In hierdie les lees ons Matteus 10:1-16 en leer ons oor die twaalf dissipels wat Jesus gekies het en opgelei het om Sy aardse bediening voort te sit.

Sommige van die belangrikste punte wat ons sal oorweeg is:

  1. Jesus ken jou by jou naam (Matteus 10:1)
  2. Jesus noem Sy dissipels (wat is ‘n dissipel) (Matteus 10:2-4)
  3. Jesus bemagtig ons vir ‘n roeping om dinge te doen wat ons nie alleen kon doen nie (Matteus 10:5-8).

Lesgids:

Jesus het twaalf mans gekies om op te lei en toe te rus om Hom te  help in Sy aardse bediening. Vra jou kindof hulle enige van die  dissipels se name kan onthou. (Ons het Simon Petrus, Andreas en Matteus al bestudeer) Herinner jou kind dat Jesus hulle by die naam geroep het om Hom te volg.

Praat oor jou kind se naam met hulle. Vertel hulle hoekom jy vir hulle daardie naam gegee het. Was dit ‘n familielid se naam?  Het dit ‘n spesiale betekenis? (Indien in klas verband, probeer om van die kinders se betekenis van hulle name op te kyk voor die klas).

Dink oor hoe spesiaal ‘n naam is en hoe spesiaal dit is wanneer iemand jou naam onthou. Dink aan ‘n tyd toe iemand jou of jou kind se naam vergeet het, en vra jou kind hoe dit hulle laat voel het. Lees Jesaja 43:1. Deel  hoe God al sy mense by die naam ken.

Speel ‘n naam geheue speletjie. Vra jou kind/kinders om al die karakters van hul gunsteling spotprent of boek te noem.  Vra  dan jou kind/kinders om die name van die mense in hul klas of die mense in die  hoofkerk te noem . Soos dit meer ingewikkeld raak, herinner hulle hoe wonderlik dit is dat God nooit ons name vergeet nie.

Verduidelik dat ‘n Dissipel ‘n volgeling is. Hierdie manne het Jesus gevolg,  van Hom geleer  en Hom gehoorsaam. Die doel van ‘n Dissipel was om soos die leraar te word. Praat oor mense wat ons probeer naboots soos ‘n ouer broer of ‘n held op televisie.

Deel hoe Jesus sy Dissipels bemagtig het om Sy boodskap te neem na die wêreld toe. Hy het aan hulle gegee presies wat hulle nodig gehad het. Jy kan kies om ‘n speletjie te speel om hierdie te verduidelik aan jou kind. Kies ‘n kort boodskap en die persoon aan wie hulle dit sal oor vertel. Skep ook plekke in jou huis of Kerk wat ‘n spesiale hulpmiddel vereis bv. String garing oor die gang met die opdrag dat dit gesny moet word om die taak te slaag. Plaas ‘n paar ballonne op die vloer met die opdrag dat hulle nie aangeraak kan word nie. Laat een kamer donker bly, sonder dat die lig aangesit word, ens. Verduidelik dan dat hulle hierdie boodskap moet oordra aan die gekose persoon, maar hulle moet eers deur hierdie struikelblokke gaan. Pak dan ‘n sak of mandjie vir hulle. Plaas ‘nr kind-veilige skêr daarin om die garing te sny; ‘n naald (of soortgelyk)om die ballonne te pop; ‘n flitslig vir die donker kamer. Laat jou kind toe om hulle probleemoplossingsvaardighede te gebruik om uit te vind watter item nodig is om elke taak te voltooi. Jy kan hulle help indien nodig.

Nadat hulle veilig die boodskap te oorgedra het, praat oor hoe jy aan hulle presies gegee het wat hulle nodig sou hê  om die struikelblokke in hul pad te oorkom. Praat van hoe Jesus ons gegee het wat ons nodig het om die Evangelie na ander te neem. Nog ‘n voorbeeld is dat Hy nie net aan ons die  gereedskap gee nie, maar Hy belowe ons dat Hy saam met ons die hele pad sal stap. Gesels oor sommige van die maniere waarop Jesus ons toerus om die Evangelie met ander te deel.

Bid en dank Jesus vir die bemagtiging van gelowiges om die Evangelie te deel met ander. Vra Hom om jou te help om hard te werk om toegerus te word om die goeie nuus met ander te kan deel.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This