Ons storie fokus hierdie week op Elisa en die byl wat dryf.  Jy kan die storie lees in 2 Konings 6:1-7. Die belangrikste punte waarop ons sal fokus, is:

  • God gee om vir elke deel van ons lewens.
  • Ons moet moou kyk na die dinge wat ons leen.
  • Dit is goed om nederig te wees en om ander te help wanneer hulp vra.
  • God gee vir ons mense om ons te help leer.
This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Lesgids – Die Byl wat Dryf

Herinner die kind dat Elisa ‘n profeet was wat God se boodskap aan Sy mense oorgedra het. Dink na oor wat ons in die verlede van Elisa geleer het. Deel hoe ander mense opgemerk het dat Elisa ‘n spesiale verhouding met God gehad het en daarom by hom gaan leer het.

Dink aan die mense wat God vir ons gee om meer oor Hom te leer. Ouers, Grootouers, Pastore, Sondagskool onderwysers en so aan. Praat oor hoe dit vir ons belangrik is om van ander te leer. Verduidelik hoe mense Jesus “Rabbi” genoem het, wat leraar beteken. Herinner jou kind dat Jesus die beste leraar van almal is.

Deel hoe meer en meer mense by Elisa kom leer het. Wys daarop dat dit Elisa trots gemaak het. Praat oor hoe ons soms kan dink dat ons belangriker is as wat ons is. Hoe ons soms kan dink ons is te belangrik vir ‘n sekere werksgeleentheid. Bespreek hoe Elisa ‘n verskoning kon gemaak het om nie die man te help wat die bylkop verloor het nie, maar hy het nie.

Dink aan ‘n tyd toe jy of jou kind versuim het om iemand te help en ‘n tyd toe jy wel iemand gehelp het. Bespreek maniere waarop jy mense kan help. Dink aan ‘n paar take wat dalk nie pret of aangenaam  is nie (bv. die asblik uitgooi, die tafel afdek, ens.). Deel hoe Jesus die perfekte voorbeeld is om vir ander om te sien. Verduidelik dat alhoewel Hy God is, het Hy na die aarde gekom as mens om ons te help.

Verduidelik dat leen beteken om iemand anders se besittings met hul toestemming te gebruik eb weer terug te gee. Praat oor hoe ons versigtig moet wees met ander mense se besittings. Bespreek items waarna ons moet omsien. Jy kan praat oor meer tasbare items soos speelgoed of gereedskap, maar bespreek ook God se boodskap en wys daarop dat ons God se waarheid moet oppas.

Neem jou kind na die kerk biblioteek of openbare biblioteek en kies ‘n boek uit. Herinner die kind om na die boek om te sien,  aangesien dit net geleen word.

Wys daarop dat toe die byl in die water geval het, die man om hulp gevra het. Herinner die kind dat dit altyd reg is om hulp van God en betroubare mense te vra. Praat oor hoe swaar ‘n bylkop sou wees. Vul ‘n bak met water. Gebruik ‘n klip of ander swaar voorwerp om die bylkop te verteenwoordig. Gee aan die kind ‘n stok en sê vir hulle om dit in die water te gooi. Vra hulle of hulle dink die klip sal dryf f sink. Verwonder jou aan God se wonderwerk om die bylkop vir Elisa te laat dryf.

Wys daarop dat ‘n verlore bylkop soos ‘n klein dingetjie mag lyk, maar dat God genoeg omgee om ‘n wonderwerk te doen om dit aan die man terug te gee. Ons praat dikwels met ons kinders oor hoe niks te groot vir God is nie, maar ons moet ook onthou dat niks te klein vir Hom is nie. Dink aan tye wanneer jy God om hulp kan vra. Bespreek ook met die kind of daar ooit iets te onbelangrik is om met God oor te praat.

Lees Psalm 55:22 saam. Bid saam en dank God vir Sy sorg en vra Hom om jou te help om altyd gereed te wees om ander te help.

Die Byl wat Dryf – Storie

Speletjies en aktiwiteite

Besoek ‘n plaaslike Biblioteek

Biblioteek is ‘n ongelooflike seën en iets wat ons dikwels moet gebruik. Lees help jou kind met sy/haar ontwikkeling. Biblioteke stel ons in staat om ons kinders aan te moedig om te lees sonder om ons begroting te breek.

Die meeste biblioteke het kinderlidmaatskap. Laat jou kind na die kaart om sien en herinner hulle aan die belangrikheid daarvan om na die boek om te sien. Herinner hulle daaraan dat dit belangrik is om na die dinge wat ons leen, om te sien. Besin oor 2 Konings 6.

Wasbak en dryf

Ons kan nie die les oor die Byl wat Dryf doen sonder ‘n wasbak of dryf aktiwiteit nie. Dit maak nie saak hoeveel keer ons dit doen nie, ons seun is mal daaroor.

Vind ‘n paar alledaagse voorwerpe. Vul ‘n bak of bad met water. Laat jou kind toe om die voorwerp in hul hand te voel en dan te raai dan of dit in die water sal sink of dryf. Maak seker jy het ‘n paar metaalvoorwerpe. Yster werk goed (maar wees versigtig om nie die bad te beskadig nie). Praat oor hoe onmoontlik dit was vir die byl kop om na die bokant van die rivier te dryf. Herinner jou kind dat God die onmoontlike doen.

Verken buite vir klein dingetjies

Neem ‘n stap tog buite (ideaal met ‘n vergrootglas) en kyk vir klein dingetjies. Jy kan byvoorbeeld ‘n voorwerp saam met jou neem, soek klein goedjies soos munstukke of groter items soos ‘n bousteen. Praat oor hoe ons dikwels die klein dingetjies kan mis as ons nie baie aandag daaraan skenk nie. Praat oor hoe God omgee vir elke klein dingetjie van ons lewens en dat daar is niks te klein vir Hom is nie.

Werkkaarte

Inkleurbladsy

Kunswerk

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This