This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

In Genesis 12, het God Abram en Sarai (later Abraham en Sara) geroep om ver weg te trek na ‘n nuwe land. God het hom gevra om die vertroosting van sy huis agter te laat  vir ‘n nuwe tuiste.   

Sleutelpunte:

  • Ons moet God altyd gehoorsaam.
  • Ons moet God vertrou vir die volgende stap, selfs wanneer ons nie die bestemming ken nie.
  • Geloof behels beide vertroue en aksie.

Lesgids – God roep Abraham en Sara

Om na ‘n nuwe plek te trek is altyd moeilik. Of dit nou ‘n nuwe tuiste in ‘n  ander land of ‘n nuwe klas by die skool is. Dit is moeilik om familie en vriende agter te laat. Ons  hou nie daarvan om die bekende vir die onbekende te veruil nie. Praat van ‘n tyd wat jy na ‘n nuwe plek moes getrek het. Vra jou kinders oor ‘n tyd wanneer hulle na ‘n nuwe plek moes gegaan het. Hoe het hulle gevoel?

Vra jou kind om jou te help om ‘n tent te bou. Gebruik ‘n paar komberse, stoele,of wat jy ook al het. Wanneer julle klaar is, klim binne in die tent en lees Genesis 12. Wanneer julle vers 4 lees, klim uit die tent uit as ‘n teken van Abram en Sarai wat hulle huis agterlaat het en God vertrou het.

Abraham is een van die belangrikste karakters van die Bybel en in wêreld se geskiedenis, so om hierdie gedeeltes te verstaan verskaf aan jou kind ‘n goeie fondament. Verduidelik hoe God Abram se naam na Abraham verander het, en Sarai se naam na Sara verander het (Genesis 17 en 17:15). Deel hoe Abraham ‘n regte persoon net soos ons was. Hy het foute gemaak. Hy het dieselfde emosies as ons ervaar, hy het soms gelukkig en bang gevoel. God weet wie ons werklik is en roep ons om deur geloof te wandel en Hom te vertrou net soos ons is.

Versteek ‘n klein verrassing iewers in die kamer. Sê vir jou kind dat jy ‘n spesiale beloning vir hulle het. Vra hulle om  hul prys te gaan afhaal. In plaas daarvan om hulle te vertel waar dit is,  gee hulle stap-vir-stap instruksies om daar te kom. (Vir ouer kinders kan jy ook ‘n blinddoek gebruik).  Neem byvoorbeeld twee treë vorentoe. Draai regs ens.

Deel hoe God ons vra om deur geloof te wandel, en Hom te vertrou met elke tree.

Lees en leer Hebreërs 11:8. “Deur geloof het Abraham God gehoorsaam.”

God het vir Abraham vertel  van wonderlike seëninge wat deur gehoorsaamheid sou kom. Spring vorentoe na Genesis 22:17-18 waar God weer vir Abraham sê dat Hy hom die voorvader sal maak van ‘n groot nasie. So baie soos die sterre in die lug. Wys vir jou kind ‘n foto van die nag lug of gee aan hulle ‘n handjievol sand om te voel.

In die volgende les, sal  ons voortgaan met die geboorte van Isak. Verduidelik  hoe God nie net Sy belofte gehou het deur vir Abraham en Sara ‘n seun te gee nie, maar Sy belofte was die volledigste in Jesus vervul.  Verwys na Matteus 1. Deur Jesus kan elke tong en stam geseën word met die grootste gawe van almal.

God roep Abraham en Sara – Storie

Speletjies en aktiwiteite

Sterre Kyk

As jy gelukkig genoeg is om ‘n oop buite lug te hê, gaan buite toe en kyk op na die sterre. Alternatiewelik kan jy aanlyn soek vir video’s of foto’s van sterre.

Vra jou kind om homself te verbeel dat julle Abram of Sara is, toe God vir hulle gesê het dat hulle familie soos die sterre in die lug sal word.

Sand spel

Kinders hou daarvan om met sand te speel.  Laat jou kind toe om in ‘n sandpit te speel, op die strand of vul ‘n houer met ‘n speelsand.

Op ‘n stadium kan jy probeer om tien sandkorrels uit te tel. Deel weer God se belofte uit Genesis 22.

Bou ‘n Den

Vind ‘n paar dinge binne of buite om ‘n den te bou. Wanneer dit klaar is waarom dit nie gebruik om hierdie week se storie te lees nie?

As jy regtig avontuurlustig voel, slaan ‘n tent in die tuin op.

Werkkaarte

Kleur bladsye – God roep Abraham en Sara

Kunswerk – Spat verf toneel

Wat jy nodig het:

  • Donker papier of kaart
  • Groen of sand kleur papier
  • Verf
  • Verfkwas of ou tandeborsel
  • Templaat bladsy
  • Skêr
  • Gom

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This