In hierdie les sal ons voortgaan om Jesus se gelykenisse van verlore dinge te ondersoek deur op die verlore seun in Lukas 15:11-32 te fokus.

Sommige van ons belangrikste punte is:

  • God is vol genade
  • Ons almal het verlossing nodig
  • Ons kan altyd na God terugkeer

Lesgids

Herinner jou kinders dat hierdie storie ‘n gelykenis was wat Jesus aan die mense vertel het om aan ons ‘n paar belangrike lesse te leer.

Stel die drie hoofkarakters bekend. Dit sal help om die prentjies van hierdie les vooraf te druk en uit te sny of om sagte speelgoed te kies om die karakters voor te stel. Kies een vir die vader en twee ander om die seuns te verteenwoordig.

Deel hoe die vader sy seuns baie liefgehad het. Tel die ouer broer op en deel hoe hy ‘n uitstekende  seun was. Hy het die reëls gehoorsaam,  hardgewerk, sy vader gerespekteer, ensovoorts . Vra jou kind om nog iets te noem wat goed is wat kinders kan doen.

Tel dan die jonger seun op. Verduidelik dat hy selfsugtig was en nie omgee het oor ander nie. Vra jou kind  om ‘n paar  selfsugtige dinge te noem. Wys hoe die jonger seun sy pa gevra het om hom die helfte van alles te gee wat hy besit het, sodat hy kon doen wat hy wou en nooit sy familie weer sien nie. Dink aan hoe dit die Vaderlaat voel het?

Beweeg die jonger seun weg van sy familie af en lees Lukas 15:13. Verduidelik hoe hy al die goeie dinge wat sy vader hom gegee het, geneem het en begin het om hulle te mors. Praat oor hoe ons dinge mors. Deel hoe hy gedink het hy kon geluk koop. Vra jou kind watter dinge hulle sal koop om hulle gelukkig te maak?

Verduidelik aan jou kind dat kort daarna die jonger seun al sy geld spandeer het en nie kos gehad het om te eet nie. Hy het ‘n werk gekry waar hy varke moes voed. Hy was so honger dat hy die varke se kos wou eet. As jy tyd het, plaas ‘n paar kombuis oorskiet in ‘n bak en vra jou kinders of hulle graag dit vir middagete wil eet.

Lees Lukas 15:17. Deel hoe “hy na sy sinne gekom het” en besluit het dat hy terug sou keer na sy vader toe en vir hom jammer sê. Hier is ‘n goeie tyd vir jou om ‘n getuienis met jou kinders te deel. Dit kan jou eie of iemand wees wat jy ken. Deel wanneer en hoe jy tot jou sinne gekom het en terug gekeer het na God toe.

Vra jou kind hoe hulle voel wanneer hulle jammer moet sê ? Bang dat hulle verwerp sal word? Skaam oor wat hulle gedoen het?

Lees Lukas 15:20-25. Beweeg die karakters om aan te dui hoe die seun terug keer na sy vader toe en hoe sy vader hardloop om hom terug te verwelkom.  Herinner jou kinders dat Jesus ons leer hoe God reageer wanneer ons na hom terugkeer. Deel hoe God genadig en geduldig is teenoor almal van ons. Ons kan altyd bekeer en en na God toe terugkeer.

Stel weer die ouer broer voor en vra watter broer jou kind dink Jesus wil hê ons moet kopieer? Lees Lukas 15:25-32 en deel hoe die ouer broer jaloers was en gedink het dat hy meer liefde verdien.

Verduidelik dat die twee broers baie anders was maar ook baie in gemeen gehad het. Beide het gesondig en moes jammer sê vir hul vader . Deel hoe Jesus hierdie gelykenis vertel het om te wys dat  almal vergifnis nodig het. Selfs al doen ons goeie dinge aan die buitekant,  gee God om oor hoe ons aan die binnekant lyk.

Bid saam en dank God vir sy wonderlike genade.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This