In hierdie les gaan ons deur ‘n oes markplein reis om alledaagse produkte aan die Evangelieboodskap te koppel. Elke item dien as ‘n tasbare Bybelse herinnering aan God se liefde en voorsiening.

Lesson Guide – From Garden to Gospel

Maak ‘n stalletjie gevul met verskeie produkte soos appels, olywe, dadels, druiwe, vye, koring, lam, vis en gars. Gebruik regte items, speelgoed vrugte of selfs tuisgemaakte voorstellings.

Begin met ‘n speel aktiwiteit, waar kinders in plaas daarvan om geld te gebruik, items “koop” deur hul dankbaarheid uit te spreek, gekoppel aan die gekose produkte. Dit kan ‘n eenvoudige dankie wees, ‘n Bybelse vers wat hulle onthou, of ‘n persoonlike verhaal wat verband hou met daardie kos. ‘n Kind kan byvoorbeeld sê: “Dankie, HERE, vir die brood wat ons magies vul tydens etes.”

Gebruik die markplein items om die evangelieboodskap te vertel.

1.         Vrugte (opsioneel – Vy): Genesis 3:3

Hierdie vrug herinner ons aan die tuin van Eden, waar Adam en Eva gewoon het. Hulle is aangesê om nie van die Boom van Kennis van Goed en Kwaad te eet nie, maar hulle het. Hierdie eerste daad van ongehoorsaamheid het sonde in die wêreld gebring. Hulle het vyeblare gebruik om hulself te bedek. Dit was hulle poging om hulle skaamte en skuld vir God weg te steek. Maar God het reeds ‘n plan gehad. ‘n Plan om ons sondes nie met blare te bedek nie, maar met Sy liefde.

2.         Lam (‘n Speelgoed lam of ‘n foto): Johannes 1:29

In die Ou Testament sou mense lammers as ‘n offer aan God bring en om vergifnis van hul sondes vra. Dit verwys na die uiteindelike Lam van God, Jesus, wat sou kom om die finale en volmaakte offer vir ons sondes te wees.

3.         Koring of Brood: Johannes 6:35

Jesus het eenkeer gesê: ‘Ek is die brood wat lewe gee. Wie na My toe kom, sal nooit weer honger kry nie.’ Net soos ons brood nodig het om te lewe, het ons gees Jesus nodig. Hy is die een wat ons siele voed en ons die ewige lewe belowe as ons in Hom glo.

4.         Wingerd & druiwe: Johannes 15:5

Jesus het ook gesê: ‘Ek is die wingerdstok; julle die lote.’ Net soos lote hulle lewe van die wingerdstok kry, kry ons ons geestelike lewe en krag van Jesus. Sonder Hom kan ons nie goeie vrugte in ons lewens dra nie.

5.         Vis (Speelding of beeld):Matteus 4:19

Visse was ‘n groot deel van die daaglikse lewe in Jesus se tyd. Hy het vis gebruik om van die Koninkryk van God te leer en selfs wonderwerke met hulle gedoen. Toe Jesus Sy eerste dissipels geroep het, het Hy gesê: ‘Kom hier, volg My, en Ek sal julle vissers van mense maak.’ (Matteus 4:19). Net soos vissers vis vang, wil Jesus hê ons moet Sy liefde en boodskap met almal deel.

6.         Mosterdsaad (Wys ‘n klein saadjie): Matteus 13:31-32

Hierdie klein saadjie is soos ons geloof. Al begin dit so klein, kan dit groei tot iets groots. Jesus het saad van geloof in ons harte kom plant sodat die Koninkryk van God binne en om ons kan groei.

7.         Olyf (Wys ‘n olyf of olyfolie): 1 Johannes 2:27

In Bybelse tye is olyfolie nie net vir kook gebruik nie, maar ook vir spesiale salwing, wat God se bemagtiging en teenwoordigheid simboliseer. Net soos konings en priesters met olyfolie gesalf is en gewys het dat God hulle vir ‘n doel gekies het, het Jesus belowe dat ons gesalf sou word met iets wat nog kosbaarder is: die Heilige Gees. Hierdie Heilige Gees is aan ons gegee om ons te lei, te vertroos en krag te gee om vir God te lewe.

Sluit af met ‘n dankgebed en  erken God se voorsiening beide fisies en geestelik. Moedig die kind aan om ‘n item by die stalletjie te gaan haal en dank God vir een spesifieke les of waarheid wat hulle vandag geleer het.

Van Tuin tot EvangelieStorie

Speletjies en aktiwiteite

Saad sorteer

Sit verskillende soorte sade op ‘n tafel uit (sonneblom, pampoen, mielies, koring, ens.).

Laat kinders die sade in gemerkte houers sorteer. Bespreek die gelykenis van die Saaier en verskillende reaksies op God se Woord.

Plant-‘n-vers tuin

Voorsien kinders van klein potte, grond en sade wat maklik groei  (soos boontjies of sonneblomsaad).

Gee die kind ‘n Bybelvers om op die pot te plak.

Terwyl hulle plant, laat hulle ‘n Bybelvers opsê. Bespreek hoe die versorging van hulle plant is soos om hulle geestelike groei met God se Woord te koester.

Boerdery Hindernisbaan

Stel ‘n baan op wat boerdery take voorstel, soos ploeg, saai, natmaak en oes.

Kinders jaag om die take in volgorde te voltooi. Bespreek ná die wedloop die harde werk wat boere in hul grond insit en hoe God hulle pogings seën.

Werkkaarte

Inkleurbladsy

Oes mandjie handwerk

Wat jy nodig het:

  • Prente bladsye (op karton vir die beste resultate)
  • Inkleur toerusting
  • Skêr
  • Gom

Wat om te doen:

  1. Kleur die prente bladsye in.
  2. Knip die stukke uit. Opsioneel. Skryf Bybelverwysings op stukke.
  3. Plak op halfsirkel tot agter in mandjie. Plaas die stukke binne.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This