Hierdie week kyk ons na Jesus se doop deur Johannes die Doper. Matteus 3:13-17 is een van die hoof Bybel teksverse waarna ons kan kyk. Sommige van die belangrikste punte wat ons na sal kyk is:

  • God het verklaar dat Jesus Sy seun is en Hy was tevrede met Hom (Matteus 3:17)
  • Jesus is die Lam wat ons sondes wegneem (Johannes 1:29)
  • Jesus het nie nodig gehad om te bekeer en vergewe te word nie, omdat Hy nooit iets verkeerds gedoen het nie. Maar Hy wou die regte ding doen, God gehoorsaam en ‘n voorbeeld stel. (Matteus 3:15)
  • Die Heilige Gees daal neer op Jesus (Matteus 3:16). Die Drie-Enige-God saam.

Lesgids:

Begin deur jou kind te vra of hulle die les van die doop onthou. Indien nodig, haal die fotos en les van die doop weer uit en bespreek dit weer. Praat oor hoe die doop ‘n voorstelling is van die verlossing wat ons in Jesus kan vind.

Hierdie les sal wonderlik wees om naby ‘n plaaslike rivier te doen, maar jy kan ook fotos van die Jordaanrivier vir jou kind wys sodat hy/sy die toneel in sy/haar gedagtes kan sien.

Praat oor hoe Jesus nie verlossing nodig gehad het nie, omdat Hy sondeloos was. Jesus was gedoop om ‘n voorbeeld te wees en om God te gehoorsaam en die regte ding te doen. Vra jou kind of hy/sy weet wat ‘n voorbeeld is. Verduidelik dat ‘n goeie voorbeeld iemand is wat nageboots moet word. Speel ‘n speletjie om die leier te volg (“follow te leader”). Neem beurte met jou kind. Praat oor hoe net soos julle mekaar na boots in die speletjie, Jesus ons perfekte voorbeeld is om na te volg en ons te leer om die regte ding te doen.

Wys daarop dat God, Jesus as Sy seun verklaar het en dat Hy tevrede was met Jesus. Vra jou kind of hulle weet wat dit beteken om tevrede met iemand te wees. Verduidelik hoe om tevrede te wees beteken om tevrede te voel met iets of iemand. Bespreek dinge wat jou tevrede stel. Byvoorbeeld, vra jou kind of jy sal tevrede wees wanneer hulle al hul speelgoed of hul take doen. Praat oor hoe jy gelukkig of tevrede is wanneer hulle hierdie dinge doen, want dit is die regte ding om te doen. Verduidelik dat Jesus die regte ding gedoen het en God was tevrede met Hom, net soos jy tevrede is met jou kind wanneer hulle die regte ding doen.

Jy kan ‘n speletjie speel deur jou kind verskillende vrae te vra oor watter dinge jou tevrede of gelukkig sal maak en watter dinge jou nie tevrede of ongelukkig sal maak, te identifiseer. Dit kan eenvodig wees en vrae insluit soos:  “sal ek tevrede wees waneer jy die Bybel gehoorsaam?” maar jy moet ook dinge insluit soos “sal ek tevrede wees as ons tamaties by aandete eet?” Jy kan ook praat oor dinge wat jou kind geniet of tevrede stel. As hulle oud genoeg is, laat hulle toe om jou vrae te vra.

Vra jou kind of hulle kan verduidelik wat sonde is. Verduidelik dat sonde beteken om nie gehoorsaam te wees aan God nie. Praat van hoe sonde ons siel vlek en ons kan dit nie rein maak nie. Om te verduidelik, neem ‘n stukkie wit lap. Vertel vir jou kind dat die lap ons siel verteenwoordig. Noem sondes wat jy of jou kind al gesondig het. As jy voorbeelde gee, krap ‘n paar vuil merkies op die lap.  Hou aan om merkies op die lap te maak en verduidelik dat die sondes ons siel vuil maak, net soos grond of sand ons soms vuilmaak. Sodra die lap baie vuil is, vra jou kind om dit skoon te maak met net hulle hande. Verduidelik dat net soos hulle hande nie die stof kan skoonmaak nie, kan ons nie ons siel skoonmaak nie. Handwas of gooi die lap in die wasmasjien. Wanneer jy dit dan skoon uithaal (gebruik enigiets om die lap vuil te maak maar wat dit NIE permanent sal vlek nie), praat oor hoe net soos die water en seep die lap skoon gemaak het, so kan net Jesus ons regtig skoon maak.

Praat van hoe die Heilige Gees op Jesus Neergedaal het. Verduidelik dat dit gewys het hoe die hele Drie-Enige-God (God, Jesus en Heilige Gees) tevrede was met Jesus.

Bespreek maniere hoe ons God gelukkig kan maak. Dankie dat Jesus ‘n goeie voorbeeld is vir ons om te volg. Vra Hom om jou te help om altyd Sy goeie voorbeeld te volg.

Lesvoorskou

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This