This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Hierdie week leer on oor die bekende Bybel storie, Noag se ark in Genesis 6-7. Die belangrikste punte waarna ons sal kyk, is:

  • God neem sonde ernstig op
  • Dit is belangrik om God te gehoorsaam
  • God bied ‘n manier om ons te red. Ons kan veilig in Jesus wees.

Lesgids – Noag se Ark

Jou kind sal waarskynlik kennis hê van die Bybel storie Noag se ark. Dit is een van die stories wat bekend is vir kinders wat Kerk bywoon asook kinders wat nie Kerk bywoon nie. Begin nogtans deur die gedeelte te herlees.

Begin deur die kinders te herinner dat sonde die wêreld binne gekom het toe Adam en Eva die verbode vrug geëet het. Vra jou kind om ‘n paar sondige dinge te noem wat mense doen. Verduidelik hoe mense se sonde God hartseer gemaak het.

Noag het God liefgehad en anders geleef as al die ander mense. Dink aan ‘n paar maniere waarop Christene geroep is om anders te wees. Herinner jou kind dat dit goed is om anders te wees wanneer hulle sien ander verkeerde dinge doen.

Deel hoe God Noag geroep het om ‘n ark te bou. Noag het God gehoorsaam, selfs al het hy nog nooit eers reën gesien nie, en al was die bou van die ark baie harde werk. Deel ‘n tyd toe God jou gevra het om iets te doen en hoe jy Hom gehoorsaam het. Dit kan ‘n sendingreis wees waarop jy gegaan het, iets weggee het, of iemand vergewe het wat jou seergemaak het. Fokus op hoe God ons bemagtig om Hom te gehoorsaam en dinge te doen wat ons nie self kon doen nie.

Gee jou kind ‘n paar eenvoudige instruksies om iets te bou of ‘n prentjie te teken. Verduidelik hoe hulle die aanwysings noukeurig moes volg. Deel hoe God duidelike instruksies aan Noag gegee het oor hoe om die ark te bou. Herinner jou kind dat God vir ons duidelike aanwysings in die Bybel gee oor hoe ons moet lewe.

Noag het mense van die vloed vertel, selfs toe hulle Hom nie geglo het of hom selfs bespot het nie. Soms, wanneer ons die evangelie met ander deel, sal hulle ons ook nie glo nie. Maar ons moet nooit opgee om die evangelie te deel nie.

In hierdie les is daar twee maniere om die storie meer interaktief te maak en jou kind se aandag te trek.

  1. Daar is instruksies in die les oor hoe om ‘n reën buis/stok te maak. As dit vooraf gemaak word, laat die kind mooi luister terwyl jy die storie lees. Wanneer hulle die woorde reën of water hoor, moet hulle die reënstok omdraai om die geluid van reën te maak.
  2. Vertoon die storie met behulp van hierdie week se kunswerk. Elke dier op roomys stokkies kan gebruik word as ‘n poppe spel sodat jy die ark kan vul. Gebruik dan die ark as ‘n poppe spel, seil op en af op die see en rus uiteindelik op die droë grond. Jy kan dan die diere saam verwyder en dink oor hoe God hulle almal gered het.

Noag se ark – Storie

Speletjies en Aktiwiteite

Werkblad

Noag se Ark – Kleur bladsye 

Kunswerk – Rocking Ark

Noag se ark Kunswerk

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This