Handelinge 8:26-40 vertel ons hoe God Filippus na ‘n hoë geplaaste Ethiopiese amptenaar gelei het om hom te help om die Evangelie te verstaan. Dit herinner ons dat ons altyd gereed moet wees om Jesus met ander te deel.

Sleutelpunte:

  • Die Ou Testament wys na Christus.
  • God lei ons na mense om hulle te help om die Bybel te verstaan.
  • Verlossing bring blydskap.

Lesgids – Filippus en die Ethiopiër

Lesson Walk through in English

Herinner jou kind dat Filippus ‘n gerespekteerde en getroue man was. Hy  was een van die eerste  sewe deakens wat gekies is om die apostels te help. Filippus het begin deur kos aan weduwees te gee, maar het later die Woord in Samaría verkondig– waar baie in Jesus geglo het. God het hom toe na ‘n stil woestynpad gelei. Praat oor hoe ons God moet dien waar Hy ons ook al lei.

Stel die Ethiopiër bekend. Deel dat hy ‘n  baie belangrike en betroubare dienaar van die Koningin  was en ” ‘n belangrike amptenaar, wat in beheer was van al die skatte. “

Verduidelik dat hy ‘n Ethiopiër was oppad huistoe van Jerusalem af en om die tyd verby te kry besluit het om die Ou Testament vir ‘n slag te lees. Dink aan speletjies of aktiwiteite wat jy graag met jou kinders wil speel tydens ‘n lang motor, bus of vliegtuig reis. Byvoorbeelds, speel ‘’Eye spy”,  “Twintig Vrae”  of luister na ‘n storie.  

Vra jou kind of hulle die twee dele van die Bybel onthou. Een deel word die Ou Testament genoem, en die ander word die Nuwe Testament genoem. Vra jou kind wie hulle dink die belangrikste persoon in die Bybel is. Praat oor hoe Jesus die weg en die waarheid is, Hy is ons verlosser en die middelpunt van die Bybel. Sonder Hom kan ons nie gered word van ons sondes nie. Noem sommige Bybelverhale. Vra jou kind of hulle vir jou kan sê of hulle in die Ou of Nuwe Testamente gevind word.

Baie Ou Testament stories is soos vaag foto’s van Christus en Sy koms. Die Ethiopiër het ‘n Ou Testament gedeelte gelees wat van Christus gepraat het, maar aangesien die Ethiopiese man nie van Jesus geweet het nie, het hy nie verstaan wat daardie teks gedeeltes bedoel het nie.

Kies ‘n paar foto’s van mense uit ‘n tydskrif. Teken stok mannetjies op papier met genoeg “detail” om die foto’s te verteenwoordig. Bv. as die foto van ‘n man is met ‘n rooi hemp, teken ‘n stok mannetjie met ‘n rooi hemp en geen ander besonderhede (Kies fotos op so ‘n manier dat hulle almal verskil). Speel ‘n ooreenstemmende speletjie met jou kind. Verduidelik dat selfs al is die prentjie nie ‘n goeie tekening nie, ons nogsteeds kan sien dat dit is ‘n voorstelling van die man is. Op dieselfde wyse, is sommige Ou Testament stories soos vaag foto’s van Jesus. Byvoorbeeld, die Ark het mense van die dood in die vloed gered, net soos Jesus mense red wat op Hom vertrou vir ewige lewe. Mense het bloed op die deure van hulle huise geplaas tydens die tien plae om diegene binne die huis te red. Op dieselfde wyse, het ons Jesus se bloed nodig om ons harte te reinig en om ons te red. Bespreek ‘n paar ander Bybelverhale wat soortgelyk is. 

Die Ethiopiese man wou meer van die Bybel verstaan. Filippus het dit aan hom verduidelik, en die man het in Jesus begin glo en wou so gou as moontlik gedoop word.

Vra jou kind wat die beste ding is om te doen as hulle nie iets verstaan nie.  Deel hoe God vir ons ouers, grootouers, pastore en onderwysers  gee om ons te help om die Bybel te verstaan. Ons moet nooit skaam wees om te vra wanneer ons nie iets verstaan nie.

Die Ethiopiër het gejuig oor sy verlossing. Selfs al het Filippus verdwyn, was God met hom. Ons kan altyd juig dat God met Sy mense is. Lees Filippense 4:4. Jy kan kies om die vers te memoriseer of selfs saam musiek stel.

Bid en dank God dat Hy met Sy mense is. Vra Hom om jou te help om Hom meer en meer te verstaan.

Filippus en die Ethiopiër – Storie

Speletjies en aktiwiteite

Reis Speletjies

Speel ‘n paar klassieke reis speletjies. Jy kan óf ‘n regte reis gaan of ‘n voorgee motor, bus,  of vliegtuig skep om binne in te sit.

Sommige idees is ‘Eye Spy; ‘Groei daardie storie’ (waar elke persoon tien woorde kan sê, voordat die volgende persoon die storie oorneem).  Gaan op ‘n uitstappie gehue speletjie (Een persoon begin die spel met “Ek gaan op ‘n reis en ek gaan …. pak”, elke speler moet by die lys voeg). Of jou gesin se gunsteling speletjie.

Praat oor hoe die Ethiopiër besluit het om die Woord op sy lang reis te lees.

Wa wedren

Sny ‘n gat in ‘n karton boks groot genoeg vir ‘n sagte speelding. Heg ‘n string aan die karton boks. Dit sal ‘n wa word. Besluit op ‘n begin en eindstreep en laat jou kinders wedrenne hou deur die waens te trek. As die sagte speelding uit val, moet hulle stop en die sagte speelding terug sit voordat hulle kan voortgaan. Jy kan ook hierdie week se kunswerk gebruik.

Kom meer te wete oor Ethiopië

Help jou kind om ‘n paar feite oor Ethiopië te leer. Vind waar Ethiopië op ‘n kaart is. Kyk na ‘n paar foto’s en video’s aanlyn of in ‘n boek. Watter kos is algemeen daar? Hoe sê jy ‘n paar eenvoudige woorde? Hallo  =  Selam. Watter diere woon in Ethiopië?

Hierdie help kinders om meer konteks te kry oor wie die Ethiopiër was en sy reis.

Werkblad

Kleur bladsye – Filippus en die Ethiopiër

Kunswerk – Stryd

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsye (op karton vir die beste resultate)
  • 2 Karton buisies
  • String
  • Inkleur potlode
  • Skêr
  • Gom

Wat om te doen:

  1. Kleur die templaat bladsy in.
  2. Sny dele uit. Plak die wa saam.
  3. Plak een persoon op elke karton buis. Heg string aan die voorkant van die wa.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This