In hierdie les leer ons steeds oor Adam en Eva. Ons sal in hierdie les leer hoe hulle aan God ongehoorsaam was. Ons Bybelgedeelte word gevind in Genesis 3. Sommige van die belangrikste punte wat ons sal leer is:

  • Ons moet God gehoorsaam.
  • Daar is gevolge vir ons slegte keuses.
  • God het ons lief selfs wanneer ons verkeerde dinge doen.

Lesgids – Die oortreding van God se verbod

Lesson guide video in English

Hersien wat ons reeds oor die skepping geleer het. Besin oor hoe die tuin van Eden perfek was, en Adam en Eva gelukkig was. Deel hoe hulle ‘n verhouding met God geniet het.

Lees Genesis hoofstuk 3 uit jou kind se Bybel.

‘n Belangrike deel van hierdie week se les gaan daaroor om keuses te maak. Ouer kinders sal automaties bevraagteken waarom God toegelaat het dat Adam en Eva die vrug eet of waarom Hy die boom in die tuin in die eerste plek geplaas het. Dit gee ons die geleentheid om met ons kinders te praat oor keuses en vrye wil.

As jou kind ‘n afstand-beheer speelding het, laat hulle met hom speel.  Lewer kommentaar hoe die karretjie of speelding op die afstandbeheerder reageer. Verken jou huis vir dinge met skakelaars. Watter kind (of grootmens) hou nie daarvan om knoppies te druk nie? Ligskakelaars, TV afstand beheer, rekenaars, speelgoed, ens. Gesels weer oor hoe om ‘n knoppie te druk, dit die item laat werk.

Jy kan nou die idee van vrye wil bekend stel. Sê dat God ons nie soos ‘n robot gemaak het om  Hom lief te hê of Hom te gehoorsaam nie. Hy wil hê ons moet Hom liefhê en Hom gehoorsaam omdat ons wil. Hy het vir Adam en Eva ‘n keuse gegee, hulle kon alles behalwe die vrug van een boom eet en God gehoorsaam, of hulle kon die vrug eet en kies om God nie te gehoorsaam nie. Stel die woord ‘sonde’ bekend. Verduidelik dat wanneer ons dinge doen wat God nie wil hê ons moet doen nie, ons dit sonde noem.

Gee aan jou kind ‘n paar situasies en vra hulle om te kies wat is ‘n goeie keuse en wat is ‘n slegte keuse sal wees. Byvoorbeeld; As jy iets breek, is dit goed om: A) dit weg te steek; of B) vertel ‘n grootmens. As iemand  ‘n speelding het wat jy gaarg wil he; A) neem dit of B) wag vir jou beurt, ens. Verduidelik dat ons belangrikste keuse om te maak is : Om God lief te hê.

Wys dat daar gevolge vir ons optrede is. Alles wat ons doen, sal ‘n goeie of slegte gevolg hê. Doen ‘n paar oorsaak en effek/gevolg aktiwiteite met jou kind.

Deel hoe selfs al het God Adam en Eva gedissiplineer vir hulle ongehoorsaamheid, het Hy nie ophou hulle lief hê nie. Hy het vir hulle voorsien en ‘n manier belowe om mense weer te red.

Verduidelik hoe Jesus gekom het om ons verhouding met God te herstel.

Storie – Die oortreding van God se verbod

Werkkaarte

Kleur bladsye – Die oortreding van God se verbod

Boom Kunswerk

Wat jy sal nodig hê:

  • 1 Karton buis,
  • Dik wit karton
  • Merkers, potlode of verf
  • 1 pyp skoonmaaker
  • Kleur papier
  • Gom

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This