Hierdie week kyk ons na die versoeking van Jesus, wat direk na Sy doop gebeur het. Die teksvers kan gevind word in Matteus 4:1-11 en Hebreërs 4:15. Sommige van die belangrikste punte wat ons na sal kyk is:

  • Jesus het ten volle mens geword en moes teen sonde veg net soos ons (Heb 4:15)
  • Jesus verstaan ons omdat Hy soos ons geword het. (Heb 4:15)
  • Jesus het nooit gesondig nie. (Matteus 4:10).
  • Jesus het die Bybel geken en dit gehoorsaam. (Matteus 4:4)

Lesgids:

Herinner jou kind van Jesus se doop. Praat oor hoe Jesus in die woestyn ingegaan het nadat Hy gedoop was. Vra jou kind of hulle weet wat ‘n woestyn is. Julle kan beurte maak om dinge eie aan woestyne te noem, bv. wat woestyne is (warm) en wat woestyne nie is nie (gevul met plante). Vra jou kind of hulle dink ‘n woestyn sal ‘n gemaklike plek wees om 40 dae in te spandeer.

Praat met jou kind oor versoeking. Wys uit dat versoeking die begeerte is om iets verkeerds te doen. Vra jou kind of hulle al ooit in versoeking was. Miskien het hulle iets gebreek en’n leuen vertel om nie in die moeilikheid te kom nie. Miskien het hulle ‘n lekker geneem sonder om jou te vra. Vra jou kind of hulle onthou hoe hulle gevoel het voordat hulle hierdie dinge gepleeg het. Wys daarop dat versoeking moeilik kan wees om te weerstaan. Vra of hulle dink dat dit vir hulle moeiliker sou wees om ‘n lekker te neem as hulle sopas koek geëet het, of sou dit vir hulle moeiliker gewees om ‘n lekker te neem as hulle baie honger was. Jy kan voortgaan deur ‘n lys van tye te maak van wanneer dit  óf makliker of moeiliker sal wees om versoeking te weerstaan. Verduidelik dan vir hulle dat Jesus nie geëet het vir 40 dae nie. Vra jou kind of hulle al ooit honger was. Veruidelik aan jou kind dat Jesus baie honger moes gewees het en hoe die duiwel voedsel aan Jesus gebied het– maar Jesus het nee gesê. Hy het versoeking weerstaan.

Praat van hoe die duiwel Jesus drie keer versoek het, maar Jesus het sy versoekings weerstaan. Vra wat Jesus gedoen het om versoeking te weerstaan. Indien nodig, help jou kind om sin te maak hoe Jesus elke keer ‘n skrif gedeelte aangehaal het om versoeking te weerstaan. Verduidelik weer aan jou kind hoe Jesus nooit gesondig het nie.

Vind n teksvers in die Bybel wat jou kind sal help met iets waarmee hulle sukkel. Byvoorbeeld, verse oor vrees, liefde, gehoorsaamheid, om nie te steel nie, ens. Jy kan een vers kies om te memoriseer of jy en jou kind kan aan ‘n paar verse werk. Dit kan ‘n geleentheid wees om jou kind te help om Bybel verse te begin memoriseer. Verduidelik aan jou kind hoe dit vir Jesus nodig was om die Bybel te ken, sodat Hy versoeking kon weerstaan en God gehoorsaam.

Om te illustreer, speel ‘n speletjie. Vertel jou kind dat wanneer hulle ‘n reël volg wat jy vir hom/haar gestel het, hulle ‘n prys sal kry. Sê:  “Hierdie is die reël wat jy moet volg”. Dan sê jy niks verder nie. Die kind sal vir meer inligting vra. Gebruik dan die geleentheid om aan jou kind te verduidelik dat hy/sy nie die reël kan volg nie, want hy/sy weet nie wat dit is nie. Net so kan ons nie die Bybel volg as ons dit nie ken nie. Vra dan jou kind om van die reëls wat jy vir hom/haar gestel het te vertel. Jy kan jou kind help deur wenke te gee soos: “Wat sê ek altyd vir jou om te doen met jou speelgoed…?”

Praat oor hoe Jesus mens geword het sodat Hy verstaan hoe dit was om mens te wees. Hy was beide mens en God (Immanuel God met ons). Verduidelik dat ons mense beter verstaan wanneer ons in hulle skoene loop en eraar wat hulle ervaar het. Vertel jou kind dat hulle die lewe as ‘n ouer kan ervaar. Laat hulle toe om een van jou kledingstukke te kies en aan te trek of aan te sit. Om dit lekker te maak, kan jy een van hulle kledingstukke aantrek of aansit (soos om ‘n hemp op jou kop as ‘n hoed te sit). Vertel jou kind dat hulle nou die ouer is en jy is die kind is. Jy kan help om hulle te verstaan deur hulle te vra of hulle wil hê jy moet  “jou” speelgoed optel of “jou” kamer skoonmaak. Hulle sal waarskynlik hierdie geleentheid geniet om die baas te wees. Dan begin om hulle vrae te vra soos wat hulle vir aandete gaan maak of hoe hulle die rekeninge gaan betaal. Hulle sal dan begin om te verstaan dat dit moeilik is om iemand anders te wees, al is dit net vir n klein rukkie. Verduidelik aan jou kind dat Jesus Sy troon verlaat het om aarde toe te kom en mens te word.

Bid en dank Jesus dat Hy aarde toe gekom het en versoeking weerstaan het. Vra Hom om jou te help om sonde te weerstaan en Hom te volg.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This