In hierdie les gaan ons leer oor Jesus se lewe toe Hy ‘n seuntjie was. Die Bybel praat nie baie van Sy lewe tussen Sy geboorte en bediening nie, maar daar is een gedeelte in Lukas 2:41-52 wat daarvan praat.

Sommige van die belangrikste punte waarna ons gaan kyk is:

  • Jesus het mens geword en gegroei net soos ons.
  • Jesus het God se Woord en God se huis liefgehad.
  • Ons moet versigtig wees om Jesus nie te vergeet nie.

Lesgids

Begin hierdie week se les, deur te dink aan sommige van die dinge wat ons alreeds geleer het. Vra jou kind of hulle kan onthou waar Jesus gebore is? Bethlehem. Deel met hulle hoe Jesus vir ‘n rukkie in Egipte gebly het om weg te kruip vir koning Herodus. Daarna het Josef, Maria en Jesus teruggekeer Nasaret toe. Verduidelik aan hulle hoe Jesus soos ‘n normale persoon gelewe het net soos ons. Hy sou ontbyt, middagete en aandete geëet het. Deel hoe Maria en Josef ook ander kinders gehad het. Jesus het groot geword in ‘n normale familie. Verduidelik hoe Jesus in ‘n sinagoge skool bygewoon het en daar van die Ou Testament geleer het.

Lees Lukas 2:40. Praat oor hoe Jesus gegroei het: 1) Hy het in wysheid gegroei. Hy het dinge by die skool geleer, die sinagoge (kerk) en van ander. 2) Hy het fisies gegroei. Hy het goed geëet en fiks gebly sodat Hy groot en sterk kon word. 3) Hy het geestelik gegroei. Hy het die Bybel geleer, gebid en God liefgehad. 4) Hy het sosiaal ook gegroei. Hy het vriende gemaak en ander behandel op dieselfde manier waarop Hy behandel wou word.

Deel met jou kinders hoe ons ook in hierdie gebiede moet groei. Gee voorbeelde van maniere waarop ons in hierdie gebiede kan of reeds gegroei het. Probeer om ‘n paar ou fotos of kleding stukke van jou kind te vind om hulle te herinner hoe hulle fisies gegroei het. Gee hulle ‘n paar eenvoudige take om te doen, soos om self te eet, herinner hulle hoe hulle dit nie kon doen toe hulle ‘n baba was nie.

Deel met hulle hoe Jesus op die ouderdom van 12 jaar saam met sy familie na Jerusalem gegaan het om die Pasga te vier. Let wel: vir voorskoolse kinders is 12 jaar groot. Hulle mag moontlik nie aan 12 jariges dink as ‘n kind nie. Probeer om aan iemand te dink wat jy ken wat 12 jaar oud is. As jy by die kerk is, miskien kan jy ‘n kind wat 12 jaar oud is vra om in jou klas in te kom.

Praat oor hoe die Wet vereis het dat die mense die Pasga en ander feeste vier. Gesels oor die Pasga en hoe God Sy volk uit Egipte gered het. Dink aan sommige feeste wat ons vier en wat hulle ons van God leer. Kersfees, Paasfees, Pinkster ens.

Deel met jou kind hoe oppad terug van Jerusalem af, Maria en Josef opgemerk het dat Jesus vermis was. Jy kan ‘n storie deel oor ‘n fiktiewe karakter wat weg geraak het in ‘n supermark. Dink aan die emosies van beide die kind en die ouer. Praat oor hoe dit altyd belangrik is dat ons naby aan ons ouers bly en hulle hande in besige plekke vashou sodat ons nie verlore raak nie.

Dink oor ‘n paar keer wat ons dalk vergeet het van Jesus. Miskien wanneer ons iets sleg doen en weet Jesus sal nie daarvan hou nie, of omdat ons vergeet het om te bid en te dink oor wat eer aan Hom sal bring.

Praat van hoe Maria en Josef oral na Jesus gesoek het, en hulle Hom in die tempel gekry het, besig om die onderwysers (geleerdes) te onderrig. Deel dat selfs al was Hy jonk, was Hy lief vir die Bybel en wou Hy daaroor praat en dit deel met ander. Vertel jou kind hoe lief jy daarvoor is wanneer hulle iets wat hulle uit die Bybel geleer het met jou deel.

Deel hoe Jesus teruggekeer het huis toe saam met Maria en Josef. Jesus het geweet hoe belangrik dit was om Sy ouers te gehoorsaam en te respekteer.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This