Jesus het Sy volgelinge baie instruksies gegee gedurende Sy tyd op aarde. Een van die bekendste instruksies word gevind in Mattheus 28:16-20.

Sleutelpunte:

  • Christus het ons na die wêreld gestuur.
  • Ons moet die Evangelie deel met ander.
  • Ons moet daarna streef om alle nasies te bereik.

Lesgids – Die Groot / Finale Opdrag

Lesson Walk through in English

Dink aan soveel lande as wat jy kan. As jou kind hul alfabet ken, kan jy laat hy/sy ‘n land noem wat met elke letter van die alfabet begin (As sommiges te moeilik is, kan jy ‘n land kies wat ‘n sekere letter in hhy/sy naam het.) Praat oor hoe groot die wêreld is en hoeveel verskillende soorte mense daarin is. Jy kan ‘n wêreld of groot kaart gebruik. Wys uit waar julle woon. Jesus wou hê Sy dissipels moes die Evangelie in elke land deel met die mense.

Die woord Evangelie beteken “Goeie Nuus.” Watter goeie nuus sal jy deel as dit gebeur het? Hoeveel mense sou jy vertel? Jesus se woorde het die krag om mense van hulle sonde te red. Sy Goeie Nuus is die beste nuus wat enigeen kan hoor.

Baie Christene gaan om die Evangelie in ander lande te deel. Hulle word sendelinge genoem. Indien moontlik, gebruik ‘n voorbeeld van ‘n sendeling van jou kerk of wie jy ontmoet het. Praat van hoe hulle die Evangelie aan mense in verskillende lande verkondig. Wys uit waar hulle op die kaart is. Hulle moet verskillende tale en maniere van lewe leer. Indien moontlik, kies ‘n vers in ‘n ander taal. Leer dit in beide jou huis taal en ‘n ander taal.

Nie elke Christen is geroep om na ‘n vreemde land te gaan om die Evangelie te verkondig nie, maar ons is almal geroep om sendelinge te wees. Ons moet die Evangelie met diegene naby en ver van ons af deel. As ons Jesus met ‘n buurman deel, is ons ‘n sendeling.

Lees Handelinge 1:8. Gebruik vier duidelike potte van klein na groot geranksik. Die laaste een moet die grootste wees. Vul dit met water. Voeg een klein druppel kos kleur by die grootste pot. Praat oor hoe dit nie die water baie donker kleur nie. Maak dit dan leeg. Sit dan drie of vier druppels in die kleinste fles. Met minder water kleur dit beter en donkerder. Daardie druppels verteenwoordig die eerste mense wat die Evangelie hoor. Gooi dan die water in die volgende pot. Voeg meer druppels by. Hulle verteenwoordig die sirkel wat die Evangelie hoor groei. Hou aan om die water in te gooi en voeg meer druppels by. Hierdie keer wanneer die water die meerste is, sal dit die donkerste wees. Die Evangelie het versprei deur mense wat dit met hulle bure deel.

As jy ‘n kaart van die wêreld het, kan jy die plekke wat in Handelinge 1:8 genoem word uitwys, en wys hoe dit wat in een stad begin het,  na die wêreld versprei het.

Praat oor maniere waarop jy die Groot Opdrag kan vervul. Miskien kan jy bid vir sendelinge of hulle ondersteun. Miskien kan jy jou naaste na die kerk nooi. Miskien kan jy geld insamel om Bybels te koop om aan ander te gee. Dink aan ‘n manier waarop jy die Evangelie kan deel soos Jesus beveel het.

Bid en dank God vir die groot eer wat Hy vir ons gegee het om die Evangelie te deel. Vra Hom om jou te help om ‘n manier te vind om Sy Goeie Nuus verder te versprei.

Storie – Die Groot / Finale Opdrag

Speletjies en Aktiwiteite

Gaan en … Speletjie

Gee jou kind eenvoudige instruksies om so gou as moontlik te voltooi. Sommige voorbeelde kan wees, “Gaan soek jou skoene.”, “Gaan kry drie speelgoed.”, “Gaan kry iets blou.”

As jy meer as een kind het, kan jy dit in ‘n wedloop verander. Herinner jou kind aan die groot opdrag en hoe Jesus vir ons gesê het om te; “Gaan en maak dissipels.”

Verkeersligte

Verduidelik aan jou kinders dat rooi ligte STOP beteken en wanneer jy rooi lig skree (of die rooi verkeerslig wys) dan moet jou kind stop. Oranje beteken beweeg stadig of loop, en Groen beteken hardloop of loop vinnig. Dit is wonderlik om jong kinders te help om kleur herkenning, betekenisse en hoe om instruksies te volg te leer.

Goeie of slegte nuus

Teken ‘n “smiley” gesig op een stuk papier en ‘n hartseer gesig op ‘n ander stuk. Plaas aan teenoorgestelde kante van ‘n kamer.

Verduidelik dat jy verskillende brokkies nuus aan hulle gaan gee, en hulle dan moet besluit of dit goeie nuus of slegte nuus is. Byvoorbeeld, “Ek het ‘n nuwe speelding vir jou.” Of “ons kan nie na die park gaan nie, want dit reën te veel.” Jou kind moet dan na die regte stuk papier loop. Herinner hulle dat Jesus vir ons goeie nuus gegee het om met ander te deel.

Werkblad

Kleur bladsye – Die Groot / Finale Opdrag

Kunswerk – Papier Mache wêreld

Wat jy nodig het:

  • Koerant
  • Groen en Blou papier,
  • Gelyke dele PVA gom en water mengsel.

Wat om te doen:

  1. Vrommel die koerant in ‘n bal.
  2. Skeur stukke koerant en plak dit oor die bal, totdat die bal glad is.
  3. Skeur stukkies kleurpapier en plak dit op die bal om soos ‘n wêreld te lyk.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This