In hierdie les kyk ons na die verhaal van Jesus wat die storm kalmeer. Ons teks gedeelte is in Markus 4:35-41. Hierdie verse gee vir ons groot versekering dat God in beheer is oor alle dinge. Sommige van die punt wat ons sal oorweeg is:

  • Storms is deel van die lewe
  • Jesus het gesag oor alle dinge
  • Ons kan al ons bekommernisse na Jesus toe neem
  • Jesus gee innig om vir ons.

Lesgids

Vrees en bekommernis is ‘n groot deel van die lewe. Terwyl hierdie les geskryf word is ‘n groot deel va die wêreld bekommerd oor die Corona pandemie. Terwyl voorskoolse kleuters die situasie nie ten volle kan verstaan nie, sal hulle tog vrees en bekommernis ervaar. Ons moet hulle help om te weet dat hulle met God kan praat oor daardie dinge en dat Hy steeds in beheer bly.

Begin hierdie week se les met die lees van Markus 4:35-41 vanaf jou kind se Bybel. Vind ‘n paar items rondom jou huis of kerk om ‘n boot te maak om in te sit  tydens die lesing. Soos jy die gedeelte lees, probeer om elke vers uit te beeld: 1) klim in die boot; 2)  wieg rond in die storm; 3) maak Jesus wakker; ens. Wees kreatief en laat die kinders toe om te lei. As jy ‘n paar waaiers het, sit hulle aan om die wind na te aap. Gebruik ‘n waterspuitbottel, drom op potte vir donderweer.

Praat oor waarom die Dissipels in die boot was. Jesus het hulle beveel om die see oor te steek. Verduidelik aan jou kind dat ons soms moeilike situasies beleef omdat ons ongehoorsaam is, maar in hierdie gedeelte, was die Dissipels in die stormagtige see, omdat hulle Jesus gehoorsaam het. Herinner jou kinders dat alles nie altyd maklik sal wees nie, maar dat Jesus altyd by hulle sal wees.

Om te illustreer, speel ‘n speletjie om die leier te volg. Jy moet die leier wees. Maak dit moeilik vir jou kind om jou te volg. Wanneer hulle sukkel, stop en help hulle. Byvoorbeeld, gee ‘n reuse tree of klim oor iets. Herinner hulle dat God daar is met hulle in hulle stryd.

Deel hoe die dissipels paniekerig geword het in die storm terwyl Jesus geslaap het.  Uiteindelik het hulle na Jesus gedraai en gesê, “Leermeester, gee U nie om dat ons besig is om te vergaan nie?”. Vra jou kind of daar iets in hull lewe is wat hulle dink Jesus nie oor omgee nie. Lees 1 Petrus 5:7 saam. “Werp al julle bekommernisse op Hom, omdat Hy vir julle omgee.”

Vra jou kind wat hulle sou doen wanneer hulle ‘n eenvoudige probleem het. Byvoorbeeld, wanneer hulle nie iets kan bykom nie, of wanneer hulle honger is. Verduidelik dat net soos hulle jou of ‘n ander persoon vra vir hulp omdat hulle weet dat jy vir hulle omgee en dat jy hulle kan help, net so kan hulle God vra om hulle met enigiets te help. Praat van dinge wat jou bang maak en hoe jy God vra om jou te help.

Deel hoe Jesus vir die golwe en storm gesê het om stil te word, en dit het Hom onmiddellik gehoorsaam. Dink aan hoe jy soms wens dat jy die weer kon verander, byvoorbeeld wanneer dit te nat is om buite te speel. Deel hoe mense niks mag oor die weer het nie, maar God het mag oor alle dinge. Herinner jou kind dat niks vir God onmoontlik is nie!  Verduidelik dat alles onder Sy beheer is en Hom altyd moet gehoorsaam. Storms, virusse, mense,  niks is magtiger as God nie.

Verduidelik hoe die Dissipels geweet het dat net God die weer kan beheer, en so het hulle neergebuig en Jesus aanbid. Praat van hoe ons God moet aanbid.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This