Jesus het baie mense ontmoet tydens Sy bediening op aarde. Twee vroue wat Hy ontmoet het was susters gewees, hulle name was Maria en Marta. Toe Jesus hulle besoek het, het hulle twee verskillende reaksies gehad. Ons lees oor hulle in Lukas 10:38-42.

Belangrikste punte:

  • Ons moet Jesus eerste in alles sit.
  • Jesus wil hê ons moet na Hom luister.
  • Ons moet nie toelaat dat ander dinge ons van Jesus weerhou nie.

Lesgids – Maria en Marta

Vra jou kind wat hulle sou doen wanneer die belangrikste persoon aan wie hulle kan dink vir hulle kom kuier? Praat met jou kind oor watter voorbereidings gedoen sou word voordat daardie persoon kom kuier. Dink aan watter kos bedien sou word en watter versierings gebruik kan word.

Toe Jesus Maria en Marta besoek het, hoe het hulle gereageer? Marta was baie bekommerd om alles perfek te hê vir Jesus se besoek. Maria het gekies om net na Jesus te sit en luister. Skep ‘n speletjie waar jy tien velle papier op die vloer in ‘n reguit lyn plaas. Op verskillende punte op die pad, plaas velle papier wat van die pad af weg dwaal. Aan die einde van hierdie af draai punte plaas ‘n enkele sigbare verrassing. Maar aan die einde van die reguit pad, plaas ‘n boks met baie beter verrassings. Verduidelik dat elke vierkant (vel papier) een stap is en hulle kry net tien stappe vir die speletjie. Hulle kan enige pad kies. Jou kind kan kies om slegs die reguit pad na die groot verrassing te volg. As hulle kies om die afdraai paaie te stap, sal hulle nie genoeg “stappe” hê om die groot verrassing te bereik nie.

Wanneer julle klaar is met die speletjie, praat oor afleidings. Het die klein lekkernye hulle aandag afgetrek (of nie) van die veel groter verassings of lekkernye. Baie keer in die lewe sal ons moet kies tussen dinge wat belangriker of minder belangrik is. Is dit belangriker om die Bybel of ‘n “Comic” boek te lees? Is dit belangriker om kerk toe te gaan of na ‘n sportgebeurtenis toe te gaan? Speel ‘n speletjie van “meer belangrik”. Sê iets soos kat en hond en laat jou kind kies wat hulle voel is meer belangrik en hoekom. Sluit items soos die Bybel, bid, of ‘n verhouding met Jesus ook in.

Jy kan ook die items op ‘n papier teken of skryf. Plaas God aan die bokant en dan ander dinge in dalende volgorde van belangrikheid. As daar te veel items is kan dit jou kind oorweldig. Kies dan een kategorie soos kos en laat hulle lys watter kosse meer belangrik vir hulle is. Herinner hulle dat God vir ons kos gee. Stel die idee van goeie, beter, beste aan hulle voor.

Praat oor hoe Marta te besig was om goeie dinge te doen, as om tyd saam met Jesus te spandeer. Beklemtoon dat sy nie slegte dinge gedoen het nie, sy het goeie dinge gedoen, net op die verkeerde tyd. Ons moet versigtig wees om nie dinge voor God te prioritiseer nie. Doen die “groot dinge eerste” aktiwiteit met jou kind in speletjies en aktiwiteite afdeling.

Maria moes kies na wie sy sou luister. Sy kon kies dat Marta haar oortuig om Jesus te verlaat en haar te help, of sy kon kies om na Jesus te luister, en nie dat Marta haar aandag van Jesus af aflei nie. Maria het gekies om na Jesus te luister en Marta te ignoreer. Ons moet nooit luister na iemand wat vir ons sê om Jesus te verlaat nie. Speel ‘n speletjie om jou kind aanwysings te gee om ‘n verrassing te volg. Skakel die televisie aan, speel musiek, of skep ander afleidings. Herinner hulle om nie toe te laat dat die ander dinge jou stem laat verdwyn nie, anders sal hull nie die aanwysings na die verrassing hoor nie. Lees Psalm 46:10.

Praat van maniere waarop ons van Jesus kan leer vandag. Ons sal dalk nie in staat wees om fisies by sy voete te sit soos Maria nie, maar ons kan sy woorde lees. Vra jou kind waar ons Jesus se woorde kan vind.

Dank God dat Hy die beste ding is. Vra Hom om jou te help dat jou aandag nooit afgelei sal word deur dinge wat minder belangrik is as Hy nie.

Storie

Speletjies en aktiwiteite

Groot dinge eerste

Hierdie aktiwiteit is ‘n prettige eksperiment en belangrike les wat ons leer oor prioriteite. Oefen voor die tyd, sodat jy die korrekte hoeveelhede het wanneer jy die aktiwiteit met jou kind doen.

Jy sal die volgende nodig hê:  Groot klippe, klippies, sand, water, en ‘n fles. Vra eers jou kind om die items in die fles te pak van klein na groot. Die fles moet te vol wees om al die klippe in te vul.

Herhaal die aktiwiteit met die grootste items eerste totdat alles pas. Praat oor hoe ons God eerste in ons lewens moet plaas.

My dag foto’s

Deur die dag, vra jou kind om foto’s van hul daaglikse roetine te neem.

Druk die foto’s uit. Vra jou kind om die foto’s op ‘n lengte van die tou in die regte volgorde te plaas. Deur die week, kan jy dan ‘n merker “pin” gebruik en jou kind vra om dit te beweeg deur die dag soos elke roetine plaasvind.

Kitskos “Fastfood”

Lê bestanddele uit om ‘n eenvoudige toebroodjie of “snack” te maak. Vra dan jou kind om dit so vinnig as moontlik te maak. Jy kan ook hierdie aktiwiteit omskep in ‘n klein kompetisie.

Praat oor wanneer ons jaag om dige gedoen te kry of te besig is, ons dikwels die genot van die aktiwiteit mis, en ook meer foute maak en ‘n groter gemors kan maak.

Werkkaarte

Kleur bladsye – Maria en Marta

Kunswerk – maak jou eie horlosie

Help jou kinders om te onthou om tyd vir Jesus te maak met hierdie eenvoudige kunswerk.

Wat jy sal nodig hê:

  • Templaat bladsy,
  • Inkleur potlode,
  • Skêr
  • Gom
  • Bevestigingspen (“Fastener pin”).

Wat om te doen:

  1. Kleur die templaat bladsy in.
  2. Sny die dele uit. Vra ‘n volwassene om met die horlosie se aanwysers te help .
  3. Maak die aanwysers op die horlosie se gesig met behulp van ‘n bevestigingspen (“fasteber pin”). Plak die groter sirkel op die agterkant en plak dit op die bandjie.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This