This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Hierdie week kyk ons na die storie van Josef. Jy kan daarop wys dat Josef die kleinseun van Isak en Rebekka en die seun van Jakob is. Sy storie kan gelees word in Genesis 37-45.

Sommige van die belangrikste punte wat ons sal ondersoek, is:

  • God het ‘n wonderlike plan vir ons lewens en kan ‘n slegte situasie in goed verander.Romeine 8:28
  • Selfs as mense ons vergeet, sal God ons nooit vergeet nie.
  • Vergifnis. Josef het sy broers vergewe al het hulle hom seergemaak.

Lesgids – Josef

Verduidelik dat Josef die kleinseun van Isak en Rebekka en die seun van Jakob is. 

Deel hoe God vir Josef ‘n spesiale geskenk gegee het om spesiale drome te verstaan. Dink aan sommige van die spesiale geskenke wat God vir jou vriende en familie gegee het. Deel dat Josef se pa hom ook ‘n spesiale jas gegee het om te dra. Indien moontlik, laat jou kind ‘n toga of iets soortgelyk aantrek.

Deel hoe Josef se broers jaloers op hom was. Praat van ‘n paar dinge wat ons jaloers kan maak. Wys hoe hulle jaloesie buite beheer geraak het.

Haal ‘n stuk papier uit. Wys jou kind hoe perfek die papier is. As jy begin praat, vou die papier. Jy sal op die ou einde ‘n sneeuvlokkie skep. Verduidelik hoe elke sny wat jy maak gesien kan word as ‘n slegte ding, maar as jy die papier oop vou sal jy ‘n pragtige sneeuvlokkie sien, wys daarop dat die die snye wat sleg gelyk het, op die einde iets mooi geskep het. Verduidelik hoe soms dinge met ons gebeur wat ons hartseer maak, maar God laat dit net toe as dit iets beters gaan maak. Lees Romeine 8:28.

Vra jou kind of hulle al ooit iets vergeet het. Miskien ‘n speelding of om ‘n foto aan iemand te gee. Wys ‘n geval uit waar jy iets vergeet het. Herinner hulle dat God nooit vergeet nie. Hy weet alles.

Gee ‘n oorsig van sommige van die kere wat  Josef verkeerd behandel was.  Verduidelik ook vergifnis. Wys daarop dat vergifnis is om op te hou om kwaad te voel as gevolg van iemand anders se slegte gedrag. Vra jou kind of iemand al ooit iets aan hulle gedoen het wat hulle hartseer of kwaad gemaak het, of dalk het hulle al iets verkeerd aan iemand anders gedoen. Wys ‘n paar maniere uit waarop ons verkeerde dinge kan doen, bv. ongehoorsaamheid aan ouers, baklei met jou boeties of sussies ens. Verduidelik dat dit belangrik is om vergifnis van God te vra asook aan diegene wat ons verkeerd gedoen het.

Gee ‘n voorbeeld van ‘n tyd wat jou kind vergifnis nodig gehad het. Verduidelik hoe Josef vergifnis aangebied het, selfs al het sy broers nie daarvoor gevra nie. Demonstreer hoe jy God vra vir vergifnis vir sondes wat jy gepleeg het.

Josef – Storie

Werkkaarte

Josef – Inkleurbladsy

Kunswerk – Josef se jas kollage

Plak stukkies papier om ‘n kleurvolle jas vir Josef te maak. Probeer hierdie maklike kunswerk.

JOSEPH JACKET CRAFT

Wat jy nodig het:

  • Templaat bladsy
  • Skêr
  • Gom
  • Kleurpapier

Wat om te doen:

  1. Sny kleurpapier in klein vierkante.
  2. Sny jasvorm uit templaatbladsy uit.

Plak papier stukkies op die jas. Laat droog word.

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This