Welkom by die tweede gedeelte van ons Paasfeesreeks. In hierdie les gaan ons fokus op Goeie Vrydag en Paasdag. Die gedeelte kan weer gevind word in al vier evangelies.

Lesgids

Easter lesson walk through in English

Om kinders te help om die kruisiging te verstaan, is ‘n moeilike ding. Baie volwassenes wonder hoe om met hulle kinders oor Goeie Vrydag te praat. Die idee van Jesus wat sterf is moeilik vir grootmense, nie eers te praat van kinders nie.  Nietemin, dit is ‘n fundamentele waarheid van die evangelie wat nie oor die hoof gesien kan word nie. Ons doel is om dit op ‘n ouderdoms gepaste, maar op  ‘n Bybels akkurate manier aan te bied. Jy ken jou kinders!

Voordat jy die lestyd begin, steek ‘n paar koeverte rondom jou kamer, huis of  tuin weg. Op die volgende bladsy sal jy ‘n foto van die volgende items wat u binne kan plaas vind. Jy kan die prent met regte items vervang om dit nog meer interaktief te maak. Nommer die koeverte soos volg:

1 – Munte6 – Geskeurde lap
2 – Kruis7 – klip
3 – Spyker8 – lap
4 – Kroon9 – leë koevert
5 – Spons 

Sodra jou kinders al die koeverte vind, kan jy die storie stap vir stap begin vertel. Maak een koevert op ‘n slag oop.

Munte – Praat oor hoe Judas Jesus se dissipel was, maar Hy kies om Hom te verraai vir sommige ‘n paar muntstukke. Jy kan ‘n paar van jou kind se gunsteling dinge noem en vra of hoeveel lekkers jy hulle kan gee in ruil vir hulle gunsteling speelding. Herinner hulle, dat jy hulle so liefhet, dat daar niks is waarvoor jy hulle sal verruil nie,  maar Judas kies om Jesus vir geld te ‘ruil’.

Die Kruis – Verduidelik dat die kruis ‘n straf was wammeer iemand iets baie sleg gedoen het. Vra jou kind om vir jou voorstelle van strawwe vir verskillende dinge te gee. Slaan byvoorbeeld jou broer, vertel ‘n leuen, steel iets ens. Vra hulle watter straf jy vir iemand moet gee wat niks verkeerd gedoen het nie? Herinner hulle dat Jesus ‘n volmaakte lewe geleef het maar is die ergste straf gegee en tot die dood gevonnis.

Spyker – Verduidelik hoe hulle Jesus aan die kruis vasgespyker het. Maar herinner hulle ook, dat Jesus almagtig is. Die spyker  kon Jesus nie daar hou nie. Jesus het daar  gebly, omdat  Hy die straf wat die wêreld verdien het, wou neem.

Die kroon – Herinner jou kinders dat Jesus die Koning is. Maar toe die Romeinse ‘n kroon op Jesus geplaas het, het hulle met Hom gespot.  Praat oor hoe mense steeds spot en slegte dinge oor Jesus sê omdat  hulle nie van beter weet nie. Leer jou kinders dat Jesus gebid het, “Vergewe hulle, omdat hulle nie weet wat hulle doen nie.” Dink aan maniere waarop ons mense kan leer dat Jesus die ware Koning is.

Die Spons – Herinner joukind dat Jesus ten volle God was, maar ook ten volle mens. Deel dat Hy honger, moeg, seer  en  dors gevoel het net soos ons. Sê hoe Hy ‘n drankie op ‘n spons aangebied was.

Die geskeurde lap – Herinner jou kinders dat sonde ons van God skei. Hersien die tabernakel of tempel lesse en wys hoe daar altyd ‘n gordyn was wat God van mense geskei het. Praat oor hoe dieselfde tyd toe Jesus gesterf het, die tempeldoek geskeur het van bo na onder. Deel hoe Jesus die weg geword het vir ons om terug te kom na God toe.

Die klip – Deel  hoe hulle ‘n groot klip en wagte voor die ingang geplaas het om seker te maak niemand sal Sy Liggaam steel nie.

Die lap –(‘n Verband sou perfek wees). Deel hoe hulle Jesus die Vrydag in ‘n graf gesit  het, maar toe die dissipels Sondag by die graf aankom, was die klip weggerol en daar was gevoude klere. Jesus was nie daar nie.

Die leë koevert – Verduidelik dat die graf leeg was. Jesus het opgestaan en sonde en dood oorwin. Herinner hulle dat Jesus die weg vir ons gemaak het om die ewige lewe en gemeenskap met Hom te hê.

Storie

Speletjies en aktiwiteite

Leë graf koekie / Opstandings koekies

Hierdie koekies is ‘n prettige manier om te leer oor die kruisiging en opstanding in ‘n praktiese manier vir kinders. Die stappe van die resep leer belangrike waarhede oor die Paasverhaal. Daar is baie resepte aanlyn beskikbaar oor hoe om hierdie koekies te maak, so soek net na die een wat jou en jou kinders die beste pas of gebruik die skakel in die “blogpost” vir hierdie les.

Kleefband foto’s

Plak ‘n paar stukke kleefband op wit papier in die vorm van die kruis. Laat jou kinders oral op die papier inkleur of verf. Wanneer dit klaar is, verwyder die kleefband om die vorm van die kruis te hou. Jy kan ook woorde soos Jesus of Paasfees met die band uitspel en die aktiwiteit herhaal.

Paastuin

‘n Paastuin is ‘n prettige binne- of buitemuurse aktiwiteit. Wat jy sal nodig hê:  ‘n Skinkbord, ‘n klein pot plant, grond, twee roomys stokkies, klippe en natuur items. Gebruik die roomys stokkies om ‘n kruis en ‘n pot plant vir die graf te maak. Plaas ‘n groot klip langs die graf. Gebruik jou verbeelding vir die res.

Werkkaarte

Inkleurbladsy

Kunswerk – Leë graf

This image has an empty alt attribute; its file name is tomb-craft-1024x768.jpg

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This