Gedurende Jesus se bediening, het Hy twaalf manne geroep om sy dissipels te wees. Een van hulle was Matteus. Ons lees van sy roeping in Matteus 9:9-17. Sommige van die belangrikste punte wat ons sal bestudeer, is-

  • Matteus het sy ou lewe agtergelaat om Jesus te volg.
  • Mense het nie van die tollenaars gehou nie, want hulle het geld gesteel.
  • Jesus is vol genade en nooi ons uit om Hom te ken, al is ons nie goed nie.
  • Jesus roep alle mense om berou te toon en Hom te volg.

Lesgids:

Vra jou kind of hulle enige van die name van Jesus se dissipels onthou? Jy kan verwys na ons  “Visers van Mense” les van ‘n paar weke gelede.

Praat oor hoe Jesus al die verskillende soorte mense genader het om Hom te volg. Herinner hulle dat sommige van die dissipels vissermanne was, maar Matteus was ‘n tollenaar (belastingversamelaar).

Gee ‘n eenvoudige verduideliking oor belasting. Wys daarop dat in Jesus se tyd, mense nie baie van belasting versamelaars gehou het nie. Deel hoe hulle meer geld versamel het as wat hulle moes.

Om te illustreer, gee aan jou kind ‘n handvol voorwerpe (lekkergoed, kerse of munte.) Stel iemand aan as die regering, jou kind as die belasting betaaler aan en jy die belastingversamelaar. Wys daarop dat die regering jou gevra het om drie kerse van jou kind te neem. Wanneer die kind jou drie gee, vra of hulle of hulle sou kwaad wees as jy skielik vir ses kerse sou vra. Verduidelik dat baie belastingversamelaars dit gedoen het, en mense het as gevolg daarvan nie van hulle gehou nie.

Verduidelik hoe Jesus ons altyd ‘n tweede kans gee. Wys daarop dat baie mense kwaad was dat Jesus tyd vir sondaars gemaak het. Jesus het vir hulle gesê dat die siekes ‘n dokter nodig het en nie die gesonde mense nie, en net so het sondaars ‘n Redder nodig, en nie die volmaaktes nie. Herinner jou kind dat nie een van ons volmaak is nie .

Wys daarop dat selfs al was Matteus ‘n dief wat nie baie mooi goed gedoen het nie, het Jesus hom nog ‘n kans gegee.  Deel hoe Matteus sy ou lewe agtergelaat het om Jesus te volg.

Herinner jou kind dat Jesus genade aan sondaars toon en bied. Genade is ‘n gratis geskenk  wat niemand kan verdien nie. God het ons lief selfs wanneer ons slegte dinge doen, Hy wil ons vergewe en vir ons ‘n nuwe begin gee.

Dink aan waneer ons soms kwaad raak vir ander mense en hulle nie ‘n tweede kans wil gee nie. Miskien wanneer iemand jou name genoem het of dalk ‘n speelding by jou geneem het. Deel hoe genade beteken om iemand te vergewe selfs wanneer hulle dit nie verdien nie.

Deel hoe Matteus wou hê dat sy vriende hierdie genade en vergifnis moes ervaar en Jesus ontmoet. Hy het sodeonede hulle na sy huis genooi. Dink oor maniere hoe ons ons vriende oor Jesus kan vertel.

Bid en dank Jesus dat Hy vir ons genade bied. Vra Hom om jou te help om elke dag meer soos y Hy wees.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This