Hierdie week sal ons kyk na die bou van die tabernakel. Die gedeeltes wat die bou van die tabernakel dek kan gelees word in Eksodus 25:1-31:18 en Eksodus 35:4-40:38. Jy kan kies om dit in meer diepte saam met jou kind te bestudeer, maar ons sal fokus op die  volgende hoofpunte:

  • God wil onder Sy mense woon.
  • God wil hê ons moet die gawes wat Hy vir ons gegee het, gebruik.
  • Ons moet wat ons het aan God offer.
This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Lesgids – Die Tabernakel

Vra jou kind of hulle onthou wat Moses op die berg Sinai ontvang het. Verduidelik dat God vir Moses planne vir die tabernakel gegee het.

Vra jou kind of hulle weet wat ‘n plan is. Verduidelik dat ons verbale planne kan maak soos wat om te eet vir middagete. Wys daarop dat ons ook planne kan opteken wat ons kan volge wanneer ons iets wil bou. Kies iets eenvoudig uit om saam met jou kind te maak. Daar is baie beskikbare handwerk planne op die internet. Wys jou kind die stappe op die plan soos jy dit doen. Wys daarop dat om die item te maak,  jy die stappe moet volg soos dit uitgelê word. Vertel vir jou kind hoe God baie spesifieke stappe gehad het om te volg om Hom Sy huis te bou.

Verduidelik aan jou kind dat die volk van Israel offergawes aan God gemaak het. Dink aan ‘n paar maniere waarop jy iets aan God kan bied. Jy kan dit gebruik as ‘n manier om jou kind te leer oor tiendes en aanbiedinge. Wys daarop dat ons dinge anders as geld ook aan God kan bied soos die Israeliete wat hulle tyd aan God gegee het. Kies ‘n persoon uit wat deur ‘n rowwe tyd gaan met hulle gesondheid of ‘n ander probleem. Verduidelik aan jou kind dat jy jou tyd gaan skenk om hierdie persoon te help. Probeer om ‘n taak te kies wat jou kind sal interesseer. As hulle dit geniet om te teken, skep ‘n ‘’Word gou beter” kaartjie. Bied aan om ‘n eenvoudige taak te doen vir die persoon soos om hul motor te was. Jy kan jou kind help om iets te bak as dit iets is waarin hul belangstel of waarin hul talent lê. Watter taak jy ook al kies, maak seker dat jy toelaat dat die kind werk en die gevoel van prestasie beleef. Bid voor jy begin om vir God te sê dat dit ‘n offer vir Hom is. Dank die Here dat Hy jou die vermoë gegee het om hierdie offer aan Hom te bring.

Lees 1 Korintiërs 3:16. Sê vir jou kind dat ons nie langer nodig het om Vir God ‘n tabernakel te bou nie, aangesien Hy in die harte van gelowiges woon. Herinner jou kind aan die stappe wat die Israeliete moes volg om God se huis te bou. Wys daarop dat ons ons harte God se woonplek kan maak deur ons te bekeer en op Jesus te vertrou om ons van ons sondes te red. Lees Efesiërs 3:17.

Die Tabernakel – Storie

Werkkaarte

Die Tabernakel – Inkleurbladsy

Tabernakel Kunswerk

The Tabernacle preschool Bible craft

Verbondark Kunswerk

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This