir God opgestaan het. In hierdie week se les kyk ons na Daniel in die Leeukuil. Die Bybelteks word in Daniël 6 gevind. Die belangrikste punte waarop ons sal fokus is:

  • Soms sal mense probeer om ons te bedrieg omdat ons God liefhet.
  • Ons moet getrou in gebed wees.
  • God is altyd in staat om ons te beskerm.

Daniël en die Leeukuil – Lesgids

Herinner jou kind aan verlede week se les. Praat van hoe Daniël en Sy vriende vir God gestaan het. Verduidelik dat God by Daniël was gedurende sy hele lewe. Herinner jou kind dat God nooit Sy kinders sal vergeet of verlaat nie.

Verduidelik aan jou kind dat gebed beteken om met God te praat. Gesels oor mense met wie hulle geniet om te praat. Dink aan die mense wie jy liefhet, en waaroor jy met julle praat. Wys daarop dat Daniël God liefgehad het, daarom wou hy met Hom praat.

Praat van hoe die bose manne jaloers was op Daniël en so die koning bedrieg  het om ‘n wet te maak sodat Daniël nie langer toegelaat sou word om tot God te bid nie. Vra jou kind of hulle gelukkig sou wees as iemand vir hulle gesê het hulle kan nooit weer met jou of iemand anders praat wat hulle liefhet nie. Herinner jou kind dat God bly is wanneer ons bid, en Daniël het gekies om God te gehoorsaam eerder as die mens. Lees Handelinge 5:29 saam en indien moontlik, memoriseer dit. Jy mag ook begin om jou kind die Here se Gebed te leer as ‘n voorbeeld van hoe om te bid.

Praat van maniere waarop ons kan bid. Verduidelik hoe ons hardop of in ons koppe kan bid. Wys daarop dat God ons gedagtes kan hoor. Jy kan ‘n speletjie “I-spy” saam met jou kind speel. Soos jy óf jou kind dink (of versuim om te raai)  aa verskillende items, herinner jou kind dat God ons gedagtes ken en gebede kan hoor, selfs al sê ons dit in ons koppe.  God hoef nie te raai wat ons dink nie. Praat van hoe sommige mense gebede skryf of teken.

Praat van hoe bose mense Daniël wou bedrieg en hom laat kies het tussen gehoorsaamheid aan die mens of gehoorsaamheid aan God. Herinner jou kind dat as ons moet kies tussen om God of mens te gehoorsaam, moet ons God altyd gehoorsaam. 

Indien moontlik, neem jou kind na ‘n dam waar daar eende is of ‘n dieretuin met troeteldiere. Jy kan gesnyde groente,vrugte, hawer ens na die dam neem, of jy kan dierekos koop by die troeteldier dieretuin. (Maak seker dat jy plaaslike wette volg en vermy om diere enigiets  te voed wat hulle kan benadeel). As jy die voëls, vis of ander diere voed, wys uit hoe gretig hulle is om die kos te eet. Praat oor hoe honger die diere is vir die kos wat jy hulle bied. Praat van mense wat eet wanneer hulle honger is.

Vra jou kind of hulle hul gunsteling kos sou wegwys as hulle honger was. Herinner jou kind daaraan dat die leeus honger was, maar dat God hulle monde toegemaak het en hulle nie laat eet het nie.

Dink na oor hoe God Daniël van die Leeus gered het en hoe Jesus gekom het om ons van ons sondes te red.

Prys God saam dat niks buite Sy beheer is nie.  Bid saam met jou kind en dank God dat Hy in beheer is. Vra Hom om hulp om God altyd te gehoorsaam eerder as die mens.

Daniël en die Leeukuil – Storie

Speletjies en aktiwiteite

Slapende Leeus

Dit is ‘n klassieke speletjie wat jou kinders waarskynlik reeds sal ken. Almal (behalwe een of twee jagters) gaan lê op die vloer in slaapposisies. Sodra die speletjie begin mag die leeus nie beweeg nie. Die jagter moet in die kamer rondloop en probeer om ‘n bewegende leeu te sien. Hulle kan grappies, snaakse geluide of aksies maak om ‘n leeu te probeer laat lag. As die leeu beweeg, word hulle ook ‘n jagter.

Brul soos ‘n Leeu

Een persoon staar na ‘n muur. Almal anders staan iewers in die kamer agter hulle.

Die mense agter neem beurte om soos ‘n leeu te brul. Die persoon wat vir die muur staar moet probeer raai wie soos ‘n leeu brul.

Gebeds-emmers

Verander ‘n groot houer in ‘n mini gebeds-emmer. Laat jou kind iemand teken of iets skryf op ‘n vierkantige stuk papier waarvoor hulle wil bid. Nadat hulle die persoon of ding waarvoor hulle wil bid, geteken of geskryf het, laat hulle dit in die gebedsemmer laat val.

Probeer laat jou kind drie keer per dag items uit die emmer trek om voor te bid. ‘n Maklike manier sou wees, ontbyt, etenstyd en voor slaaptyd. Vir meer kreatiewe gebed idees besoek ons blog post: https://truewaykids.com/5-creative-prayer-ideas-for-preschoolers/  (Engels)

Werkkaarte

Daniël en die Leeukuil – Inkleurbladsy

Kunswerk – Leeumasker

Lion mask - Easy Bible craft for kids. Daniel and the Lions den craft for kids - FREE template

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsy op wit papier gedruk
  • Stroke oranje en geel papier.
  • Skêr
  • Gom
  • Inkleur potlode
  • Roomys stokkie

Kunswerk – Daniël het drie keer per dag gebid.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This