Vandag gaan ons deur Psalm 1 stap, en die reis verken om die goeie keuses te maak wat ons na ‘n geseënde lewe lei.

Belangrike punte:

  • God se manier is die beste.
  • Verlustig jou in die Bybel.
  • ‘n Geseënde lewe.

Lesgids – Psalm 1

Lees Psalm 1

Begin deur die kinders te vra of hulle al ooit tussen twee dinge moes kies, soos wat om aan te trek of te eet. Jul sal dalk daarvan hou om ‘n vinnige keuse-speletjie te speel. Psalm 1 praat van twee baie belangrike keuses: die weg van die regverdiges (diegene wat God volg) en die weg van die goddeloses (diegene wat God nie volg nie).

Berei twee paaie in die kamer voor met band of tou op die vloer of papier. Noem die een pad “Die Regverdige” en die ander “Die Bose”.

Verse 1 (Geseënd en kies die regte pad):

Verduidelik dat “geseënd” gelukkig beteken, maar dit is ‘n spesiale geluk van God. Dit is nie iets wat ons net voel nie, maar iets wat ons is. Trek ‘n groot hart op ‘n stuk papier, en laat die kinders in die hart dinge teken of skryf wat hulle geseënd laat voel.

Speel ‘n verkeerslig speletjie. Groen = loop rond; geel = staan stil; en rooi = gaan sit. Verwys, na die spel, terug na vers 1. Ons moet besluit waar en saam met wie ons gaan stap, staan en sit. Ons moet versigtig wees met wie ons tyd spandeer en na wie ons luister, aangesien die mense rondom ons ons keuses kan beïnvloed. Ons is geseënd wanneer ons nie die verkeerde raad volg of saam mense gaan wat slegte keuses maak nie.

Vers 2 (Verlustig jou en oordink in God se Woord):

Vra jou kinders wat dit beteken om hulle in iets te verlustig? Deel dat die Bybel ‘n baie spesiale boek is omdat God daardeur met ons praat. Dit maak ons sterk en gelukkig wanneer ons dit lees.

Berei ‘n koppie warm water voor en voorsien ‘n teesakkie vir elke kind. Laat hulle die teesakkie herhaaldelik saggies in die water doop. Let op- hoe meer die teesakkie gedoop word, hoe meer verander dit die water se kleur, reuk en smaak. Deel hoe ons, deur konstant, aanhoudend, die Bybel te lees en daaroor te peins, toelaat dat dit verander hoe ons dink, praat en optree, net soos hoe die teesakkie die water transformeer.

Vers 3 (Sterk soos ‘n boom):

Gesels oor hoe bome groei en wat hulle nodig het om te floreer. Benadruk dat bome goeie grond, sonlig en water benodig. Vra die kind om ‘n sterk, gesonde vrugteboom langs ‘n rivier te teken. Deel met die kinders dat ons sterk word soos ‘n goed natgemaakte boom wanneer ons God se Woord liefhet en gehoorsaam. Ons lewens sal goeie vrugte dra, wat beteken dat ons dinge sal doen wat God behaag en ander sal help (lees die vrugte van die Gees.)

Vers 4-5 (Die kontras):

Verduidelik wat kaf is. Gee elke kind iets ligs soos ‘n klein veertjie, laat hulle dit blaas en kyk hoe maklik dit met hul asem beweeg. Vergelyk dit met hul tekening van die sterk boom. Verduidelik dat mense wat God nie volg nie, soos kaf is en maklik weggeblaas kan word. Maar die wat God se woord liefhet en volg, is soos sterk bome.

Vers 6 (Kies God se weg)

Verwys terug na jou twee-pad-illustrasie. Soms is daar beter keuses as om te doen wat almal anders blyk te doen. Jesus het vir ons ‘n beter weg kom wys wat tot seën en die ewige lewe lei. Jesus het gesê, “Ek is die weg,” wat beteken dat Hy die pad is om te volg.

Sluit af met ‘n gebed en vra God om jul te lei en te help om Jesus te volg.

Psalm 1 – Storie

Speletjies en aktiwiteite

Plantegroei-eksperiment

Plant sade in potte en plaas dit in verskillende omstandighede—een in sonlig en een in donkerte.

Gee hulle gereeld water en let op die groei. Bespreek hoe ons, soos plante, floreer wanneer ons in God se woord geplant is.

Regte pad, verkeerde pad

Skep twee paaie met bande of toue.

Gee die kind twee keuses en laat hulle kies en op ‘n pad loop, en bespreek dan hul keuses.  Beklemtoon hoe die regverdige pad, hoewel dit uitdagend kan wees, tot seën lei.

Boom of kaf? Beweging spel

Speel ‘n speletjie waar kinders reageer op die woorde “Boom” en “Kaf.” Vir “Boom” staan hulle vas, en vir “Kaf” beweeg hulle rond asof hulle deur die wind gewaai word. Gebruik hierdie fisiese aktiwiteit om die stabiliteit van die mense wat God se woord volg en die onstabiliteit van die mense wat dit nie doen nie, te bespreek.

Werkkaarte

Inkleurbladsy – Psalm 1

Soos ‘n boom – handwerk

Wat jy nodig het:

  • Prente bladsy
  • Inkleur toerusting
  • Skêr
  • Gom

Wat om te doen:

  1. Kleur die Prent in.
  2. Knip Prent gedeeltes uit en vou.
  3. Plak die boom vas waar dit gewys word.

“Kaf” Windkous Kunswerk

Wat jy nodig het:

  • Prente bladsy
  • Sneespapier(tissue)
  • Inkleur toerusting
  • Skêr
  • Gom
  • Tou
  • Gatjie pons

Wat om te doen:

  1. Kleur die prent in.
  2. Knip prent afdeling uit. Sny stroke sneespapier en plak op agterkant.
  3. Plak vas om ‘n hoepel te vorm. Maak gate soos gewys. Bind ‘n stuk tou deur.

Gratis aflaai

Pin It on Pinterest

Share This