Jesus het baie wonderwerke gedoen. In Matteus 14:13-21 voed Hy meer as 5000 mense met net vyf brode en twee visse. Hierdie gedeelte herinner ons dat Jesus omgee oor ons fisiese en geestelike welstand en dat niks vir Hom onmoontlik is nie.

Belangrikste punte:

  • God kan die onmoontlike doen.
  • God gee om oor ons behoeftes.
  • God kan klein dinge gebruik om groot dinge te doen.

Lesgids – Jesus voed 5000 mense

Lesson guide video in English

Nooi jou kind uit om saam met jou op ‘n piekniek mat te gaan sit.

Herinner jou kind dat ‘n wonderwerk iets is wat gewoonlik onmoontlik is, maar net moontlik vir God is. Vra jou kind om enige wonderwerke wat hulle van die Bybel kan onthou te noem. Speel ‘n speletjie met jou kind deur hulle te vra om te identifiseer of iets ‘n wonderwerk sou wees of nie. Vra vrae soos, “sou dit ‘n wonderwerk wees as die kat ‘n vis eet?” of “sou dit ‘n wonderwerk wees as ons ‘n ander taal onmiddellik kon praat?” Met God is die onmoontlike moontlik.

Praat van ‘n tyd wat jy honger was. Was jy al ooit honger op ‘n reis oppad iewers heen waar daar nêrens ‘n plek was om kos te koop nie, of die restaurant gesluit was toe jy daar aankom?

Deel hoe duisende mense gegaan het om Jesus te hoor onderrig, en hoe hulle almal honger was. Vra, “wat het Jesus gedoen?” Het Hy hulle vertel om kos te koop? Het Hy vir hulle vertel dat hulle dom was om te vergeet om kos te bring?

Jesus was barmhartig en het die honger mense gehelp deur hulle te voed. Deel met jou kind hoe die dissipels gedink het dat dit onmoontlik sou wees, maar Jesus het geweet dat niks vir God onmoontlik is nie.

Sit vyf sout beskuitjies en sardientjies of klein vis uit (Alternatiewelik sny die fotos in die werkblad uit). Vra jou kind, “hoeveel mense dink hulle sal hulle voed met hierdie hoeveelheid?”

Gebruik ‘n kombuiskaal om ‘n stukkie brood te weeg. Skryf die gewig neer van die stukkie brood. Vra jou kind om die brood te breek en te tel hoeveel stukke hulle het. Dit mag lyk asof daar meer is nou dat dit in stukke gebreek is. Plaas die brood terug op die skaal en let op dat dit nogsteeds dieselfde weeg. Verduidelik dat toe Jesus die brood gebreek het, het dit meer in volume geword en nie net in stukke nie.

Verduidelik dat ons nooit moet dink wat ons vir Jesus kan doen te klein of onbelangrik is nie. Een klein seuntjie het ‘n eenvoudige middagete gehad, maar Jesus het dit gebruik om baie baie mense te voed. Die seuntjie het vir God gegee wat hy gehad het. Ons moet ook aan God gee wat ons het. Ons kan ook klein dingetjies doen wat God kan gebruik om groot dinge te doen.

Maak ‘n lys van klein dingetjies wat ons kan doen om God en ander te dien.

Bid, en dank God dat niks vir Hom onmoontlik is nie. Vra Hom om jou te help om altyd vir Hom te gee wat jy vir Hom het.

Storie

Speletjies en aktiwiteite

Piekniek

Kinders hou daarvan om ‘n piekniek te hou. Dit is ‘n goeie geleentheid om te sit en te gesels met jou kind. Jy kan na ‘n plaaslike park gaan, maar hulle sal dit net so geniet om ’n piekniek te hou in die tuin of ‘n binnenshuise piekniek.

Dit is ook ‘n geleentheid om voedsel voor te stel wat jou kind nie gewoonlik eet nie. Vra jou kind om jou te help voor berei vir die piekniek. Maak die toebroodjies, pak die mandjie, ens. Praat oor of jy genoeg kos vir die mense by jou piekniek het.

Groepe van …

Vir hierdie speletjie het jy ten minste 12 voorwerpe of mense nodig. Herinner jou kinders hoe Jesus vir die dissipels gesê het om die mense in groepe te verdeel. Wanneer jy ‘n nommer sê, bv., 2. moet die kinders hulself of die voorwerpe sorteer in groepe van twee en so aan. Dit is ‘n lekker speletjie om wiskunde-vaardighede te leer.

Moenie jou middagete vergeet nie

Dit is ‘n lekker geheue speletjie om met kinders te speel. Jy sal ‘n mandjie of sak en ‘n paar kos items nodig hê. Die eerste persoon sê, “Ek het ‘n (kos) in my piekniekmandjie.” Plaas die item in die mandjie. Die volgende speler voeg ‘n nuwe item by en moet die dinge wat reeds binne is, onthou. Byvoorbeeld, “Ek het ‘n (nuwe kos) en ‘n piesang en appel in my piekniekmandjie.”

Werkkaarte

Kleur bladsye – Jesus voed 5000 mense

Kunswerk-mandjie broodjies en vis

Wat jy nodig het

  • Templaat bladsye,
  • Inkleurpotlode,
  • Skêr
  • Gom.

Wat om te doen

  1. Kleur die templaat bladsye in.
  2. Sny die mandjie, handvatsel, broodjies, vissies en woorde versigtig uit.
  3. Plak die mandjie saam. Plak die woorde op die agterkant van broodjies en vissies.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This