Ná die Sondeval in die tuin van Eden is twee seuns vir Adam en Eva gebore. Hulle name was Kain en Abel. Ons lees daarvan in Genesis 4.

Sleutelpunte:

  • Ons moet aan God gehoorsaam wees.
  • Ons kan nie vir God lieg nie.
  • Ons moet ons broers en susters liefhê.

Lesgids – Kain en Abel

Vra vir die kind of hulle die skepping van die wêreld kan opsom. Praat oor hoe die mens in sonde verval het toe Adam en Eva ongehoorsaam was aan God. Twee van hulle seuns se naam was Kain en Abel.

Toe dit tyd geword het om hul offergawes te gee, het God Kain se offer verwerp.God het Kain se offer verwerp omdat hy nie gedoen het soos wat God van hom verwag het nie. Speel ‘n speletjie met jou kind en vra hulle om gehoorsaamheid te identifiseer. Begin deur ‘n vraag te vra soos: “As ek jou vra om jou bed op te maak maar jy verf die motor pienk, was jy gehoorsaam?” Dit sal maklik wees vir die kind om ongehoorsaamheid te identifiseer. Soos jy vorder, gee ‘n moeiliker voorbeeld soos: “As ek jou vra om die skottelgoed te was maar jy neem die asblik uit, was jy gehoorsaam?” Praat oor hoe Kain se offer verwerp was omdat sy offer nie opreg soos sy broer sin was nie en omdat hy sy eie ding wou doen hy ongehoorsaam aan God was.

Kain het vir God probeer lieg. Ons kan nie vir God lieg nie, want Hy sien alles. Speel ‘n spel van wegkruipertjie, op die tradisionele manier, deur jou oë toe te maak en dan te tel. Op ‘n volgende beurt, sê nou vir die kind dat jy hulle hierdie keer egter gaan agtervolg na jul skuilplek en dat jy hulle die hele tyd gaan dophou in plaas daarvan om jou oë toe te hou. Vra hulle vrae. Was die speletjie pret? Het hulle daarin geslaag om vir jou weg te kruip? Hoekom het hulle nie geslaag nie? Omdat jy die hele tyd gekyk het. Net so sien God alles. Ons kan niks vir Hom wegsteek nie. Ons moet nooit vir God probeer lieg nie.

Kain het sy broer doodgemaak. Toe God hom vra waar Abel is, sê Kain: “Is ek my broer se wagter?” Hy wou nie vir sy broer verantwoordelik wees nie, maar Jesus het gesê dat jy jou naaste moet liefhê. Wat is ‘ n paar maniere waarop ons liefde aan ander kan betoon? Is dit liefde om ons speelgoed met ons broers en susters te deel? Is dit liefde om op ‘n vriend te skreeu?

God het sy kinders lief en net so moet ons daardie liefde aan ander weerspieël. Lees Matteus 25:34-40. Skep ‘n reeks eenvoudige sketse. Teken iemand in die tronk, iemand siek, iemand sonder klere, iemand hartseer, ens. Vra u kind nou om die skets te voltooi deur die hulp aan te bied wat die persoon nodig het. Bv. Vir die persoon sonder klere, kan die kind warm klere aantrek. Jy kan ook kies om hier ‘n speletjie te skep deur verskillende voorwerpe soos ‘n jas, kos item, prent van ‘n gelukkige gesig, blomme, ens. op die tafel uit te lê. Begin dan om die mense in nood uit te beeld met of sonder woorde. Deur woorde te gebruik, kan jy iets sê soos, “Ek is baie moeg. Ek wens ek het iewers gehad om my kop neer te lê.” Die kind sal dan ‘n kussing kies. Of maak bewe bewegings en tande wat kners, en die kind kan dan ‘n jas of kombers kies. Laat die kind toe om kreatief te wees in hul probleemoplossing. Bv. hulle kan ‘n glimlaggende gesig, kussing of blomme vir ‘n siek persoon kies.

Herhaal dat ons altyd aan God gehoorsaam moet wees en ander moet liefhê.

Storie – Kain en Abel

Speletjies en aktiwiteite

Ballon Stamp

Blaas ‘n paar ballonne op.

Praat met jou kind oor ‘n paar sondes wat God mishaag.

Skryf een sonde op elke ballon.

Deel hoe Kain kwaad geword het en laat die woede meer word deur nog ballone by te voeg.

Ons moet ons egter waak teen versoekings om verkeerd te doen. Laat jou kind dan toe om die ballonne te bars.

Gee geskenke aan God

Praat oor ‘ n paar maniere waarop ons geskenke met ‘ n vreugdevolle hart kan gee. Wys dat geskenke meer as net geld of materiële dinge is.

Skryf ‘n paar indekskaarte met geskenke wat u kind kan gee.

Help iemand.

Kook ‘n ete vir iemand in nood.

Gee ‘n speelding vir ‘n kind. Gee van hulle sakgeld aan die plaaslike kerk of uitreike.

Groei ‘n paar groente

Kain was ‘n en  het sy eie voedsel gegroei.

Laat u kind die vreugde ervaar om hul eie groente te kweek.

Praat oor hoe ons vir die plante moet sorg sodat hulle kan groei. Praat oor hoe dit goed is  om die dinge te geniet wat ons het, maar ons moet versigtig wees om nooit dinge meer lief te hê as wat ons God liefhet nie.

Werkkaarte

Inkleurbladsy – Kain en Abel

Handwerk – Kain en Abel wiel

Wat jy nodig het:

  • Templaat (gekleurde of ongekleurd)
  • Kleur potlode
  • Skêr
  • “Split-pin”
  • Kleefband.

Wat om tedoen:

  1. Kleur die templaat in. (Indien jy nie die gekleurde weergawe gebruik nie)
  2. Sny die dele uit.
  3. Heg twee dele saam met die “split-pin”. Plaas kleefband agter oor die oop gevoude bene.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This