Hierdie week fokus ons op die gelykenis wat Jesus tydens Sy preek op die berg geleer het. Ons Bybelteks word gevind in Matteus 7:24-29.

Sommige van die belangrikste punte wat ons na sal kyk is:

  1. Die Bybel is die enigste vaste fondament vir ons lewens.
  2. Ons moet daarna luister en Jesus gehoorsaam.
  3. Ons sal moeilike tye hê. (Dieselfde storm tref beide huise).

Lesgids

Begin deur jou kinders te vra wat hulle gunsteling storie boek is. Vra hulle om te verduidelik wat in die storie gebeur. Probeer hulle help om aan enige lesse te dink wat die boek ons kan leer. Deel hoe Jesus dikwels gelykenisse aan sy luisteraars vertel het. Verduidelik dat ‘n gelykenis ‘n eenvoudige storie is wat ‘n dieper geestelike waarheid verklaar.

Lees deur die gelykenis van Matteus 7:24-29  en vra jou kinders om die storie aan jou te verduidelik. Wat was anders tussen die twee huise? Watter huis het die storm oorleef?

Om die storie te versterk, gebruik ‘n plastiek bad of stoor boks. Plaas ‘n groot rots of baksteen in die boks aan die een kant, en langs die rots of baksteen, bou ‘n klein hopie sand. Plaas dan ‘n klein boks of voorwerp op die rots en op die sand om die huise te verteenwoordig. Laat jou kind toe om water in die boks te gooi. Hulle sal gou sien hoe die sand in die water begin smelt.

Verduidelik dat Jesus hierdie gelykenis vertel het omdat mense na Hom geluister het wanneer Hy gepreek het,maar hulle het nie gedoen wat Hy hulle geleer het nie. Vra jou kind wat hulle dink dit beteken om God se woord toe te pas? Gee voorbeelde van tye waar jy hulle gevra het om jou te gehoorsaam, omdat jy lief is vir hulle en hulle wou beskerm.

Speel ‘n speletjie van wyse of dwase keuses. Gee jou kind ‘n paar opsies  en vra hulle om op te staan as dit ‘n wyse keuse is (gehoorsaam Jesus) of gaan sit as dit ‘n dwase keuse is. Vra hulle om te dink aan dinge wat Jesus eer.

Byvoorbeeld:

Wyse keuseDwase keuse
Bid vir iemandSlaan iemand wat lelik is met jou
Gee aan die behoeftigesSteel iets wat jy wil hê
Sê dankieNoem iemand slegte name.

Wys hoe die storm beide die wyse man en die dwase man se huis getref het. Herinner jou kind dat selfs wanneer ons vertrou en Jesus gehoorsaam, sal ons moeilike dae ervaar. Deur  egter op Hom te vertrou en Sy woorde te gehoorsaam, sal ons altyd veilig in God bly en gereed wees vir die storm.

Herinner jou kinders dat God goed is en dat Hy altyd net die beste vir ons wil hê. Wanneer Hy ons vra om die Bybel te gehoorsaam, is dit omdat Hy ons liefhet en ons wil veilig hou. Probeer om ‘n paar veiligheids waarskuwing rondom jou huis of kerk te vind en te praat of dit wys of dwaas sou wees om hulle te ignoreer.

Bid saam en vra God om jou te help om jou lewe op die rots te bou en Hom te gehoorsaam.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This