Hierdie week leer ons oor Simeon en Anna wat gewag het vir God se belofte van ‘n Verlosser. Hierdie Bybelteks word gevind in Lukas 2:22-38.

Sommige van die belangrikste punt wat ons sal verken is:

  • Kinders is ‘n gawe van God,
  • God hou Sy beloftes,
  • Ons moet na God luister,
  • Jesus is ons Verlosser.

Lesgids

Begin hierdie week se les met die hersiening van die Kers tekste van Jesus se geboorte en besoek van die herders en wyse manne. Verduidelik aan jou kind dat tussen die besoek van die herders en die besoek van die wyse manne daar ‘n nog ‘n gebeurtenis was waaarvan Lukas ons vertel het, hierdie gebeurtenis het 40 dae gebeur nadat Jesus gebore is.

Verduidelik dat die ou Joodse Wet gesê het dat die ouers van ‘n nuwe baba ‘n paar spesiale dinge moes doen om hulle baba aan God te toe te wy en vir Hom dankie te sê vir hulle kind. As jy jou kind toegewy of gedoop het toe hulle klein was, kan jy vir hulle foto’s wys. Herinner jou kind/kinders dat jy ook vir God dankie sê vir hulle, en dat jy bid dat Hy na hulle sal kyk en jou sal help om hulle Sy weë te leer.

Vra jou kind/kinders hoe dit voel om te wag vir iets? Jy kan dink aan Kersfees, vra hulle hoe hulle voel nadat hulle hul geskenke oopgemaak het? Dink aan van die gedeeltes van die Ou Testament wat wys dat God altyd Sy beloftes hou. Verduidelik aan hulle dat God soms ons gebede vinnig verhoor en ander kere kan dit dalk ‘n bietjie langer neem (weke, maande of jare), maar Hy antwoord altyd op die perfekte tyd en Hy hou Sy beloftes.

Deel met jou kind/kinders hoe God vir Simeon belowe het dat hy nie sou sterf totdat hy die beloofde Messias met sy eie oë gesien het nie. Verduidelik aan hulle dat ons nie weet hoe lank hy moes wag nie, alhoewel ons weet dat hy God vertrou het om Sy belofte te behou.

Verduidelik aan jou kind dat die Heilige Gees vir Simeon vertel het om na die tempel toe te gaan.  Simeon was moontlik besig om ander dinge te doen, maar hy het God gehoorsaam en na die tempel toe gegaan. Deel met jou kind/kinders dat dit vir ons belangrik is om na God te luister en te gehoorsaam wat Hy vir ons sê om te doen.

Lees Lukas 2:30. Verduidelik dat sodra Simeon Jesus gesien het, het hy erken dat Hy die Verlosser was.

Stel Anna voor. Verduidelik hoe daar nog ‘n dame in die tempel was daardie dag. Sy was 84 jaar oud en was bekend as ‘n Profetes. Sê hoe baie sy daarvan gehou het om in die tempel te wees, in die huis van God. Sy het elke dag in die tempel dag en nag gebid en gevas. Deel hoe sy Jesus gesien het en ook erken het dat Hy die Saligmaker is.

Reflekteer oor hoe opgewonde Simeon en Anna was om Jesus te ontmoet. Herinner jou kind dat Jesus wil hê dat ons Hom moet ontmoet en Hom aanneem as ons Saligmaker.

Dink aan hoe Simeon en Anna vir Jesus gewag het, maar nie geweet het wanneer Hy sou kom nie. Herinner jou kind dat Jesus belowe het dat Hy weer sal kom, selfs al weet ons nie wanneer Jesus weer gaan kom nie, moet ons gereed wees vir sy aankoms.

Bid saam, dank God dat Hy altyd Sy beloftes hou en dat Hy Jesus stuur om ons te red.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This