In hierdie week se les sal ons leer oor Salomo. Ons hoof Bybelgedeeltes sal fokus op 1 Konings 3-7. Sommige van die belangrikste punte wat ons sal leer, is:

  • Salomo het gevra vir wysheid
  • Dawid het Salomo voorberei om die tempel te bou
  • Salomo het sy beste vir God gegee.
  • God is groter as enige gebou.
This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Lesgids – Salomo

Vra jou kind oor wat hulle moontlik wil hê vir hul verjaarsdag, Kersfees of ‘n ander spesiale geleentheid? Dink saam aan wat die beste geskenk in die hele wêreld kan wees.  Vra hulle, as hulle vir enigiets kon vra, waarvoor hulle sou vra?

Verduidelik dat Salomo Dawid se seun was as Koning oorgeneem het. Lees 1 Konings 3:5-14, saam met jou kind en verduidelik wat God vir Salomo gesê het, “Vra wat jy wil hê en ek sal dit vir jou gee.” Herinner hulle dat Salomo nie vir geld, gesondheid of roem gevra het nie, maar vir wysheid. Salomo het nie vir selfsugtige dinge gevra nie, maar in plaas daarvan, het hy vir wysheid gevra sodat hy ‘n goeie koning vir die mense kon wees. God het sy versoek toegestaan en Hom op baie ander maniere geseën.

Leer en herhaal Matteus 6:33 uit jou familiebybel.  “Maak die Koningsheerskappy van God en dit wat voor Hom reg is, julle prioriteit; dan sal God vir julle al hierdie ander dinge byvoeg.”

Probeer aan jou kind die verksil tussen kennis en wysheid te verduidelik. Gee voorbeelde van hoe ons iets kan weet, maar steeds die verkeerde ding doen. Herinner jou kind aan die Tabernakel (Jy kan die les op ons webwerf gebruik). Kyk om te sien wat hulle daarvan onthou. Herinner hulle dat die Tabernakel ‘n tent was wat God vir Moses gesê het om te maak sodat Hy naby sy mense kon wees terwyl hulle in die woestyn rondgedwaal het.

Deel hoe Dawid ‘n tempel vir God wou bou, maar God het vir hom gesê ‘Nee’ maar dat sy seun, Salomo, dit sou bou. Verduidelik hoe Dawid, Salomo gehelp het en vir hom planne vir die tempel gegee het (1 Kronieke 28). Gee ‘n paar voorbeelde van hoe ouers probeer om hul kinders te help om gereed te wees vir die toekoms.

Kyk na ‘n paar foto’s van verskillende kerke. Vergelyk hulle met jou kerk, lyk hulle dieselfde? Wat is anders van hulle?

Gee ‘n paar besonderhede van die prag van die tempel wat Salomo gebou. Daar is modelle en foto’s aanlyn wat jy kan gebruik. Verduidelik hoe Dawid skatte bymekaar gemaak het wat Salomo kon gebruik en dat hulle albei hulle bes vir God gegee het. Gee voorbeelde van hoe ons ons beste vir God kan gee.

Versamel ‘n paar verskillende grootte houers en probeer om voorwerpe in hulle te pas. Kies ‘n paar baie groot voorwerpe en ‘n paar wat gemaklik pas. Praat oor hoe groot God is en hoe Hy groter is as enige gebou. Dink aan Salomo se woorde in 1 Konings 8:27, “Maar kan dit moontlik wees dat God op die aarde sou woon? Die hemel, selfs die hoogste hemel, kan U nie bevat nie. Wat nog te sê van hierdie tempel wat ek vir U gebou het!”

Deel hoe God Salomo en die mense geseën het deur Sy teenwoordigheid spesiaal in die tempel te maak. Herinner jou kind dat God nie in bakteen tempels woon nie, maar in ons harte wil woon. Lees 1 Korintiërs 3:9-17. Bid en vra God om in en deur jou te lewe.

Salomo – Storie

Werkkaarte

Inkleurbladsy – Salomo

Kunswerk – Salomo Tempel

Kunswerk – Skattkista

Att vinna vishet är bättre än guld, Att vinna insikt mer värt än silver.Ords. 16:16

Gratis aflaai

This image has an empty alt attribute; its file name is Support.png

Pin It on Pinterest

Share This